Demokrasie en die staat

Demokrasie en Staat

(Prof. Hans-Hermann Hoppe)

Verbeel jouself ʼn wêreldregering, demokraties verkies volgens die beginsel van een-man-een-stem op ʼn wêreldwye skaal. Wat sou die waarskynlike uitslag van so ʼn verkiesing wees? Heel waarskynlik sou ons ʼn Chinees-Indiese koalisie regering hê. En wat sou die regering waarskynlik besluit om te doen om sy ondersteuners tevrede te stel en herverkies te word? Die regering sal waarskynlik bevind dat die sogenaamde Westerse wêreld hopeloos te veel rykdom het. Die res van die wêreld aan die ander kant, veral China en Indië, veels te min, en dat ʼn sistematiese rykdom en inkomste herverdeling dus noodsaaklik is. Of verbeel jou, jou eie land brei stemreg uit na sewejariges. Hoewel die regering waarskynlik nie uit kinders sal bestaan nie, is dit nie ondenkbaar dat die regering wel hul “legitieme bekommernisse” sal weerspieël nie en dat selfs die “vrye” en “gelyke” toegang tot hamburgers, koeldrank en video’s wel ʼn staatsbeleid sal hê nie.

In die lig van hierdie denk ekperimente is daar geen twyfel oor die nagevolge wat die resultaat is van die proses van demokratisering wat in Europa en die VSA in die tweede helfte van die negentiende eeu begin het en tot sy reg gekom het sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog nie. Die opeenvolgende uitbreiding van stemreg en die vestiging van ʼn universele volwasse stemreg het in elke land ter wêreld teweeggebring wat ʼn demokrasie sou doen indien dit wêreld wyd toegepas was op ʼn globale skaal. Dit stel in werking ʼn oënskynlik permanente geneigdheid tot rykdom en inkomste herverdeling.

Een-man-een-stem gekombineer met uitgebreide vrye toegang tot regerings-mag, m.a.w. demokrasie, beteken dat elke persoon en sy persoonlike eiendom binne bereik is – en te wen is deur – almal anders. Die spreekwoordelike “A tragedy of the commens” word geskep. Dit kan verwag word dat die meerderheid van die “have-nots” genadeloos sal probeer om hulself te verryk ten koste van die minderheid van die “haves“. Dit is nie te sê dat daar slegs een klas “haves” en een klas “have-nots” is nie. Ook nie dat die herverdeling eenvormig van ryk na arm sal wees nie. Tot die teendeel, terwyl die herverdeling van ryk na arm altyd en oral ʼn prominente rol sal speel, sou dit ʼn sosiologiese flater wees om bloot aan te neem dat dit die enigste of selfs die oorwegende vorm van herverdeling sal wees. Na alles is die permanent rykes en die permanent armes gewoonlik ryk of arm vir ʼn rede. Die rykes is oral kenmerkend meer intelligent en innoverend, en die armes tipies dom, lui, of albei. Dit is ook nie baie waarskynlik dat minder intelligente wesens, selfs as hulle ʼn meerderheid opmaak, die vermoë sal hê om hulself stelselmatig te verryk ten koste van ʼn minderheid van intelligente en energieke individue nie.

Eerder sal die meeste herverdeling binne die “nie-arm” groep plaasvind en dikwels is dit eintlik die wat beste-af is wat daarin slaag om hulle te subsidieer deur die swakste-af. Dink maar net aan die Westerse praktyk van aanbieding van vrye universiteits toegang, waarby die werkersklas, van wie die kinders selde universiteite bywoon, effektiewelik gedwing word om te betaal vir die opvoeding van die middel-klas kinders. Daarbenewens kan dit verwag word dat daar baie mededingende groepe en koalisies sal wees wat probeer voordeel trek ten koste van ander. Daar sal verskeie veranderende kriteria wees wat definieer wat dit is wat ʼn persoon ʼn “have” maak (verdien om geplunder te word) en die ander ʼn “have-not” (verdien om buit te ontvang). Terselfdertyd sal individue lede wees van ʼn verskeidenheid groepe van die “haves” en / of “have-nots”, en verloor a.g.v. die een of ander  karaktereienskappe en wen op grond van ʼn ander, met ʼn paar individue wat uiteindelik netto-verloorders en netto-wenners van herverdeling is.

