Militante demokrate

Militante Demokrate

(Prof Paul.Gottfried)

Die idee dat demokrasie ʼn vreedsame en stabiele regering teweegbring het ʼn gevestigde opinie van ons tyd geword. Ene Walter Burns het ʼn ruk terug daarop aangedring dat demokrasieë nog nooit met mekaar oorlog gevoer het nie. Hierdie afgestempelde opinie het deesdae versag na ʼn ewe suspisieuse idee dat demokrasieë nie die laaste 150 jaar met mekaar oorlog gemaak het nie. Dis ʼn problematiese opinie op sy beste, maar het teen die tyd ongelukkig die status van ʼn waarheid verkry. Mens kan gereeld in Amerikaanse koerante iets lees in die trant van, “Amerika hou die proses van vrede terug omdat ons nie die wêreld verdemokratiseer nie.” 

ʼn Artikel in die “Philadelphia enquirer” deur Trudy Ruben verklaar dat Amerika se keuse op die stadium is om ʼn vreedsame Rusland te skep of passiewe bystand te verleen in die oorwinning van neofasisme regoor die wêreld. Vrede, verklaar mej. Ruben, verg ʼn sterk entoesiastiese buitelandse beleid vanaf ons regering. Daar was soveel foute in mej. Ruben se stuk dat dit die skryf van ʼn boek sou verg net om dit alles uit wys, maar die belangrikste is die denke dat enige sogenaamde demokrasie per definisie vreedsaam is. Omdat enige self- beskrywe demokrasie hulself verklaar as vreedsaam en aandring dat alle optrede wat hulle neem is óf vreedsaam óf om wêreldvrede te bewerkstellig, maak dit nie ʼn werklikheid nie.

Dieselfde argument is met redelike sukses in die Sowjetunie gebruik deurdat hulle mense laat verstaan het dat Marxisme van natuur vreedsaam is en dat alle buitelandse militêre betrokkenheid dan vir “die doel van vrede” is en om die “hoeveelheid vrede” te versprei buite die USSR. Die aandring daarop vanaf militante demokrate, (en in Duitsland is daar mense soos Habermas wat hulself beskryf as “einsatzbereiten demokraten”), dat die wêreld herskep moet word om hulle politieke oortuigings te pas is duidelik nie ʼn pasifistiese houding nie.

In 1993 byvoorbeeld het ʼn aantal lede van ‘n linkse groep, wat hulself beskryf het as “verdedigers van demokrasie, anti-rassisme en menseregte”, in Frankryk die “beroep op paraatheidskomitee” gestig om hul opponente te marginaliseer. Hulle het dit betreur dat tydens die eeufeesviering van die Jakobynse oorwinning in rewolusionêre Frankryk die ver-regses toegelaat word om die linkses se ondersteuning vir derdewêreldse immigrasie na Frankryk te bespot. Volgens die veertig plus linkse intellektueles wat die “beroep op paraatheid” onderteken het en die volgende gepubliseer het in Le mondé in 1993 : “Skrywers, publiseerders en ook die verantwoordelik vir die radio-, tv- en koerantmedia is nie suspisieus genoeg van pogings om regse politiek weer legitimiteit te gee nie. Die media vorm nou ʼn forum vir kritici van menseregte en rassiste. Hierdie spontane meedoening bedreig demokrasie, vrede en mense lewens wêreldwyd.” Nie lank daarna nie skryf “Le mondéin sy eie redaksiebrief ter ondersteuning van hierdie beroep: “van die gevare van ʼn wêreld vol idees nog onder die beswyming van “les idées””, waarmee hulle bedoel intellektuele vryheid. Die alliansie tussen neo-kommuniste en neofasiste in Europa, gaan “Le mondé” voort, “bevoordeel die chaos wat in Rusland heers en rassistiese moorde wat oral plaasvind”.

In die lees van hierdie soort beroep op demokratiese paraatheid, moet mens in gedagte hou dat daar niks ondemokraties omtrent dit is nie. Die Jakobyne van die Franse rewolusie het publieke menings gesmoor, burgers se lewens gedreig en aangedring op ʼn militante optrede teen die vyande op hul grense sowel as verraaiers binne hul grense. Die leerstellings van menseregte, waarop bekommerde Franse intellektueles hul beroep baseer, is nog nooit gesien as bloot ʼn nasionale stokperdjie nie. Hul propageerders in 1789 het dit as hul“universele verkondigings missie” verklaar. Edmund Burke was korrek om die gaping te observeer tussen die historiese kontraktuele vryhede van die Engelse en die gewapende leerstellings van rewolusionêre Frankryk. Neem in ag dat die terrorisering van burgerlikes in rewolusionêre Frankryk veel meer mense gedood het as die +- 30,000 wat gehang of onthoof is. Tussen slegs Maart 1793 en 1795 is meer as n 100,000 landelike bywoners van die Vendeé en Brittany uitgemoor vir reaksionêre aktiwiteite wat gewissel het van onwilligheid om in die weermag te dien tot ondersteuning vir priesters wat nie bereid was om n ongekwalifiseerde eed af te lê ter ondersteuning van die staat nie.

