Geleentheidskoste van Belasting

Geleentheidskoste

Wat is die geleentheidskoste van belasting?

Om hierdie vraag te beantwoord moet ons eerstens na die konsep van geleentheidskoste kyk:

Tweedens het ons in die mite van ʼn “free lunch” reeds gesien dat alle belastings deur individue betaal word. Alle belastings op maatskappye, invoere, uitvoere, dividende, kapitale belasting of enige ander uitspattige idee wat staatsamptenare kan opdis word altyd oorgedra na die individu. Slegs individue kan belasting betaal. Derdens moet ons beslis of daar iets soos ʼn maksimum koers is waarop individue belas kan word sonder dat daardie belastingkoers die ekonomie van so ʼn aard demp dat die toekomstige inkomstestroom of belasbare ekonomiese inkomste van die populasie negatief beïnvloed word.

Hierdie video handel met elke belasting tipe afsonderlik en gee ons ongelukkig nie die gesamentlike koers per individu nie. Nogtans bewys dit dat waar die belasting gestroop word geen verskil maak nie. Dit neem ook nie al die ander regulerende belastings in ag nie, maar bewys duidelik dat alle vlakke van belasting die produksievermoë van die ekonomie negatief beïnvloed. Kom ons veronderstel in ieder geval dat ons die vermoë het om al die politici in Suid-Afrika na hierdie video te laat kyk, dit verstaan en ooreenkom om alle belasting op te skort afgesien van ʼn 10% belasting waarby almal dan berus. Die vraag kan dan eers gestel word: Wat is die geleentheidskoste van daardie 10%? Indien elke persentasiekoers bo 10% ʼn negatiewe impak op kapitaalvorming en ekonomiese groei het, waarom sal elke persentasiekoers onder 10% nie na groter kapitaalvorming, besparing en ekonomiese groei lei nie? Die antwoord is voor die hand liggend, elke rand wat uit die ekonomie onttrek word deur belasting om weer binne daardie ekonomie aangewend te word deur die staat is so ʼn oneffektiewe aanwending in vergelyking met die mark dat dit altyd ʼn negatiewe impak sal hê. Selfs al sou daar funksies wees wat die staat meer effektief kon behartig as die vryemark, tree die konsep van verdringing in.

Verdringing is egter nie beperk tot die kapitaal beskikbaar vir ander projekte nie, maar ook innovasie self. In enige diens wat die regering aanbied, of mark waarin hy inmeng, is daar geen of verminderde aansporing vir individuele entrepreneurs om met nuwe winsgewende idees vorendag te kom in daardie bepaalde mark. As ons verby die ekonomiese argumente kyk na al die onnodige oorloë wat belasting moes finansier, verby die geleentheidskoste wat enorm is, na die aansporings tot korrupsie, uitbuiting en onderdrukking wat dit skep en fokus op al die vals politieke beloftes en onbereikbare ideologiese eksperimente met mense se lewens wat dit alles boonop moes finansier, dan bly dit ongeag enige argument, ʼn barbaarse manier om iets te finansier.

Belasting

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Ekonomie, Video and tagged , , , , . Bookmark the permalink.