Antwoorde op Stewart se “19 Taai Vrae”

jon stewart

Jon Stewart is ʼn komediant van die gewilde The Daily Show, hy hou onderhoude met die mees hooggeplaaste politici en skrywers en is ook nie skaam om houe (links en regs) uit te deel waar hy dink dit verdien word nie. Polities leun hy ongetwyfeld na die Demokrate se sienning, en het 19 “taai” vrae gestel aan Libertariërs tydens sy onderhoud met regter Andrew Napolitano.  Regter Napolitano was geensins voorbereid hierop nie en verteenwoordig beslis gematigde siennings op hierdie onderwerpe.

Op die internet het dit vinnig onder libertariërs gegons vir ʼn beter en spoedige antwoorde, Stefan Meolyneux het eerste na vore gespring. Hy verteenwoordig nie alle libertariërs se siennings nie, maar sy antwoorde is vol humoristiese en selfs venynige sarkasme en beterweterige ongeloof in die vrae wat by die The Daily Show sou pas. Die vrae is eerder ʼn samestelling van vrae en deurmekaar standpunte waarop libertariërs dan veronderstel is om te reageer.

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Video and tagged , , . Bookmark the permalink.