Die Franse geskiedkundiges Pierre Chaunu en ook ander het baie van hierdie moorde gedokumenteer, insluitende die grootskaalse verdrinking van vrouens en kinders in die Loirerivier. Terwyl hierdie dade van ideologiese onverdraagbaarheid nie onbekend was in Westerse geskiedenis nie, mens hoef byvoorbeeld net te dink aan die jammerlike gevolge van die inkwisisie en die afbrand van Joodse en Bisantynse dorpies tydens die Kruistogte. Wat uitstaan tydens die Franse rewolusie is dat dit die eerste keer was dat mense op ʼn massa skaal uitgemoor is in die naam van demokratiese ideale.

Hierdie potensiaal van demokratiese vernietiging was reeds bekend in die 18de Eeu. Die Skotse filosoof en geskiedkundige, David Hume, het dit genoteer in ʼn argument teen demokrasie as “die mees bloeddorstigste van alle vorms van regering” en ter verdediging van die Britse konstitusionele monargie. Hume het al die wrede avonture van self-beskrywe demokrasieë aangeteken en het daarin dalk ʼn ander denker wat skepties was teenoor demokrasie ,Thomas Hobbes, nagevolg. Nie een van hulle was beïndruk met die Griekse demokratiese ondervinding nie. Hobbes het Thucydides se verhaal van die Peloponnesiese oorloë vertaal en het Atene se nederlaag toegeskryf aan haar demokratiese-tekortkomings nl. onstabiliteit met konstante imperialisme.

Die federale stigtingsvaders van die VSA was suspisieus teenoor ʼn hoogs gesentraliseerde staat gebaseer op die meerderheidswil, maar het eerder verkies – verspreide staatsmag, eiendomsreg onder streekshowe, dualistiese federalisme en deur die reg tot lewe en eiendom as die regverdiging vir die konstitusie voor te hou. Alles het nie gedui op ʼn demokratiese uitkyk nie, maar eerder ʼn klasieke-liberale wêreldbeskouing. Populêre regering sou toegelaat word, maar met gepaste wigte en teenwigte op die uitdrukking daarvan. Geen van die kondisies wat die Franse demokrate soos Robespierre en Rousseau as hoogheilig beskou het, is eens aandag aan gegee tydens die skryf van die Amerikaanse konstitusie nie.

Sosiale gelykmaking van ongelykheid, geforseerde administratiewe sentralisasie, ʼn polities afgedwingde staatsgeloof, al hierdie eienskappe van Jakobynse demokrasie was afwesig tydens die opstel van die Amerikaanse stelsel in die 1780’s. Vir die radikales tydens die stigtings generasie, (gesentreer om Thomas Jefferson) het die term demokrasie tog ʼn positiewe betekenis gehad, maar een wat liberalisme sowel as lokalisme ingesluit het. Ongeag Jefferson se lof besinging oor die Franse rewolusie was dit nie die mags-sentralisasie nie, maar die gemeenskappe van kleinskaalse produsente, vakmanne en Yeoman-boere(Engelse vrye kleinboere) waarop die Virginian’s hul demokratiese hoop op gevestig het.

So laat as die 1830’s, toe Alexis de Tocqueville Amerika besoek het, het hy kritiese verskille uitgewys tussen Europese en Amerikaanse interpretasies van demokrasie. Dit was in klein dorpies, bestuur deur lokale bestuursrade waar mens selfregering in aksie gesien het in die VSA. In Frankryk, in teenstelling, was dit die militaristiese sentralisasievisie waarmee mense wat hulself demokrate genoem het, geïdentifiseer het. As demokrasie gaan seëvier as ʼn onafwendbare golf, het Alexis de Tocqueville dan gewonder watter een uiteindelik suksesvol sal wees, Amerikaanse lokalisme of Franse Jakobinisme. Teen hierdie tyd moet dit vir almal duidelik wees in ʼn wêreld waarin ʼn globale aggressiewe ideologie heers om alle finansiële, ras, etniese, en kulturele ongelykhede uit te wis, – dat die Jakobynse demokrasie model oorwin het, en dat dit slegs ʼn goed georganiseerde politieke klas en hul joernalistiese aanhangers dien. 

