Die (nie So Wilde) Wilde Weste: ʼn Eksperiment in Anargo-Kapitalisme – Deel 2

Nie so Wilde Weste

deur Terry L. Anderson en P. J. Hill

Gevallestudie van die Wilde Weste

Voordat ons na spesifieke voorbeelde van vryemark instellings in die Amerikaanse Weste kyk is dit behulpsaam om ondersoek in te stel na die legendariese karakterisering van die “Wilde Weste”. Die potensiaal vir chaos is ʼn groot beswaar teen vertroue in die vryemark vir die toepassing van regte en dit wil voorkom of baie eensydige geskiedenislesse van die Weste hierdie argument bevestig. Hierdie geskiedenislesse beskryf ʼn milieu wat gekarakteriseer was deur pistoolgevegte, perdediefstal en ʼn algemene disrespek vir basiese menseregte. 

Die smaak vir die dramatiese in literatuur en ander vermaaklikheidsvorme, het gelei tot die fokus op die klaarblyklike diskonneksie tussen die Westerse burgers se begeerte vir orde en die heersende wanorde. As die Hollywood prentjie van die Wilde Weste nie genoeg was om die geskiedenis te besmet nie, het sogenaamde vakkundiges op die gebied van geweld bygedra met aanhalings soos die volgende: “Ons kan met heelwat selfversekerheid terugvoering gee dat, in vergelyking met die fronteer dae, daar ʼn betekenisvolle vermindering in die aantal geweldsmisdaad in die VSA plaasgevind het”.[11] 

geweldTog het daar meer onlangs ondersoeke plaasgevind na die omstandighede wat geheers het en trek dit die akkuraatheid van hierdie tipe persepsies in twyfel. In sy boek, Frontier Violence: Another Look, stel W. Eugene Hollon dit dat “die Westerse fronteer ʼn veel meer beskaafde, meer vreedsame en veiliger plek was as wat die Amerikaanse gemeenskap tans is.”[12] Die legende van die “Wilde Weste” leef voort ten spyte van Robert Dykstra se bevindings dat in vyf groot cowboy stede (Abilene, Ellsworth, Wichita, Dodge City, and Caldwell) tussen die jare 1870 en 1885 slegs 45 moorde gerapporteer was – ʼn gemiddeld van 1.5 per veehandel seisoen.[13] In Abilene, kwansuis een van die wildste cowboy dorpe, was niemand vermoor in 1869 of 1870 nie. Trouens, niemand was vermoor tot die aankoms van ʼn regsoffisier nie, wat aangestel was om moorde te voorkom.[14] Slegs twee dorpe, Ellsworth in 1873 en Dodge City in 1876, het ooit vyf moorde in enige enkele jaar gehad.[15] 

Frank Prassel verduidelik in sy boek met die subtitel A legacy of Wet en OrdeLaw and Order – “as enige gevolgtrekking gemaak kan word van onlangse misdaadstatistieke, moet dit wees dat hierdie laaste on-geregeerde front geen betekenisvolle erfenis van oortredings teen persone, relatief tot die ander gebiede van die land, gelaat het nie.”[16] 

Selfs al sou dit die geval gewees het dat die misdaadsyfer hoër was (en dit was nie) moet in ag geneem word dat die voorkeur vir orde kan verskil tussen mense oor tyd en plek. Om te bewys dat die Weste meer “wetteloos” was as wat dit tans is, vertel ons weinig min, tensy daar ʼn sekere maatstaf beskikbaar is vir die aanvraag na “reg en geregtigheid”. “Alhoewel dit mag blyk dat die fronteergemeenskappe gefunksioneer het met vele oortredings van formele wetgewing, het dit partykeer meer korrek die gemeenskap se kulturele gewoontes in konflik met kunsmatige – en soms opervlakkige – vreemde standaarde weerspieël.”[17] Die vigilante komitees wat ontstaan het in baie van die myndorpe van die Weste voorsien uitstekende voorbeelde van hierdie konflikte. In die meeste gevalle het hierdie komitees ontstaan nadat burgerregerings georganiseer was. Hulle het bewys dat kompetisie nuttig was in gevalle waar die regering oneffektief was, soos in die geval van San Francisco in die 1850’s [18] of waar die regering die tuiste van misdadigers geword het wat die wetsmonopolie op dwang gebruik het tot hul eie voordeel, soos in Virginia City, Montana in die 1860’s.[19] 

