Die (nie So Wilde) Wilde Weste: ʼn Eksperiment in Anargo-Kapitalisme – Deel 3

Beesboer Assosiasie

Deur Terry L. Anderson en P. J. Hill 

(b) Beesboer Assosiasies:

Vroeë nedersettings van beesboere het ʼn paar eiendoms konflikte geskep, maar soos wat grond al hoe skaarser geword het, so het privaat, vrywillige handhawingsmeganismes ontwikkel. Aanvanklik was “daar genoeg plek vir almal, en wanneer ʼn beesboer by een of ander vallei aankom en beeste vind wat daar wei het hy aanbeweeg en op ʼn ander plek gaan soek vir weivelde.”[28] Maar selfs “so vroeg as 1868, twee jaar na die eerste groot kudde verskuiwings, het klein groepies eienaars hulself begin organiseer in beskermingsassosiasies en vee-speurders begin aanstel.”[29] Die impak van hierdie assosiasies in die formulering van ʼn “fronteer law” word as volg omskryf deur Louis Pelzer in The Cattlemen’s Frontier:

“Vanuit opeenvolgende fronteer gemeenskappe van die Amerikaanse geskiedenis het die nodige gewoontes, wette en organisasies ontwikkel. Die era van pelshandel produseer die nodige jagters, handelaars en groot pelsmaatskappye; op die myn fronteer kom die afgepende kleims en die vigelante-komitees; die kampvergaderings en die “circuit rider” (dominee wat te perd afgeleë gemeenskappe dien) was aangehoor in die mees verafgeleë uithoeke; op die buitewyke van die beskawing het die setlaars se kleimsklubs die regte van die squatter boere beskerm; die veraf beesboere op groot vlaktes met miljoene beeste, die boereplase, en die beesmaatskappye het lokale distrikte tot stand gebring, sowel as die territoriale en nasionale beesboer assosiasies.”[30]

Ernest Staples Osgood verduidelik dit as volg in The Day of the Cattlemen: “dit was die mislukking van die polisie se mag in fronteergemeenskappe om eiendom te beskerm en orde te handhaaf,” wat dan “oor en oor daarop neerkom dat groepe wat die wil van die regsgehoorsame deel van die gemeenskap verteenwoordig het, summiere geregtigheid aan misdadigers uitgedeel het.”[31]

Net soos die kleim-assosiasies het die beesboer-assosiasies formele reëls opgestel wat hul aktiwiteite sou reguleer, die wyse waarop hulle privaat regte sou afdwing was baie keer meer geweldadig as die handelsanksies van die kleim-assosiasies. Hierdie privaat beskermingsagentskappe was duidelik ʼn markreaksie op die bestaande aanvraag vir die afdwinging van regte.

“Gunslingers” – niks meer as professionele moordenaars nie – het ʼn ekonomiese plek gehad in die wilde weste. Hulle het hul verskyning gemaak waar ook al daar moeilikheid opgeduik het…Soos alle huursoldate het hulle kant gekies vir dies wat hulle die eerste of beste aanbod gemaak het…[32]

Fort_Maginnis_1886

Fort_Maginnis_1886

…Die wanneer, waarom en hoe Bill in die omgewing van Fort Maginnis, eerder by die beesboere aangesluit het as by die veediewe is onbekend, maar Bill het as gevolg daarvan Montana se eerste vee-speurder geword. Oorvertellings uit die tyd stem ooreen dat Bill se keuse nie deur etiek bepaal was nie, maar die vooruitsig van kompensasie. In ieder geval het hy ʼn gehuurde beskermer van eiendomsregte geword en sy opdragte – sowel as sy vee soektogte – met deeglikheid en stiptelikheid uitgevoer.[33]

Die vryemark-gebaseerde orde toepassingsagentskappe van die beesboere was anders as moderne private sekuriteitfirmas, in die sin dat vroeër weergawes nie geskroom het om hul eie wette met geweld af te dwing nie, eerder as om te dien as ʼn soort addisionele sekuriteit tot die regering sin. ʼn Bekommernis wat gereeld geopper word oor hierdie tipe handhawing is dat:

I) Die orde handhawing oneffektief sal wees.

II) Die orde handhawingsagentskappe sal grootskaalse instellings word wat hulle mag misbruik om inbreuk te maak op individuele regte.

