Die (nie So Wilde) Wilde Weste: ʼn Eksperiment in Anargo-Kapitalisme – Deel 4

Ossewa trein

Deur Terry L. Anderson en P. J. Hill

d. Ossewa treine:

Die beste voorbeeld van privaat eiendom anargisme in die Wilde Weste was moontlik die organisasie van ossewa treine soos hulle oor die vlaktes beweeg het na California op soek na goud. Die gebied wes van Missouri en Iowa was ongeorganiseerd, ongepatrolleer en buite die monopolistiese jurisdiksie van V.S.A. wetgewing. 

Met die wete dat hulle buite die bereik van enige regstelsel gaan wees op ʼn moeilike reis met al die spanning en probleme wat die ergste karaktertrekke uit mense kan voortbring, het die trekkers hul eie wette en die organisatoriese bemagtiging om dit af te dwing geskep nog voor hulle getrek het.[48] 

Nes die ou seevaders dan in praktyk hul eie “see- wette” geskep het, het die trekkers dan deur onderhandelings “plains law” geskep.[49] In baie gevalle was die resultaat van hierdie onderhandelings die aanvaarding van ʼn kontraktuele grondwet wat losweg geskoei was op die V.SA. se grondwet van die tyd. Om dan die inleiding van die “Green and Jersey County Company” se grondwet as voorbeeld te gebruik: 

We, the members of the Green and Jersey County Company of Emigrants to California, for the purpose of effectually protecting our persons and property, and as the best means of ensuring an expeditious and easy journey, do ordain and establish the following constitution.[50] 

Van hierdie en die ander grondwette wat oorleef het, is dit duidelik dat hierdie nomadiese samelewings ʼn basiese stel reëls gehad het wat gedefinieer het hoe die “spel gespeel sou word” gedurende hul reise. Net soos die reëls van die mynkampe het die ossewa trein grondwette gevarieer op grond van die voorkeure en noodsaaklikhede van elke organisasie, maar baie algemene tendense het tussen hulle bestaan. Meeste van die tyd het die groepe gewag tot na hulle op hul roete was vir ʼn paar dae en uit die jurisdiksie van die Verenigde State. Een van die eerste take was om offisiere te verkies wat dan verantwoordelik sou wees vir die toepassing van die reëls. Vir die Green and Jersey County Company, wat nie eiesoortig was nie, het die offisiere ʼn Kaptein, ʼn Assistent Kaptein, ʼn Tesourier, ʼn Sekretaris en ʼn Wagoffisier ingesluit. 

Die grondwette het ook voorsienning gemaak vir stemreg, reëls vir aanpassings tot die grondwet, verbanning van individue uit die groep sowel as die ontbinding van die maatskappy self. Pligte vir elke offisier was in die algemeen goed gespesifiseerd soos in die geval van die Charleston Virginia Mining Company.[51] Spesifieke reëls was ook daargestel benewens hierdie algemene reëls. Weereens is die Green and Jersey County Company ʼn goeie voorbeeld. 

wagon-train“Ons, burgers en inwoners van die Verenigde State, sowel as lede van die Green and Jersey County Company van emigrante na California; op die punt om ons reis deur terretoriale gebied te onderneem waar die wette van ons gemeenskaplike land nie beskerming bied nie, ag ons dit noodsaaklik vir die beskerming van ons regte om sekere gesonde reëls en regulasies daar stel. Daarom het ons eerstens ʼn grondwet vir onself aanvaar en gaan ons voort om die volgende wette uit te roep en te bekragtig; en daarmee saam die bedoeling om ons land van herkoms se wette te onderhou.”[52] 

Die spesifieke reëls het ingesluit die organisasie van jurie-howe; regulasies vir die Sabbat onderhoud; dobbel en dronkenskap; en boetes vir laksheid met werkstake en veral wagdiens. In sekere gevalle was daar selfs voorsiening gemaak vir herstelwerk aan paaie, brûe en beskerming van ander “openbare goedere”[53] 

Daar is al geargumenteer dat hierdie ordinasies en grondwette van belang is as gidse tot die pioniers se filosofiese konsepte van geregtigheid en sosiale organisasie, maar dat dit ons nie veel help om die praktiese vrae op te los oor hoe misdaad, sosiale wanorde en privaat konflikte tydens die trek en vroeë vestiging hanteer is nie.[54] Nogtans is dit duidelik dat die trekkers onderhandel het vanaf Schelling punte na sosiale kontrakte sonder om te steun op die dwangmatige mag van ʼn regering. Hierdie vrywillige kontrakte het ʼn basis vir sosiale organisasie verskaf. 