Die erkenning van demokrasie as ʼn gewilde masjien vir rykdom en inkomste herverdeling in samewerking met een van die mees basiese beginsels in die veld van ekonomie – dat ʼn mens meer sal bekom van wat ook al dit is wat gesubsidieer word – bied die sleutel tot ʼn begrip van die huidige era en sy probleme.

Alle herverdeling, ongeag van die kriteria waarop dit gebaseer is, behels die wegneem vanaf die oorspronklike eienaars en/of produsente en gee of toegewing aan nie-eienaars of nie-produsente. Die aansporing om ʼn oorspronklike eienaar of vervaardiger van die eiendom of item te wees is effektiewelik verminder, en die aansporing om ʼn nie-eienaar en nie-produseerder te wees word vermeerder.

Ooreenkomstig hierdie ekonomiese prinsiep van vermeerdering van alles wat gesubsidieer word sal daar a.g.v. die subsidies vir individue omdat hulle arm is, armoede wees. In die subsidiëring van mense, omdat hulle werkloos is, sal daar juis meer werkloosheid geskep word. Ondersteuning deur die staat vir enkelmoeders uit belasting geld sal lei tot ʼn toename in enkel moederskap, beide buite-egtelik en a.g.v. egskeiding. Deur die verbod op kinderarbeid, word inkomste oorgedra van gesinne met kinders na kinderlose persone (as gevolg van die wetlike beperking op die aanbod van arbeid sal die loontariewe styg). Gevolglik sal dit ekonomies sin maak om minder kinders te hê en die geboortesyfer sal val. Aan die ander kant, deur die subsidiëring van die opvoeding van kinders, word die teenoorgestelde effek geskep – Inkomste word oorgedra vanaf die kinderlose en diegene met ʼn paar kinders na die met baie kinders. Gevolglik sal dit ekonomies sin maak om meer kinders te hê en die geboortesyfer sal styg.

Deur die subsidiëring van afgetredenes uit belasting af te dwing op die huidige produsente (die jeug) as gevolg van die sogenaamde sosiale-welsyn-stelsel, sal die waarde van kinders weer minder geag word. Die oumense hoef nie meer staat te maak op die hulp van hul kinders as hulle nie self voorsiening gemaak het vir hul oudag nie, en die jongmense (met minder opgehoopte welvaart) moet die oumense (wat gewoonlik meer opgehoopte welvaart het) deur subsidies ondersteun, eerder as andersom soos wat tipies binne gesinsverband plaasvind. Met al hierdie wipplank effekte sal die instelling van ʼn gesin, die inter-generasie band tussen ouers, grootouers en kinders stelselmatig verswak. Ouers se wense vir hul kinders, en kinders se wense vir hul ouers sal afneem, gesins-disintegrasie en disfunksionele gesinne sal toeneem, en voorsienings aksies soos besparing en kapitaalvorming sal kwyn, terwyl verbruik styg.

Deur die subsidiëring van die skyn-siekes, die neurote, die onverantwoordelike, die alkoholiste, die dwelmverslaafdes, die vigs-besmette’s, en die fisies en geestelike versteurdes deur staatsgereguleerde versekering en staats-mediese skemas, sal daar meer siekte, afwykings, neurote, agterlosigheid , alkoholisme, dwelmverslawing, vigs infeksie, en fisiese en geestelike gestremdheid wees. Deur nie-misdadigers, insluitend die slagoffers van misdaad, te dwing om te betaal vir die gevangenisstraf van misdadigers (eerder as om hulle slagoffers te vergoed en te betaal vir hul eie vervolging en aanhouding), sal misdaad verhoog.

Belangriker nog, deur die private eienaars van eiendom en / of die mark inkomste verdieners en produsente te dwing om politici, politieke partye en staatsamptenare te subsidieer (politici en regeringsamptenare word immers uit belasting betaal), sal daar minder welvaart skepping, laer produktiwiteit vorming, minder produsente, en altyd meer afval, parasiete en parasitisme wees.