Daar is heelwat redes vir hierdie ontwikkelings in die V.S.A – geopolities sowel as interne redes. Kortliks kan van hulle maklik genoem word – die staat se verkryging van die reg om mans tot militêre diens te verplig en die ontkenning van die Suidelike konfederasie om hulself te regeer sou alles bydrae tot ʼn versterkte sentrale staat wat met die verloop van tyd, verpligte inkomstebelasting sou afdwing, in tallose oorsese oorloë betrokke raak, die goudstandaard afskaf en gevolglik eksperimenteer met tallose vorme van proteksionisme en sosialisme. Al hierdie dinge sou oor tyd bydrae dat Amerika omvorm word vanaf ʼn republiek gebaseer op lokalistiese selfregering tot ʼn arrogante sentralistiese Empaaier wat die wêreld tot sy eie beeld wil herskep. 

In hierdie Empaaier: word elke nuttelose dronkaard en verkragter aangemoeddig om te stem om die inklusiwiteit van die stelsel te bewys. Demokrasie word gelykgestel aan self-aangestelde slagoffer groepe en die hou van spesiale feesdae, soos die onlangse “day of rage”, as ʼn publieke uitbeelding van die staat se toewyding tot egalitariese beginsels. ʼn Klas van regters, publieke administrateurs en loopbaan politici besluit hoe ons leef en hoe ons sterf in ʼn samelewing waar belasting betalers al hoe minder invloed oor het. Ons mag nie eens meer besluit wie die land mag binne kom en ʼn burger mag wees en wie nie, want die aandring op sulke maatreëls word opsigself as ondemokraties beskou. Joernaliste sal ons ywerig inlig dat slegs neofasiste oop grense en immigrasie vanaf derde wêreldse lande teen sal staan. 

ʼn Selfbeperkte politieke gemeenskap, skryf die klassis Paul Wen, is die kenmerk van Middeleeuse en antieke republieke en demokrasieë, die ontkenning van burgers se reg om burgerskap te beperk op enige gronde wat hulle goed vind is nie die kenmerk van Demokrasie nie, maar ʼn imperialistiese orde, waar ʼn uitspattige sentrale super klas einigeen wat in die gebied gebore of gevind word onmiddellik as ʼn onderdaan beskou. Hierdie aanmerkings moet nie beskou word as ʼn beroep tot die terugkeer na ʼn ras homogene Amerika nie. Wat ek eerder probeer vasstel is hoe demokraties of ondemokraties kontemporêre Amerika is.

Die tipiese neo-konserwatiewe reaksie tot my vraag sal wees dat ons demokraties is omdat nie ras, geslag of etniese beperkings op stemreg geplaas word nie, en ons herverdeel welvaart op ʼn regverdige basis en in ons geïnspireerde oomblikke werk ons ywerig om die wêreld veilig te maak vir demokrasie. Die argument kan voortgaan dat Amerika ʼn liberale-demokrasie is en dus verbind is tot parlementêre regering, mense regte en oop burgerskap – politieke eienskappe wat onbekend was in antieke rassistiese kollektiewe demokrasieë. Hierdie argument vorm die basis van ʼn 1100 bladsy studie wat handel oor antieke en moderne republieke deur Paul Ray. Ek stem saam met Paul Ray oor die onderskeid, maar ook net tot op ʼn punt, dat daar te veel aandag geskenk word aan 18de eeuse republikeine se fassinasie met populêre Griekse en Romeinse regerings modelle. Daar was vrese oor die beskerming van individuele regte in die skryfwerk van Jefferson en James Madison, wat natuurlik afwesig was in die antieke republikeinse retoriek en praktyk. Madison se idee van ʼn uitgebreide republiek wat gebalanseer word deur verteenwoordiging o.g.v. ʼn verskeidenheid materiële belange, suggereer die aanwending van die verskuiwing vanaf die klassieke modelle.  

In die bestudering van die werke van Von Mises, is daar geen woorde wat staats-sosialiste so versuur as wanneer ʼn vryemark verdediger woorde soos kommuneale en organies gebruik nie. In sy boek, Gemeinwirtschaft, verklaar Mises, “As ʼn Liberaal moet mens verbind wees tot ʼn wetenskaplike houding jeens die lewe wat die welvaart van die individu maksimeer. Samelewings wat slegs ʼn historiese kulturele erflating probeer beskerm sonder dit, sal onsuksesvol wees”. Mises se verdediging van demokrasie is tipies liberaal, en met liberaal bedoel ek nie moderne neo-liberaal, of in lyn met die NY-Times se verdraaide feite nie, maar klassieke 19de eeuse liberaal.  