Ons het voorheen geargumenteer dat daar weinig rede is om te glo dat die eerste bekommernis geregverdig is. Dit wil ook voorkom asof die tweede bekommernis nie ondersteun word deur die ondervinding van die Amerikaanse Weste nie. Noemenswaardige ekonomieë-van-skaal het nie bestaan in misdaad of in die sekuriteithandhawing industrieë nie. Alhoewel daar talle rekords van sluipmoordenaars was wat hul dienste beskikbaar gestel het, vind ons geen rekord van hierdie sluipmoordenaars wat noemenswaardige sindikate vorm en oorgaan tot selfs meer “winsgewende” praktyke en sodoende ʼn super verdedigingsagentskap skep wat beskerming verkoop en private eiendomsregte totaal verontagsaam nie.

Sommige individue het geswerf tussen diefstal pleeg en los werk hier en daar, en het partykeer los kriminele assosiasies gevorm. Maar dit blyk dat die vryemark vorm van vredebehoud nie hierdie tipe assosiasies aangemoedig het nie, en in teendeel, ernstig en veel vinniger hierdie probleme opgelos het as onder regeringsinstellings.

Daar was ʼn paar groot private sekuriteitsinstellings, veral die Pinkerton Agentskap en Wells Fargo, maar dit blyk dat hierdie agentskappe hoofsaaklik as uitlopers van die regering gedien het en was grootliks gebruik om Staats- en nasionale wetgewing af te dwing. Ander grootskaalse assosiasies, bv. die Rocky Mountain Detective Association en die Anti-Horse Thief Association, was los inligting instellings wat koördinasiedienste verskaf het en dit was baie raar dat hulle op heterdaad swaar straf uitgedeel het.[34]

Mynkampe

(c) Mynkampe

Soos wat die populasie van die VSA gegroei het, was weswaartse uitbreiding onvermydelik, maar daar kan min twyfel wees dat die ontdekking van goud in Kalifornië in 1848 die tempo van uitbreiding versnel het. Duisende mense van die oosterse state het weswaarts gestormloop op soek na die waardevolle metaal en het sodoende hul beskaafde wêreld agtergelaat. Later het dieselfde gebeur in Colorado, Montana en Idaho, en in elke geval was die wie eerste opgedaag het in ʼn situasie in forseer waar hulle die sosiale reëls self moes skryf.

Daar was geen grondwetlike outoriteit in die gebied nie, meeste van die tyd geen regter of polisieman in ʼn duisend kilometer nie. Hierdie setlaars was oorgelaat aan die primitiewe wette van die natuur, dalk slegs in naam met die inherente regte van Amerikaanse burgerskap. Elke uithoek was vol warmbloedige skattejagters en elke kroeg vol prospekteerders….en die dorpserwe het vinnig waardevol geword, regering het ʼn noodsaaklikheid geword.[35]

Die vroeë ontwikkeling van siviele reg uit hierdie proses is die mees benaderende ondervinding tot anargo-kapitalisme in die geskiedkundige ondervinding van die VSA.

Myn Kamp regeringIn die afwesigheid van ʼn formele struktuur vir die definisie en handhawing van individuele regte, het baie van die assosiasie groepe wat hul fortuin kom soek het meeste van hulle reëls gemaak nog voordat hulle hul huise verlaat het. Soortgelyk aan vandag se oprigtings aktes van maatskappye het die toetreding tot hierdie vrywillige kontrakte deur die myners, die finansiële en verhoudingsaspekte tussen die partye gespesifiseer. Hierdie reëls was slegs toepaslik op die myners in die maatskappy en het geen arbitrasies of dispute van buite erken nie; hulle het nie “erkenning gegee aan enige hoër hof as die meerderheidsbesluit van die maatskappy” nie.[36]

Net soos wat Friedman se teorie voorspel het, het die reëls waaronder die maatskappy georganiseer het, gevarieer op grond van hul smake en die behoeftes van die maatskappy. “Wanneer ons die reëls van verskillende maatskappye wat georganiseer het vir die doel om na die myne toe te gaan vergelyk, kry ons aansienlike variasies.”[37] Addisioneel tot die normale interne reëls het die konstitusies van hierdie maatskappy gereeld gespesifiseerde reëlings gehad vir die betaling wat gebruik moes word vir die versorging van die siekes en die wat beseer word, ook was daar persoonlike gedragskodes, insluitende die gebruik van sterk alkohol, asook boetes wat opgelê kon word vir wangedrag, om net ʼn paar te noem.[38] In lyn met die ware aard van die sosiale kontrak, was die heersende reëls van die maatskappy onderhandel en soos in alle marktransaksies het eenstemmigheid geseëvier. Diegene wat ander “bondels goedere” wou koop of ander stelle reëls laat geld het, het daardie alternatief gehad.

Sodra die mynmaatskappye by die potensiële goudvelde aangekom het, was die reëls bruikbaar slegs so ver as wat dit betrekking gehad het op regte van die lede van die maatskappy; wanneer regsbotsings ander individue in die mynkampe ingesluit het, was addisionele onderhandelings nodig.

