Finansiering van die staat per minuut

Voordat ons poog om ʼn regering te finansier, kom ons wissel net ʼn paar gedagtes.

In die territoriale gebied bekend as Suid-Afrika hoor ons gereeld hoe die grondwet besing word deur politieke kommentators. Veral wanneer daar ʼn hofsaak is waar die staat inligting wil muilband of wetgewing wil verander wat die hooggeregshof dan as onkonstitusioneel afwys. Hoe suksesvol gaan hierdie grondwet egter met die verloop van tyd wees? Die doel daarvan is immers om die staat se reikwydte te beperk. Die Amerikaanse grondwet is by verre meer beperkend as die Suid-Afrikaanse weergawe, aangesien daar positiewe “regte” ingesluit is in die Suid-Afrikaanse grondwet wat die staat die vermoë, en selfs verpligting gee om dienste te verskaf wat geensins eers oorweeg word binne die Amerikaanse grondwet nie.

Tot hede toe het die ANC binne die beperkings van die finansiële begroting gehou, en poog hulle om deur hoër belastings en ʼn groter belasbare basis hul vermoëns te lig. Die vraag wat beantwoord moet word, is of enige grondwet die staat daarvan kan weerhou om onophoudelik te groei? Die Amerikaanse grondwet het tot hierdie doel gefaal, sedert die Eerste Wêreldoorlog groei die staatsdiens onophoudelik. Wanneer die Demokrate aan bewind is belowe hulle beter gelykheid en poog om alles met hoër belastings te finansier, en wanneer die Republikeine aan bewind is belowe hulle laer belastings en finansier dan alles deur staatsskuld. Daar is bykans geen verskil tussen die twee partye in terme van die groeikoers van die staat as las op die bevolking wanneer hulle aan bewind is nie. Die Amerikaners het hul begroting laat klop deur aanhoudend geld te leen, dit is ʼn onvolhoubare praktyk wat een of ander tyd tot ʼn einde moet kom. In hierdie video poog professor Antony Davies om die 2011 staatsbegroting te laat klop, ʼn onbegonne taak waar daar maar net een antwoord kan wees – Afskaffing.

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Ekonomie, Video and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.