Sakemanne (kapitaliste) en hul werknemers kan nie ʼn inkomste verdien tensy hulle goedere of dienste produseer wat in die mark verkoop kan word nie. Die kopers se aankope is vrywillig. Deur die koop van ʼn diens of produk demonstreer die koper (verbruikers) dat hulle hierdie diens of produk verkies bo die bedrag geld wat hulle moet oorhandig ten einde dit te bekom. In teenstelling hiermee produseer politici, partye, en staatsamptenare niks wat in die mark verkoop word nie. Niemand koop regerings-goedere of -dienste nie. Hulle word geproduseer en koste word aangegaan om dit te produseer, maar hulle word nie gekoop of verkoop nie. Aan die een kant beteken dit dat dit onmoontlik is om die werklike waarde daarvan te bepaal en uit te vind of dit die koste daarvan regverdig.

Omdat niemand dit koop nie, kan niemand werklik bewys dat hy van mening is dat die regerings-goedere en -dienste hul koste werd is nie en inderdaad of hierdie dienste van enige waarde is al dan nie. Vanuit die oogpunt van ekonomiese teorie is dit dus heeltemal ongeldig om aan te neem, soos wat altyd gedoen word wanneer nasionale inkomste bereken word, dat die regerings-goedere en -dienste dit werd is wat dit kos om dit te produseer en dit dan eenvoudiglik by te tel tot die waarde van die gewone privaat geproduseerde goedere en dienste om byvoorbeeld bruto binnelandse produk te bereken. Dit kan net so wel aanvaar word dat die regeringsgoedere en -dienste niks werd is nie, of selfs dat hulle geensins goedere is nie, maar eerder “slegtere”. Dus dat die koste van politici en die hele staatsdiens afgetrek moet word van die totale waarde van privaat vervaardigde goedere en dienste in enige land. Trouens, om dit aan te neem sou veel meer geregverdig wees. Sover dit die praktiese implikasies aan betref, kom die subsidiëring van politici en amptenare se goedere en dienste neer op ʼn subsidie om te produseer met min of geen agting vir die welstand van enige van die beweerde verbruikers(publiek) nie, en met baie of eerder slegs agting vir die welstand van die beweerde produsente, d.w.s. die politici en amptenare. Hulle salarisse bly dieselfde, of hul uitset verbruikers tevrede stel of nie. Diensooreenkomstig, a.g.v. ʼn uitbreiding van die publieke(staat) sektor van die ekonomie, sal daar meer luiheid, slordigheid, onbevoegdheid, swak diens, mishandeling, afval, en selfs vernietiging wees- en op dieselfde tyd steeds meer arrogansie, opswepery en leuens (“Ons werk vir die nasie, volk, “public-good”, in-lands-belang”).

Na minder as ʼn honderd jaar van demokrasie en herverdeling is die voorspelbare resultate sigbaar, die “Reserwe fondse” wat van die verlede geërf is, nader uitputting soos Europese en Amerikaanse resessies wipplank ry in afwagting. Vir verskeie dekades sedert die vroeë 1970’s het ware lewensstandaarde begin stagneer of selfs geval in die Weste. Die staatsskuld en die koste van die bestaande sosiale welsyn en gesondheidsorg stelsels het die vooruitsig van ʼn dreigende ekonomiese ineenstorting daar gestel. Op dieselfde tyd het byna elke vorm van ongewenste gedrag, werkloosheid, welsyn afhanklikheid, nalatigheid, roekeloosheid, barbaarsheid, psigopatie, hedonisme en misdaad toegeneem sowel as die sosiale konflik en gemeenskaps-aftakeling het tot gevaarlike hoogtes toegeneem. Indien die huidige tendense voortduur, is dit veilig om te sê dat die Westerse welsyn-staat (sosiale demokrasie) sal val, net soos die Oosterse (Russies-styl) sosialisme in duie gestort het in die laat 1980’s.

