Volksanargisme Deel 2

Boere anargiste

ʼn Inleiding tot Volksanargisme Deel 2

In Deel 2 van ons inleiding tot Volksanargisme gaan professor Keith Preston voort om van die konsepte te verduidelik. Dit moet weereens gestaaf word dat alhoewel die uitsending baie leersaam is, dit hoofsaaklik op ʼn Amerikaanse gehoor gemik is.

Onderwerpe sluit in:

  • Die belangrikheid daarvan om die hoofstroom anargistiese groepe bymekaar te trek as ʼn omslagtige beweging wat al die “stamme” en strominge insluit.
  • Hoe volksanargisme ʼn raamwerk daarstel waar die verskillende anargistiese groepe en anti-staat regses en linkses vreedsaam kan saamleef en verenig teen die totalitêre Empaaier.
  • Hoe anargiste polities kan antwoord op praktiese probleme aangaande verdediging, ekonomie, misdaad en immigrasie en hoe die nie-aggressie-beginsel -NAB” ʼn basis vir ʼn staatlose gemenereg daar kan stel.
  • Hoe sake aangaande ras en etnisiteit hanteer kan word in ʼn model van “skeiding tussen ras en staat” soortgelyk aan die skeiding tussen “kerk en staat” en hoe kohabitasie van ras-ideologiese gemeenskappe binne so model geakkommodeer kan word.
  • Die noodsaaklikheid daarvan om ʼn pan-anargistiese front te skep van anti-staat radikale as die leierskorps van ʼn groter libertariese-populistiese beweging, wat alternatiewe skep wat pan-anargisme en pan-sesessie ten doel het.
  • Die tien kern demografiese groepe en wyer belangegroepe wat potensieel so ʼn beweging kan vorm.
  • Historiese prototipes vir so ʼn beweging, insluitende die Amerikaanse Rewolusie, die Suidelike Konfederasie, Spaanse anargistiese beweging voor die Tweede Wêreldoorlog en Hezbollah se suksesvolle verdediging van Libanon teen Israeliese okkupasie.

attack the system

[56Min]

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Radio and tagged , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.