Kapitalisme en Sosialisme as anti-konsepte

Kapitalisme en Sosialisme

Kapitalisme en Sosialisme as anti-konsepte:

Dit is as gevolg van die persepsie van kapitalisme en sosialisme as anti-konsepte dat soveel verwarring plaasvind. Een aanname wat gereeld voorkom is dat sosiale ongelykhede deur kapitalisme veroorsaak word. Nog erger is daar meer as genoeg bewyse dat juis hierdie gemengde ekonomiese stelsels na onregmatige voordele en ongelykhede lei. Om terme dan suiwer en verstaanbaar te hou, verwys baie mense hierna as korporatisme:

Die idee dat ʼn gemengde ekonomie beter werk as ʼn vryemark ekonomie is een wat eers werklik sedert die eerste wêreld oorlog begin om polities te ontwikkel, die mobilisasie van die oorlog laat die idee ontstaan dat die staat die volle ekonomie kan beplan soos die oorlog self. In ʼn onnodige paniek dat eers fascisme en later kommunisme beter sal vaar as lande met ʼn meer vryemark bestel, word hierdie gemengde ekonomiese bedelings deur Westerse state nagejaag. Tot en met vandag is alle oor en weer gestryery tussen linkses en regses gewoonlik beperk tot watter mate daardie mengsel van staat en vryemark moet wees. Daar word bloot aanvaar dat niks anders as ʼn gemengde ekonomiese stelsel moontlik is nie.

Hierdie gedrag soos in die video’s uitgebeeld: die vrystelling van ware mark meganismes neem ons ook waar in alle semi-staatsinstellings in Suid-Afrika soos Transnet, SAA, Eskom, Telkom, ens. Net so sien ons hierdie “Cronyism” in die manier wat ANC politici staatskontrakte uitdeel, maar dit was ook waarneembaar in die vorige bedeling onder die NP, dit wat ons gewoonlik noem “Baantjies vir boeties”. 

Tot so laat as die middel 1980’s word die voorstel in Westerse lande nog gemaak dat meer staatsinmenging noodsaaklik is omrede dit hoër effektiwiteit tot gevolg het. Eers daarvanaf groei die argumente as te ware vir ʼn gemengde ekonomie op grond van nuwe redenasies van meer “regverdigheid” en “gelykheid” en soos dit deesdae bekendstaan as “sosiale geregtigheid”, effektiwiteit as argument word nie meer geopper nie. Dit beliggaam natuurlik die aanklag van sogenaamde mark-mislukking wat nog alom gewild is, asof staats-mislikking nie ʼn daaglikse gebeurtenis van miserabele omvang is nie. Indien kapitalisme tot ʼn gebrek aan “sosiale geregtigheid” lei dan is dit as gevolg van hierdie onregmatige voordele en beskerming wat groot internasionale maatskappy kry met staatsinmenging in die mark. 

Terme kan egter verder verwar word aangesien Korporatisme ook ander betekenisse het, net so ook Staats-kapitalisme, wat interessant genoeg soms as term gebruik word vir wat kommunistiese Rusland werklik was. Die Bolsjewiste het net ʼn jaar na die 1917 rewolusie gewelddadig teen die anargiste gedraai en die anargiste het die wapen teen die kommuniste opgeneem en vir ʼn geruime tyd in ʼn mini burgeroorlog dapper terugbaklei onder wat bekend gestaan het as die Swart Wagte. Baie van die anargiste was geïnteresseerd in pluralistiese stelsels van selfregering, iets wat die Bolsjewiste nie aangestaan het nie. Daar is al geargumenteer dat die tipe “Sosialisme” nie die prysprobleem wat von Mises in 1920 voorspel het sou ondervind het nie aangesien transaksies tussen lokalismes op ʼn ope mark moes plaasvind. Tog word kapitalisme al lank in Europa beskou as ʼn piramide skema van dwang: Hierdie prag propaganda stuk uit 1911 as voorbeeld:

Kapitalisme as Hirargie

Daar is ook voorstanders van sosialisme wat anti-staat is en hul intellektuele tradisies is ryk en oud. Die gesin kan byvoorbeeld beskou word as die proto-kommunistiese eenheid waar elkeen “slegs verbruik volgens sy behoeftes en slegs produseer volgens sy vermoëns”. Daar is wêreldwyd derduisende vrywillige kibboetse, werker-koöperatiewes en klein intensionele gemeenskappe wat na hulself sou verwys as sosialiste en anti-kapitaliste. Om hierdie misverstande van terme te elimineer verwys die meeste voorstanders van ʼn suiwer vryemark na hulself as vryemark-anargiste eerder as die ouer benaming van Anargo-Kapitaliste. Sommiges verkies voluntarisme omrede hulle glo dat enige stelsel wat nie om dwang gebou is nie, outomaties meer moreel, effektief en regverdig moet wees ongeag of dit vrywillige kapitalisme of vrywillige sosialisme of enige mengsel sou behels.

ʼn Beter uiteensetting is dalk die volgende:

Vrywillige Stelsel

Ek het in die inleiding van hierdie blog aangedui dat ek na uiteenlopende konsepte gaan kyk, en in die volgende aflewering gaan ons na Volksanargisme en die geskiedenis van anargistiese skole kyk.

About these ads

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Ekonomie, Klas Teorie/Hiërargie, Video and tagged , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.