Die eerste kwessie om kop uit te steek was natuurlik oor die eienaarskap van mynkleims. Terwyl die groepe klein en homogeen was, was dit maklik om die rif of kloof op te deel, maar toe die aantal mense wat na die goudvelde gestroom het, na die derduisende toegeneem het, het die probleme ook toegeneem. Die oplossing was om ʼn massavergadering te hou en komitees aan te stel om wette daar te stel. Gregory Gulch groef in Colorado bied ʼn voorbeeld wat heel algemeen is:

Gregory Gulch

Gregory Gulch

Op 8 Junie 1859 was ʼn Massavergadering van myners gehou, en ʼn komitee was aangestel om ʼn kode van wette op te stel. Hierdie komitee het grense vir die distrik uitgelê, en ʼn burgerlike kode daargestel. Na ʼn sekere aantal samesprekings en verbeterings was die voorstelle eenparig op ʼn massavergadering op 16 Julie 1859 aanvaar. Die voorbeeld was spoedig nagevolg in ander distrikte, en die hele gebied was gou verdeel tussen ʼn menigte van lokalistiese owerhede.[39]

Die kampe kon nie in totale isolasie van gevestigde vorms van regering bestaan nie, maar daar is bewyse dat hulle wel hulle outonomiteit behou het. In Kalifornië was militêre poste gevestig om probleme met die Indiaanse stamme te beperk, maar hierdie regeringshandhawingsorganisasies het geen outoriteit uitgeoefen oor die mynkampe nie. In ʼn besoek aan ʼn Kaliforniese kamp in 1849 het Generaal Riley dit aan die myners gestel dat “alle vrae rakende die tydelike regte van individue om in spesifieke gebiede te werk waarvan hulle in besit was, moet as besluit oorgelaat word aan die plaaslike owerhede.”[40]

Geen burgermeester, raad of vrederegter was ooit op ʼn distrik afgedwing deur ʼn buitestaande mag nie. Die distrik was die eenheid van politieke organisering, in baie streke, lank na die skepping van die staat; en afgevaardigdes van aangrensende distrikte het gereeld ontmoet om met mekaar te konsulteer aangaande grense, lokalistiese regering en om in oop buitelig vergaderings op heuwels of rivierbanke te rapporteer aan die wat hul afgevaardig het.[41]

Verder was die dienste van opgeleide prokureurs in baie van die kampe nie verwelkom nie, en was tot selfs verbied in distrikte soos die Union Mining District:

“Aangeteken, dat geen prokureur toegelaat sal word om regte te praktiseer in die streek nie, met ʼn straf van nie meer as 50 en nie minder as 20 loesings nie, en permanente verbanning uit die distrik.”[42]

Op hierdie manier kon die plaaslike mynkampe ooreenkom oor reëls aangaande individuele regte en oor metodes vir die handhawing daarvan sonder enige dwangmatige reg van die VSA owerhede. Toe wette van buite op die kampe opgelê was, is daar selfs bewyse dat die misdaad syfers toegeneem het in plaas van verminder het. Een vroeë Kaliforniese inwoner skryf byvoorbeeld: “Ons het geen wet nodig gehad tot die prokureurs gekom het nie,” ʼn ander merk weer op, “Daar was min misdaad hier totdat die howe met hul vertragings en tegniese aspekte die plek van myners ingeneem het.”[43]

Alhoewel die mynkampe nie private howe gehad het waar individue hul dispute heen kon vat en betaal vir arbitrasie nie, het hulle ʼn sisteem van geregtigheid ontwikkel deur die mynershowe. Hierdie howe het selde oor permanente offisiere beskik, alhoewel daar gevalle was waar vrederegters permanent aangestel was. Die volksvergaderingsisteem[folk-moot-system] was alom gebruik in Kalifornië. Deur hierdie metode was ʼn groep burgers opgeroep om oor ʼn saak uitspraak te lewer. Vanuit hul midde is ʼn voorsitter , ʼn regter en ses of twaalf persone geselekteer om as jurie te dien.

