Volksanargisme Deel 1

Volksanargisme

Craig FitzGerald en Jamie O’Hara

Anargisme is vandag hoofsaaklik teoreties van aard, en ʼn groot hoeveelheid van anargistiese interaksie bestaan ongelukkig uit debatte oor watter subgroep die beste is. Met die eerste oogopslag mag dit voorkom of volksanargisme hierdie situasie net nog verder vererger, maar die gebrek aan universalisme maak dit eintlik die mees inklusiewe en diverse skool van anargistiese denke. Ten spyte van die feit dat sommige stamme (etnies of ideologies) sou verkies om nie in praktyk met sekere gemeenskappe te assosieer wat nie hul onderliggende filosofie deel nie (dat almal ʼn reg op outonomie en soewereiniteit het wat nie met dwang ontken kan word nie) skep ʼn gevoel van wedersydse respek wat afwesig is in meeste anargistiese meningsverskille (tussen Anargo-; kapitaliste -Mutualiste, -sindikaliste, ens). Hierdie eienskap van volksanargisme het ernstige pragmatiese implikasies. Wanneer anargiste ophou om hul tyd en energie te vermors op debatte oor wie “ware” anargiste is, het hulle baie meer potensiaal om hul idees in aksie en praktyk te omskep.

Die praktiese toepassings van volksanargisme bestaan ​​daarin om fisies tasbare manifestasies van sy teorie te skep. Filosofies het elke gemeenskap die reg tot vryheid en selfbeskikking, maar hoe word die reg geïmplementeer? Die staat is onderdrukkend en uitbuitend van natuur en ons verwerp dit, maar hoe word daardie kritiek omskep in praktiese teenkanting in die werklike wêreld? Marx het foutiewelik geredeneer dat die staat sou verwelk sodra kommunisme in volle swang was, d.w.s. dat die staatstruktuur nodig is vir die eliminering van die staat. In der waarheid sal die staat en sy korporatiewe vennote slegs verdwyn sodra hulle irrelevant geword het of gemaak kan word, en hul irrelevansie sal uiteindelik daarvan afhang of ʼn uitgebreide hoeveelhede alternatiewe in praktyk geskep kan word.

ʼn Onafhanklike stelsel van parallelle ekonomieë en instellings – agorisme – is die enigste moontlike manier om dit te bewerkstellig. Agorisme verteenwoordig ʼn direkte aanval op die regerings- en die korporatiewe monopolieë deur hulle nie te ondersteun nie en dit moontlik te maak om hulle aan boikotte bloot te stel, en gelyktydig ook die bemagtiging van die massas om aktief met hulle te kompeteer. Volksanargistiese gemeenskappe sal waarskynlik instellings skep wat konsekwent met hul eie waardes is; dit kan insluit die verbouing van lokalistiese geldeenhede, handelsnetwerke, selfs banke wat nie rente hef nie, gildes vir kunste, vakmanne en entrepreneurs, maatskaplike welsyn en gesondheidsorgdienste, gemeenskap-selfverdedigingsverenigings, en ʼn ​​verskeidenheid van opvoedkundige programme. Dit is die mees waarskynlike metode waarop die staat sal verdwyn ( in teenstelling met Marx se utopiese idee dat ’n gesentraliseerde kommunistiese staat natuurlik in anargisme sou ontwikkel) sal daar eerder lokalistiese alternatiewe tot die staat geskep moet word.

Elke stam se visie van soewereiniteit mag verskil, maar sekere noodsaaklikhede vir onafhanklikheid gee opsigself breë riglyne vir gesonde standvastige gemeenskapsprojekte. Totale ekonomiese onafhanklikheid en suiwer selfversorging is nie noodwendig elke stam se doelwit nie, maar die maksimalisering van ekonomiese selfversorging is noodsaaklik vir suksesvolle desentralisasie. Een van die mees doeltreffende maniere om dit te bereik is tuistevesting “homesteading”, hetsy as individue, gesinne of gemeenskappe. Tuistevestigers “Homesteaders” gebruik die hulpbronne van hul onmiddellike omgewing om so onafhanklik as moontlik te wees, verbou gewasse, maak huishoudelike goedere en kunsvlyt, teel diere, skep produkte met toegevoegde waarde vir kleinhandel. In sommige gevalle kan tuistevestiging selfs insluit, grofsmedery, parma-kultuur, selfsorg in elektrisiteit tot tradisionele “hunting & gathering” en nog baie meer. Deur aktief sy eie visie van vryheid en outonomie te skep, kan elke anargistiese stam of groep sy eie filosofie uitleef.

Die belangrikheid vir anargiste om hulle teorieë direk toe te pas in hul lewens word weerspieël deur die antieke Griekse konsep van “praxis” (πρᾶξις) wat ons in Afrikaans noem praktyk. Die woord praktyk verwys in ou Grieks na enige aktiwiteit waarin ʼn vry man deelneem. Aristoteles het drie vorme van ʼn ​​vry man se energie geïdentifiseer: teorie, kreatiwiteit en praktyk (θεωρία; ποίησις; πρᾶξις). Hierdie verhoudings tussen denke, praktyk en produksie is simbioties; hulle is nie bloot net verbind nie, hulle word gelyktydig en interafhanklik ʼn sintese van bestaan. Dit is nie genoeg vir ’n hoogs intelligente en kritiese filosoof om net te dink, praat en skryf nie. Anargisme hou min gevaar vir die monopolie staat in sonder dade wat ooreenstem met ons idees van vryheid en vrywillige verantwoordelikheid.

