Die Oostenrykse teorie van die besigheidsiklus

Teen die vroeë 1930’s waarin die debatte dan nou plaasgevind het sit die wêreld in ʼn geweldige ekonomiese depressie, slegs tien jaar na die verwoesting van die eerste wêreld oorlog, so waarom het hulle eerder na Keynes as na Hayek geluister? Wel die probleem is nou! Mense gee in sulke omstandighede nie om oor wat die staat fout gemaak het om hulle hierin te kry nie – hulle wil weet, hoe kry die staat hulle hier uit? En net daar lê hul dwaling, omrede die staat die probleem skep en homself dan aanbied as die oplossing tot daardie probleem. Ek los dit dan nou aan professor Lawrence H. White om die kook, die sink en groeperingsfout aan die hand van die Oostenrykse teorie van die besigheidsiklus te verduidelik.

Die Kook(7:33min)

Die Sink(7:30min)

Die groeperingsfout(4:53min)

Professor White gee in die laaste segment hier raad met “as ons aanneem daar is ‘n sentrale bank en as ons aanneem daar is nie ‘n goudstandaard nie” maar hy self het al ʼn beter oplossing aangebied deur nie daardie aannames te maak nie:  (12:34min)

“Betting against gold is the same as betting on governments. He who bets on governments and government money bets against 6,000 years of recorded human history.” -Charles de Gaulle

Om besigheidsiklus teorie te verstaan is dit nodig om dit aan die hand van ʼn praktiese voorbeeld te sien: Rentekoerse en die staat sowel as om ten minste die ekonomiese modelle te oorweeg waarvoor die lesing deur prof Garrison voldoende is:  (59:55min)

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Ekonomie, Video and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.