Meeste van die tyd was hulle uitsprake nie betwis nie, maar daar was alternatiewe maatreëls wanneer onenigheid ontstaan het. In een geval byvoorbeeld waar die myn-hof uitspraak gelewer het tussen twee vennote, het die party wat verloor het ʼn massa vergadering van myners byeengeroep, sy saak en die uitspraak voorgelê en die uitspraak was toe ook later herroep.[44] 

Wanneer ʼn groter groep myners ontevrede was met die algemeneMynkampe 2 uitsprake rakende die kampgrense of individuele kleimdispute, was kennisgewings in ʼn verskeidenheid van plekke opgesit om ʼn vergadering te reël vir diegene was belangstel om die gebied te verdeel. Indien ʼn meerderheid so ʼn verdeling goedgesind was, was die nuwe distrik geskep en ʼn naam gegee. Die ou distrik was nie geraadpleeg oor die verdeling nie, maar het slegs ʼn verbale kennisgewing ontvang van die nuwe organisasie. Plaaslike toestande het verskillende regulasies aangaande kleims wenslik gemaak, en was die hoof oorsaak van sulke afstigtings.[45]

Die natuur van mynwerk sowel as hul omgewing en sosiale toestand, was so verskillend in verskillende plekke, dat die wette en gebruike van myners moes verskil selfs in aangrensende distrikte.[46]

Wanneer dispute opgeduik het en hofsessies bymekaar geroep was, kon enige man in die kamp opgeroep word om as offisier op te tree. Bygesê, enige persoon wat ʼn wetsgehoorsame burger was, kon oorweeg word as aanklaer of verdediger vir die aangeklaagde.

In Colorado was daar bewyse van kompetisie tussen die howe vir besigheidsdoeleindes, en dus ʼn ekstra waarborg dat geregtigheid sal seëvier.

Die siviele howe het spoedig jurisdiksie oor kriminele sake opgeneem en die jaar 1860 het geopen met vier gelyktydige regerings in volle swang. Die mynhowe, burgershof en “Provisional government”(ʼn nuwe naam vir “Jefferson-howe”) het jurisdiksie in die berge onder mekaar verdeel; terwyl die Kansas streeksregering en die “Provisional government” gelyktydig en kompeterend operasioneel was in Denver en die Vallei streek. Wie ook al vriendelik was teenoor watter jurisdiksiemag ook al, het hul dispute daarna verwys. Appèlle was vrylik oor en weer tussen hierdie howe verwys. Historiese dokumente toon die vol gesertifiseerde verklarings en oor en weer verwysings tussen howe met ʼn soort vriendelike informaliteit wat selfs plesierig is om te lees.

Hier word ons gekonfronteer met ʼn ongemaklike feit: daar was sonder twyfel baie minder misdaad in die twee jaar wat hierdie ooreenkomste bestaan het as in die twee wat daarop gevolg het na die staat alleenreg op regsfunksies verkry het.[47]

Hierdie bewyse stem ooreen met Friedman se hipotese dat wanneer wedywering bestaan, howe verantwoordelik sal wees vir hul foute, en die begeerte vir kliente wat besigheid inbring sal dien as ʼn effektiewe kontrole op “onregverdige” besluite en swak regsspraak.

Bronne
  • [28] Ernest Staples Osgood, The Day of the Cattleman (Minneapolis: University of Minnesota Press, 1929), p. 182.
  • [29] Ibid., p. 118.
  • [30] Louis Pelzer, The Cattlemen’s Frontier (Glendale, Calif.: A.H. Clark, 1936), p. 87.
  • [31] Osgood, Day of Cattleman, p. 157.
  • [32] Wellman, Trampling Herd, p. 346.
  • [33] Robert H. Fletcher, Free Grass to Fences: the MontanaCattleRange Story (New York: University Publishers, 1960), p. 65.
  • [34] Prassel, Western Peace Officer, pp. 134–141.
  • [35] J.H. Beadle, Western Wilds and the Men Who Redeem Them (Cincinnati: Jones Brothers, 1882), p. 476.
  • [36] Charles Howard Shinn, Mining Camps: A Study in American Frontier Government (New York: Alfred A. Knopf, 1948), p. 107.
  • [37] Ibid.
  • [38] John Phillip Reid, “Prosecuting the Elephant: Trials and Judicial Behavior on the Overland Trail,” BYU Law Review, Vol. 77, No. 2 (1977), pp. 335–336.
  • [39] Beadle, Western Wilds, p. 477, emphasis added.
  • [40] Quoted in Shinn, Mining Camps, p. 111.
  • [41] Shinn, Mining Camps, p. 168.
  • [42] Quoted in Beadle, Western Wilds, p. 478.
  • [43] Quoted in Shinn, Mining Camps, p. 113.
  • [44] Marvin Lewis, ed., The Mining Frontier (Norman, Okla.: University of Oklahoma Press, 1967), pp. 10–18.
  • [45] Shinn, Mining Camps, p. 118.
  • [46] Ibid., p. 159.
  • [47] Beadle, Western Wilds, p. 477.

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Geskiedenis and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.