Die idee van praxis of dan praktyk is so verenigbaar met volksanargisme omrede dit nie inherent enige morele oordele bevat oor wat ʼn individu of stam besluit om te doen nie, nie ten opsigte van kulturele of ekonomiese praktyke nie en is daarom vrygestel van argumentswrywing met ander anargistiese skole aangesien hulle met hul eie stam hul eie realiteite kan skep. Eerder bied skeppende praktyk ʼn lens waardeur individue of stamme hulself kan evalueer in terme van hul eie waardes en wat hulle glo om waar te wees oor die heelal. Praktyk is die manifestasie van teorie – enige teorie wat so ʼn outonome gemeenskap van waarde ag. Die toepassings daarvan in die onderwys (outodidakties of andersins) impliseer praktiese leerprosesse wat gebaseer is op die ervaring wat relevant is tot die werklike wêreld. Praxis is ’n bruikbare konsep om te oorweeg wanneer eksterne doelwitte gestel en bereik word, en dit toon ook die mate aan waartoe ʼn ​​anargis sy of haar eie persoonlike potensiaal as ʼn soewereine individu vervul het. Vryheid van denke en vryheid van aksie is komplementêre elemente van anargisme. Die een is niks sonder die ander nie.

Ongelukkig is baie mense onbewus van hierdie harmonieuse verhouding. Dit blyk dat die globale kultuur se obsessie met onmiddellike bevrediging selfs op anargiste afgevryf het, waar baie van hulle aangetrokke is tot die mees ekstreme en selfs onbereikbare metodes om die stelsel aan te val. Om in lewende kommunes en gemeenskappe te woon wat waardes deel en ten doel het om hulself met eie arbeid vir generasies te onderhou sal ʼn inkrementele proses wees. Die mees realistiese en potensieel suksesvolste benadering is om klein te begin en die Zapatista-leuse “Lento pero avanzo”[Slow but advancing] te onthou. Die volle omvang en praktiese bereiking van onafhanklike stelsels van selfvoorsiening en agora sal jare neem om te skep, net so sal die volle impak daarvan op ons weerstand teen die nuwe wêreldorde ook jare neem, terwyl dit prakties inkrementeel geskep word.

ʼn Inleiding tot Volksanargisme

Van hierdie idees mag dalk vir Afrikaners as vreemd voorkom en daar moet ingedagte gehou word dat die idees vir ʼn Amerikaanse gehoor en vanuit hul ondervinding daargestel is. In die argumente tussen vryemark anargiste wat ʼn wêreld verbeel van privaat infrastruktuur, privaat sekuriteit en privaat geregtigheid en anargiste van die ou linkse skole wat vasklou aan werkers koöperatiewes en kommunes wat sosialisties georganiseerd is – waar die argumente selfs kleinlik kan voorkom rondom spesifieke definisies en teorieë. Is dit verfrissend om hierdie tipe benadering te oorweeg waar hierdie groepe nie net as stamme van ʼn groter anti-staat geheel gesien word nie, maar groepe wat dan een of ander mate van eksklusiewe bestaan wil voer aan gehoor gegee word, ongeag of dit op die grondslag van ideologie, etnisiteit, ras of geloof is.

Professor Keith Preston bespreek die konsepte van volksanargisme. 

Onderwerpe sluit in:

  • Die oorsprong van anargisme as ʼn politieke filosofie en die kritiek wat dit op die staat lewer as ʼn unieke en inherente parasitiese instelling.
  • Die drie hoof tradisies in anargisme: die links-sosialistiese tradisie; die Anglo-Amerikaanse libertariese tradisie; die elite-individualistiese ”regse-anargisme”.
  • Die wye verskeidenheid sektariese tendense in anargisme en hoe die metapolitieke-teorie van volksanargisme ʼn sintese tussen hierdie uiteenlopende teorieë moontlik maak.
  • Hoe anargisme kan werk op ʼn praktiese manier en algemene besware teen anargisme beantwoord kan word.
  • Hoe anargisme as dit korrek verstaan word, die teenpool van die heersende Westerse filosofie van totalitêre humanisme van die neo-liberale elites is.
  • Waarom die Linkses huidiglik ʼn veel groter bedreiging inhou vir anargisme as die Regses en hoe “politieke korrektheid” die voortsetting van die linkse outoritêre tradisie is wat met Marxisme geassosieer word.              

attack the system

 (56Min)

Anargisme

Pierre-Joseph_Proudhon

Pierre-Joseph Proudhon (1809 – 1865)

Bakunin

Mikhail Bakunin (1814 – 1876)

Lysander Spooner

Lysander Spooner (1808 – 1887)

BenjaminTucker

Benjamin Tucker (1854-1939)

Albert Jay Nock (1870 - 1945)

Albert Jay Nock (1870 – 1945)

Josiah Warren

 (1798- 1874)

Peter_Kropotkin

Peter Kropotkin (1842 – 1921)

Gustave de molinari (1819 - 1912)

Gustave de Molinari (1819 – 1912)

Max Stirner ( 1806 - 1856)

Max Stirner ( 1806 – 1856)

Murray Newton Rothbard ( 1926 - 1995)

( 1926 – 1995)

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Radio and tagged , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.