Mises was van mening dat demokratiese regerings interne konflik kan minimaliseer deur die meerderheid toe te laat om politieke leiers te kies. Hiernaas het Mises gehoop dat liberale norms en parlementêre prosesse op gesteun kan word om staatsvergrype te keer en die samelewing ekonomies produktief te hou. Alhoewel Mises geweet het dat “ Sosialistiese populiste trek onmiddellike ondersteuners in vandag se demokrasieë”, het hy niks in die demokratiese konsep gesien wat hierdie situasie veroorsaak nie. Vir Mises en Hayek het demokrasie beteken populêre verkiesings maar nie die outomatiese reg om liberale reëls te verander nie.  

Duidelik het Mises nie demokrasie verstaan soos dit in die VSA beoefen word nie. Die konsep het inderdaad verander na sosiale-demokrasie met ʼn ten volle burokratiese samelewing wat Von Mises gevrees het. Demokrasie beteken nie bloot verkiesingsprosesse met 19de eeuse teenwigte om eiendom en lewe te beskerm nie, maar ʼn onophoudelike administratiewe ingryping in die lewens van al hoe meer ongemagtigde burgers. Een rede hiervoor wat ek sal voorstel is dat ʼn liberale-demokrasie ʼn gevaarlike gemengde stelsel is wat nie liberale vryheid of demokratiese selfregering voorhou nie. Dit is as te ware ʼn ideologie as metodiek van onderwerping van ʼn beperkte politieke regime en word afgedwing vir die vergryping van mag deur publieke administrateurs en bevoordeelde korporatiewe belange, sosiale terapeute en joernaliste.  

Die verwydering van liberalisme as ʼn ideologie vanaf eiendomsreg en beperkte ordes en die skeiding tussen Amerikaanse demokrasie vanaf enige betekenisvolle oefening in selfregering is nie toevallig nie, dit behoort aan die manipuleerders wat voordeel trek uit die herkonstruksie van liberalisme en demokrasie. Onontbeerlik tot die liberale-demokratiese regime wat Amerika sedert die progressiewe era oorstroom het, is ʼn ekspansionistiese imperatief, gevoed deur gewapende leerstellings. In hierdie leerstellings word dit gesien as onsensitief vir die VSA en sy onderdane om hulle nie te bemoei met die hele wêreld se menseregte nie.  

Teen die tyd het menseregte die retoriese voorwendsel geword van regerings-inmenging tuis en oorsee. Nie almal is ewe bevoeg om hierdie regte te bepaal nie. Joernaliste, administrateurs, spesialiste en sprekers vir selfaangestelde slagoffergroepe is almal veronderstel om ʼn beter kennis te hê i.v.m. hierdie wysheid. Die Amerikaanse inmenging in Somalië het bv. plaasgevind nadat die media en swart burgerregte groepe op die dringendheid daarvan aangedring het. Die president het eers ʼn vergadering met sy onder-sekretariaat van menseregte gehad voordat hy Amerikaanse soldate en eiendom Somalië toe verskeep het. Selfs nou word die president gevra deur joernaliste en druk groepe om NAVO te vergroot, Rusland se interne politiek te mikro-bestuur en iets “beslissend”, in die woorde van Peter Jennings, te doen in Bosnië en Haiti.  

Menseregte benodig al hierdie betrokkenheid en nog baie meer, insluitende die bestrawwing van die Chinese regering omdat hulle nie transformeer na die moraliteit van Amerikaanse joernaliste nie. Maar baie van hierdie selfde joernaliste het ekstaties tekere gegaan oor die wonderlike vrye kommunisme in China onder Mao. Hulle het nou onlangs sensitief geraak vir die intellektuele beperkings onder Mao se opvolgers. Hou in gedagte dat Mao se opvolgers veel minder sosialisties was as hy. Dit mag dalk net die probleem vir joernaliste wees, dat die Chinese nou onderdruk word deur ʼn al hoe meer onbeheerde vryemark ekonomie. 

Die moralisering van bog redes vir buitelandse staatsingryping is net so natuurlik vir die demokratiese party as wat dit is vir die republikeinse party. Die grootste verskil tussen links en regs in Amerika, as daar is, is dat die demokratiese party Jakobynse demokrasie tuis wil perfeksioneer deur herdistribusie programme en antirassisme programmering terwyl die republikeinse party dit as reeds geperfekteer sien en militant wil uitdra na ander lande. ʼn Alternatiewe vergelyking is die volgende, as jy die liberales ondersteun wil jy staatsuitbreiding op die tuisveld sien, as jy die konserwatiewes ondersteun wil jy staatsuitbreiding internasionaal sien, as jy beide ondersteun is jy ʼn gematigde en as jy nie een van die twee ondersteun nie, is jy ʼn ekstremis.

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Demokrasie, Opinie and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.