Selfs in hierdie gevalle was geweld nie die standaard modus operandi nie. Toe die San Francisco vigilantekomitee geherorganiseer het in 1856, het “die groep operasioneel gebly vir ʼn verdere drie maande terwyl die lidmaatskap gegroei het tot meer as agtduisend. Gedurende hierdie tydperk het San Francisco slegs twee moorde op rekord, vergeleke met meer as ʼn honderd in die ses maande voordat die komitee gevorm was.”[20] 

Om te verstaan hoe reg en geregtigheid as dienste voorsien was in die Amerikaanse Weste, draai ons nou na vier voorbeelde van organisatoriese instellings wat na aan die idee van Anargo-Kapitalisme beskryf kan word. Hierdie gevallestudies van (a) Grondeisklubs, (b) Beesboer-assosiasies, (c) Mynkampe en (d) Ossewa-treine verskaf ondersteuning vir die hipotese wat uiteengesit is en bewys dat privaatregte toegepas was en dat chaos nie geseëvier het nie. 

(a) Land klubs:

Land KlubsVir die pionier setlaars wie gereeld in die wildernis ingetrek het (voordat landopmeters dit besigtig het, of dit as oop vir aankope verklaar was deur die federale regering) was die definisie en toepassing van eiendomsregte vir die grond wat hulle geëien het nog altyd ʼn probleem gewees. Hierdie randvestiging of fronteersetlaars (squatters is wat hulle toe genoem was) was buite die perke van die grondwetlike regering. Geen statuut van die regering het hulle regte tot die kleims en verbeterings wat hulle daarop aangebring het, beskerm nie. Volgens die reg was hulle oortreders; in werklikheid was hulle eerlike boere.[21] 

Die resultaat was die skepping van “buite die wet” organisasies vir beskerming en geregtigheid. Hierdie land klubs, of kleim assosiasies soos wat die buite-wettige verenigings bekend geword het, was regoor die middel en Weste van Amerika te vinde, met die Iowa-soort wat die meeste aandag ontvang het. Die historikus Benjamin F. Shambaugh stel voor dat ons hierdie klubs sien as “ʼn illustratiewe tipe van buite-wettige fronteer, ʼn buite-grondwetlike politiese organisasie waarin die beginsels van die Amerikaanse lewenservaring en karakter gereflekteer word.”[22] Vir Frederick Jackson Turner het hierdie “squatter-assosiasies” ʼn uitstekende voorbeeld verskaf van die “mag van die nuut gearriveerde pioniers om saam te werk vir ʼn gedeelde doeleinde, sonder die inmenging van regeringsinstellings”[23] 

Elke kleimsassosiasie het sy eie grondwet en bywette aanvaar, en verteenwoordigers verkies vir die organisatoriese operasies, reëls gevestig vir regsuitspraak van dispute en het die prosedure vir registrasies en beskerming van kleims gevestig. Die grondwet van die Kleimsassosiasie van Johnson County, Iowa, gee insig in een van die min oorblywende rekords van klub operasies. Afgesien van die president, visiepresidente, voorsitter en skriba het die grondwet ook voorsiening gemaak vir die verkiesing van sewe regters, en enige gegewe vyf kon ʼn hof vorm om dispute aangaande grondeise te beslis, en vir die verkiesing van twee “marshals” aan wie die afdwinging van reëls en beslissings opgedra is. Die grondwet het die prosedures gespesifiseer waarby grond eiendomsregte gedefinieer word, sowel as die arbitrasie prosedures vir kleimdispute. Deur die volledige kostes op enige verloorder in so dispuut te plaas, is onnodige sowel as vervalste aansprake vermy. 

Voorbeeld: “In such case of the place and time of holding such court and summons all witnesses that either of the parties may require the court made previous to their proceeding to investigate any case require the plaintiff and defendant to deposit a sufficient sum of money in their hands to defray the expenses of said suit or the costs of said suit, and should either party refuse to deposit such sum of money the court may render judgment against such person refusing to do so.”[24] 

As ʼn sanksie teen die wat nie die reëls van die assosiasie gevolg het nie was geweld ʼn opsie, maar die volgende resolusie toon aan dat veel ligter opsies gebruik was – boikot. 