ʼn Ekonomiese ineenstorting sal egter nie outomaties lei tot verbeterings nie. Sake kan baie maklik vererger eerder as verbeter, veral as ʼn ineenstorting van die Amerikaanse welsynstaat tot ʼn ongekende wêreld depressie lei en die oorsake weereens foutief geanaliseer en geïnterpreteer word. Wat nodig is, behalwe vir ʼn krisis, is idees – korrekte idees – en mense in staat tot begrip en uitvoeringsvermoë van hierdie konsepte sou die geleentheid hom voordoen. Uiteindelik word die loop van die geskiedenis bepaal deur idees, of dit nou waar of onwaar idees is, en deur mans en vroue wat optree o.g.v. en wat geïnspireer word deur daardie waar of vals idees. Die huidige gemors is na alles ook die direkte resultaat van idees. Dit is die gevolg van die oorweldigende aanvaarding van die idee van demokrasie in die publieke opinies van mense. Solank as wat hierdie aanvaarding heers, sal ʼn ramp onvermydelik wees, en daar is geen hoop vir verbetering, selfs na ʼn katastrofiese gebeurlikheid nie. Aan die ander kant, as die idee van demokrasie erken word as vals en boos – en idees kan, in beginsel, byna onmiddellik verander word – kan ʼn katastrofe soms vermy word.

Die sentrale taak van diegene wat die gety wil draai en ʼn duidelike beskawingsafbreking wil voorkom, is die de-legitimering van “die idee van die demokrasie” as die hoofoorsaak van die huidige stand van progressiewe beskawingsval. Tot hierdie doel moet mens uitwys dat dit moeilik is om veel voorstanders van die demokratiese prinsiep te vind in die ganse geskiedenis van politieke teorie. Byna al die groot denkers het niks minder as minagting vir demokrasie gehad nie. Selfs die stigterslede van die Verenigde State, deesdae beskou as ʼn model van ʼn demokrasie, was streng gekant teen dit. Sonder ʼn enkele uitsondering, het hulle gedink aan demokrasie as niks anders as “mob-rule” nie. Hulle het hulself beskou as lede van ʼn natuurlike aristokrasie eerder as ʼn demokrasie en het ʼn aristokratiese republiek bepleit. Selfs onder die enkele teoretiese verdedigers van demokrasie, soos Rousseau byvoorbeeld, is dit byna onmoontlik om enig iemand te vind wat demokrasie bepleit  vir enigiets buiten baie klein gemeenskappe (dorpe en stede). Trouens, in klein gemeenskappe waar almal mekaar persoonlik ken kan die meeste mense nie anders as om te erken dat die posisie van die “haves” gewoonlik gebaseer is op hul superieure persoonlike prestasie nie, net soos die posisie van die “have-nots” sy tipiese verduideliking in hul persoonlike leemtes en minderwaardigheid vind nie. Onder hierdie omstandighede is dit baie moeiliker om weg te kom met die poging om ander mense te plunder en hul persoonlike besittings te steel tot jou voordeel. In duidelike kontras, in groot territoriale gebiede wat miljoene of selfs honderde miljoene mense insluit, waar die potensiële plunderaars hul slagoffers nie ken nie, en omgekeerd, is die menslike begeerte om jouself te verryk op ʼn ander se koste onderworpe aan min of geen beperkings.

Belangriker nog moet dit duidelik gemaak word dat die idee van demokrasie immoreel asook onekonomies is. Sover dit die morele status van die meerderheid regering aan betref, moet dit uitgewys word dat dit toelaat dat A en B saamspan om C te besteel. C en A wat dan op hul beurt probeer om B in te doen, en dan B en C wat saamsweer teen A, ens ad finitum. Dit is nie geregtigheid nie, maar ʼn morele vergryping. Eerder as om demokrate en demokrasie met respek te behandel, moet hulle behandel word met ope minagting en bespotting as die beliggaming van morele bedrog. Sover dit die ekonomiese kwaliteit van demokrasie aan betref, moet dit meedoënloos beklemtoon word dat dit nie demokrasie is nie, maar private eiendom, produksie, en vrywillige ruilhandel wat die uiteindelike bron van die menslike beskawing en welvaart is. In teenstelling met die algemeen aanvaarde mite, moet dit beklemtoon word dat die gebrek aan demokrasie in wese niks te doen gehad het met die bankrotskap van die Russiese-styl sosialisme nie. Dit was nie die verkiesings-beginsel van politici wat sosialisme se fundamentele probleem was nie. Dit was politiek en sosialistiese politieke besluite. In stede van elke private produsent wat onafhanklik besluit wat om met spesifieke hulpbronne te doen, soos onder ʼn stelsel van private eiendom en kontraktualisme, het elke besluit iemand anders se toestemming benodig (met ʼn ten volle of gedeeltelik gesosialiseerde faktore van produksie). Dit is irrelevant vir die produsent hoe daardie persoon of instansie wat die toestemming moet gee verkies word. Wat vir hom van belang is, is dat toestemming eers gesoek moet word. Solank as wat dit die geval is, is die aansporing van produsente om te produseer verminder en verarming sal daaruit voortvloei.