Die Schelling punte vanwaar af die individu onderhandel het, het ʼn algemeen aanvaarde stel privaatregte bevat en veral ten opsigte van eiendom. Mens sou kon verwag dat immigrante wat die territoriale jurisdiksie van die VSA met sy vele wette en regulasies aangaande privaateiendomsreg verlaat vir ʼn staatlose bestaan, minder respek vir mekaar se eiendomsreg sou hê. Inaggenome dat hul privaat grondwette en by-wette selde individuele eiendomsregte noem. In sy artikel Paying for the Elephant: Property Rights and Civil Order on the Overland Trail het John Phillip Reid, oortuigend geargumenteer dat respek vir eiendomsreg onontbeerlik was. Selfs wanneer kos so skaars was dat ʼn honger dood ʼn sterk moontlikheid was, is daar min voorbeelde waar pioniers tot geweld oorgegaan het. 

Inderdaad is dit geen oordrywing om te sê dat die emigrante wat weswaarts getrek het bykans nooit hul probleme opgelos het met geweld of misdaad nie. Ons weet van sommiges wat selfs die vleis van dooie perde en beeste geëet het wat selfs wurms gehad het terwyl hulle omring was met gesonde trekdiere wat hulle kon skiet. Die wat vroeg op die trek groot verliese gely het kon terugkeer. Die teleurstelling en verleentheid was vir sommiges baie bitter, nogtans het honderde teruggekeer. Sommiges wat haweloos teruggekeer het, het wel gesteel, maar die meeste het gebedel, en as hulle te trots was het sommiges selfs mense gehuur om namens hulle te bedel. Die meerderheid het werk gesoek en geld geleen om van voor af te begin.[55] 

Die emigrante was sterk eiendoms bewus. Die feit dat daar min melding gemaak word van individuele eiendomsreg in die trekkers se grondwette mag dalk wel ʼn aanduiding wees van die belangrikheid van privaat eiendom Schelling punte. Wanneer misdade teen ʼn persoon of eiendom plaasgevind het, het die regsstelsel wat in die kontrak gespesifiseer was, in werking getree. 

Die reëls van ʼn trek maatskappy van Kannesville, Iowa het die volgende voorsienning gemaak: ʼn Resolusie is opgetrek dat in die geval van enige dispuut wat ontstaan tussen lede van die maatskappy sal dit verwys word na drie arbiters, een gekies deur elke party en ʼn derde wat deur die twee gekies word, wie se besluit finaal sal wees.[56] Die metodes vir die oplossing van regsgedinge het gewissel tussen die maatskappye, maar in bykans al die gevalle was daar een of ander arbitrasie proses gespesifiseer om die regte en eiendom van elke emigrant te beskerm en dit af te dwing.[57] 

Addisioneel tot die definisie en afdwinging van individuele regte was die trekkers ook gekonfronteer met die vraag hoe om dispute wat ontstaan uit kontraktuele besigheid op te los. Vir dieselfde rede dat firmas bestaan om goedere en dienste te produseer, het individue wat weswaarts getrek het die aansporings gehad om dit in die vorm van “firmas” te doen. Skaal ekonomie in die produksie van kos en dienste soos vee versorging en beskermingsdienste teen aanvallende Indiaan stamme het voordele van individuele en kollektiewe aksie moontlik gemaak. Weereens wil dit voorkom of die vryemark goed gefunksioneer het in die verskaffing van verskeie tipes kontraktuele ooreenkomste vir beide produksie en beskerming. 

ʼn Algemene vorm van organisasie op die trek was bekend as die “mess”. Dit werk baie soos aandeel gebaseerde vee-teel ooreenkomste in landbou. Die “mess” het individue toegelaat om insette soos kos, arbeid, toerusting en sommeer uit te “leen” vir gesamentlike produksie tydens die trek. Op hierdie manier het die “mess” dit nog steeds moontlik gemaak om alle eiendom privaat eerder as gesamentlik te besit, anders as in ʼn vennootskap waar eiendom gesamentlik en afsonderlik besit word.fort-laramie-wagon-train

Aangesien “mess” eiendom deur alle lede gebruik kon word was die potensiaal vir interne konflik groot. Wanneer onenigheid dan plaasvind was dit soms nodig om die kontrak te heronderhandel. Indien ʼn nuwe ooreenkoms nie bereik kon word nie, moes die “mess” ontbind word en alle eiendom aan die lede terugbesorg word. Aangesien eienaarskap privaat gebly het, was ontbinding redelik maklik. 

Aangesien daar winste gemaak kon word uit handel van goedere wat gesamentlike insette vereis was dit gewoonlik maklik om te heronderhandel wanneer kontrak skending plaasvind of een van die partye agterkom dat hy sy insette onderwaardeer het. Daar was egter gevalle waar heronderhandeling bykans onmoontlik was soos in die volgende voorbeeld waar een lid geweier het om sy deel van die werk by te dra. 

“Dit was ons gevolgtrekking dat die beste ding wat ons kon doen was om hom uit te koop en hom om sy eie wee te laat gaan wat ons toe ook gedoen het en hom vir sy bydraes $100 betaal. Hy het sy wapen gegespe, sy besittings bymekaar gemaak en in die rigting van die “Prairies” getrek sonder om enigeen van ons te groet.”[58] Terwyl daar vele ander voorbeelde is van “mess” ontbindings is, is daar geen gevalle waar geweld of dwang gebruik was om eiendom van regmatige eienaars te vervreem nie. Wanneer ʼn individu een “mess” verlaat kon hy gewoonlik maklik weer by ʼn ander inskakel. 