Voorbeeld: “Dit word hiermee beslis, dat om regmatige grondeise van setlaars effektief te behartig in die gebruike van hul onderskeie woongebiede en om ongerymdhede en ontevredenheid van die inwoners te voorkom, verbind ons onsself gesamentlik om die volgende besluite te eer en streng te volg: Dat ons nie sal assosieer of hulp verleen aan enigeen wat nie die regmatige grondeise en eienaarskap ondersteun nie, dat ons verder ook nie sal handel dryf met diegene wat nie die kleims van setlaars respekteer nie.”[25] 

Die feit die onderskeie grondwette, by-wette en resolusies nie dieselfde was nie toon aan dat voorkeure tussen die “squatters” verskil het en dat hulle alternatiewe vorme van beskerming en geregtigheid beskikbaar gehad het. Die mees algemene regverdiging vir die klubs het as volg gelui: 

“Terwyl dit ʼn gewoonte in die state in die Weste geword het, dat so gou as wat die Indiaanse stamme deur die algemene regering van grond af gedryf is en van titel ontsê is, burgers van die Verenigde State daarop kan vestig en verbeterings daarop aanbring en daarom aanspraak maak op die 1.3 vierkante kilometer ter sprake, en is gerespekteer deur die inwoners en wette van Iowa.” [26] 

Ander regverdiging het “klem gelê op die noodsaaklikheid van beskerming teen onregmatige aansprake, gierige wolwe in menslike vorm”; of die noodsaaklikheid “vir beter sekuriteit teen buiteland- sowel as binnelandse aggressie.”[27] Sekere assosiasies was primêr gevorm vir die doel om “spekulante” wat probeer het om die titel van die land te verkry, te opponeer. Die grondwette van hierdie klubs, soos bewys deur die Johnson County dokument, spesifiseer die hoeveelheid verbeterings wat aangebring moes word voor daar aanspraak op eiendomsreg gemaak kon word. Ander assosiasies het weer spekulante aangemoedig deur geen sulke voorvereistes daar te stel nie. Hierdie vrywillige, buite die wet assosiasies, het beskerming en geregtigheid voorgesien sonder enige ooglopende geweld en het reëls ontwikkel wat konsekwent was met die voorkeure, doelwitte en natuurlike aanleg van die deelnemers. 

Bronne
  • [11] Gilbert Geis, “Violence in American Society,” Current History, Vol. LII (1976), p. 357.
  • [12] Eugene W. Hollon, Frontier Violence: Another Look (New York: Oxford University Press, 1974), p. x.
  • [13] Robert A. Dykstra, The CattleTowns (New York: Alfred A. Knopf, 1968), p. 144.
  • [14] Paul I. Wellman, The Trampling Herd (New York: Carrick and Evans, 1939), p. 159.
  • [15] Hollon, Frontier Violence, p. 200.
  • [16] Frank Prassel, The Western Peace Officer (Norman, Okla.: University of Oklahoma Press, 1937), pp. 16–17.
  • [17] Prassel, Western Peace Officer, p. 7.
  • [18] See George R. Stewart, Committee on Vigilance (Boston: Houghton Mifflin Co., 1964); and Alan Valentine,Vigilante Justice (New York: Reynal and Co., 1956).
  • [19] Thomas J. Dimsdale, The Vigilantes of Montana (Norman, Okla.: University of Oklahoma Press, 1953).
  • [20] Wayne Gard, Frontier Justice (Norman, Okla.: University of Oklahoma Press, 1949), p. 165.
  • [21] Benjamin F. Shambaugh, “FrontierLand Clubs, or Claim Associations,” Annual Report of the American Historical Association (1900), p. 71.
  • [22] Shambaugh, “FrontierLand Clubs,” p. 69.
  • [23] Frederick Jackson Turner, The Frontier in American History (New York: Henry Holt and Co., 1920), p. 343.
  • [24] Shambaugh, “FrontierLand Clubs,” p. 77.
  • [25] Ibid., pp. 77–78.
  • [26] Quoted in Allan Bogue, “The Iowa Claim Clubs: Symbol and Substance,” in V. Carstensen, ed., The Public Lands (Madison, Wisc.: University of Wisconsin Press, 1963), p. 50.
  • [27] Ibid.

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Geskiedenis and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.