Privaat eiendom is dus so onverenigbaar met demokrasie as wat dit met enige ander vorm van politieke heerskappy is. Eerder as demokrasie vereis geregtigheid en ekonomiese doeltreffendheid ʼn suiwer en onbeperkte private eiendom samelewing – ʼn “anargie van produksie” – waarin niemand offisieel deur ”dwang regering” oor iemand ander heers nie en al die produsente se verhoudings vrywillig, kontraktueel en sodoende wedersyds voordelig is.

Ten slotte, vir strategiese oorwegings, ten einde die meerderheidtisme aan te pak om die doel van ʼn nie-uitbuitende sosiale orde, d.w.s. ʼn private eiendom anargie te skep, kan die idee van demokrasie soos volg gedraai word teen die demokratiese reël self. Onder enige vorm van die regering se bewind, insluitend ʼn demokrasie, maak die “heersende klas” (politici en amptenare) slegs ʼn klein persentasie van die totale bevolking uit. Terwyl dit moontlik is dat een honderd parasiete gemaklik kan lewe op die produkte van een duisend produsente, kan ʼn duisend parasiete egter nie lewe op ʼn honderd produsente nie. Gebaseer op die erkenning van hierdie feit skyn dit ten minste teoreties moontlik te wees om ʼn meerderheid van die kiesers te oortuig dat dit immoreel is vir die gedeelte van die bevolking wat van ander mense se belasting geld leef om ʼn sê te hê oor hoe hoog daardie belasting koers moet wees. Om m.a.w. demokraties te besluit om stemreg weg te neem vanaf almal in diens van die staat en almal wat voordele ontvang vanaf die staat, ongeag of dit welsyn of kontrakteurs is. Verder, in samewerking met hierdie strategie, is dit nodig om die oorweldigende belangrikheid van sesessie en sesessie bewegings te erken. As die meerderheid besluit reg is, dan moet die grootste van alle moontlike meerderhede ʼn wêreld meerderheid en ʼn demokratiese wêreld regering uiteindelik intellektueel as reg beskou word met die ooglopende gevolge daarvan soos voorspel aan die begin van hierdie artikel. In teenstelling, sesessie behels altyd die wegbreek van ʼn kleiner eenheid vanaf ʼn groter bevolking. Dit is dus ʼn stem teen die beginsel van demokrasie en meerderheidtisme.

Hoe verder die proses van sesessie uitbrei – tot op die vlak van klein gebiede, stede, stadsdistrikte, dorpe, en uiteindelik die individuele huishoudings en vrywillige verenigings van private huishoudings en ondernemings – hoe moeiliker sal dit raak om die huidige vlak van herverdelende beleid te onderhou. Terselfdertyd, hoe kleiner die territoriale eenhede, hoe meer waarskynlik sal dit wees dat ʼn paar individue, gebaseer op:

– die gewilde erkenning van hul ekonomiese onafhanklikheid;

– uitstaande professionele prestasie;

– moreel onberispelike persoonlike lewe;

– superior oordeel;

– moed en smaak,

aanleiding sal gee tot die rangorde van natuurlike, vrywillige, erkende elite. Ter selfde tyd sal dit legitimiteit gee aan die idee van ʼn natuurlike orde(anargie) van mededingende (nie-monopolisties) en vrywillige gefinansierde vredesbewaarders, regters, en oorvleuelende jurisdiksies soos selfs nou in die internasionale arena van reis en handel bestaan. ʼn Suiwer privaatreg samelewing as antwoord op demokrasie en enige ander vorm van politiese (dwang) samelewing.

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Demokrasie and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.