Die ander algemene organisasie vorm op die trek roetes was die “joint stock company” ook bekend as ʼn onbeperkte maatskappy waar aandeelhouers wel verantwoordelik kon wees vir verliese maar slegs gelykstaande tot hul aandeel in die maatskappy. In hierdie organisasie vorm dra lede kapitaal by en eiendom word gesamentlik besit. Die “Charlestown, Virginia Mining Company” is ʼn goeie voorbeeld van so ʼn maatskappy en sy grondwet dien as bewys vir die skepping van reëls vir die bestuur van gesamentlike eiendom.[59] Weereens moet dit beklemtoon word dat die reëls vrywillig daar gestel is alhoewel dwang binne die maatskappy gebruik kon word om dit af te dwing. 

Net soos in die “mess” het dispute voorgekom en heronderhandelings was dan nodig. Aangesien eiendom gesamentlik besit was, was hierdie proses ietwat meer gekompliseerd. In die eerste plek kon ʼn individu nie net die maatskappy met ʼn gedeelte van die eiendom verlaat nie. Onttrekking kon gewoonlik slegs voorkom met die toestemming van ʼn persentasie van die lede. Selfs met toestemming, was ontrekking bemoeilik deur die noodsaaklikheid om eiendom te verdeel. In ten minste een geval was die probleem opgelos deur alle eiendom te verdeel en te herorganiseer as ʼn paar “messe”. 

Toe die oorspronklike onbeperkte maatskappy van sestig mans ontbind was daar geen opgetekende notas oor privaat eiendom besit nie. Die eiendom was verdeel in hul toewysing tot reeds bestaande trek eenhede. In die uitvoering van die tweede herverdeling het die kleiner groepe dit moontlik en selfs noodsaaklik gevind om die konsep van persoonlike eiendom toe te pas. Om hul doel te bereik het die mans eerste die gesamentlik eiendom oorgedra vanaf maatskappy/vennootskap na private eiendom. Daarna het hulle kontrakte geheronderhandel om die eiendom dan weer oor te dra na vennootskappe en “mess” eiendom.[60] 

Dit het alles plaasgevind sonder die bestaan van ʼn dwangmatige regsstelsel. 

Miskien is die ontbinding van die Boone County Company nog ʼn beter voorbeeld van Anargo-Kapitalisme in aksie. Toe die 8 kapitale lede van die maatskappy in onversoenbare faksies van 3 teen 5 opbreek was dreigende ontbinding onafwendbaar. Onderhandelinge het vir ʼn geruime tyd voort geduur totdat al die maatskappy se eiendom (en alle eiendom was hier gemeenskapplik besit en nie verdeel nie), verdeel was tussen die twee groepe. 

Wanneer onderhandelings ʼn dooiepunt bereik het oor die onverdeelbaarheid van eenhede en verskille in kwaliteit, is pryse aan die items toegeken en dit deur oor en weer verhandelings opgelos. ʼn $75 eis van die meerderheid groep was egter nog moeiliker om op te los, dit het ontstaan uit die feit dat ʼn passasier op een van die waens, genaamd Abhott, wat slegs twee donkies en ʼn perd besit het, verkies het om sy eiendom te vat en hom by die minderheidsgroep aan te sluit. Die meerderheidsgroep het kompensasie geëis a.g.v. die verdelingsooreenkoms. In hul onvermoë om die dispuut op te los is arbitrasie besleg deur ʼn “privaat hof”. Een regter is verkies deur elk van die twee groepe, uit drie mans wat afsydig en ongeïnteresseerd in die dispuut was, die derde regter is verkies deur die 2 verkose “regters”. Hul uitspraak volg: 

“Ons kan geen rede sien waarom die gemors van 3 mans moet betaal vir die gemors van 5 mans nie, aangesien hierdie ʼn gesamentlike en wedersydse ooreenkoms is om die oorspronklike kontrak te ontbind .Die feit dat Abhott besluit het om by die 3 mans aan te sluit verander nie na ons mening die ooreenkoms van ontbinding waarop gesamentlik besluit is nie, alle partye staan in die selfde verhouding tot mekaar as wat hulle het voor die kontrak aangegaan is. Abhott mag besluit om hom by enige party aan te sluit. Indien hy besluit het om by nie een van die partye aan te sluit nie en hom by ʼn vreemde derde party aan te sluit sou niemand kon dink dat daar ʼn finansiële eis van so ʼn derde party kon wees nie.”[61] 

Die belangrike punt van hierdie voorbeeld is dat toe Boone County Company nie sy oorspronklike kontrak kon heronderhandel nie, het die lede nie tot dwang oorgegaan nie maar op privaat arbitrasie besluit. Die hordes maatskappye wat die Weswaartse trek aangepak het was eksperimente in anargisme en terwyl sommiges nie daarin kon slaag om al die noodgevalle doeltreffend te hanteer nie, het die gemak waarmee lede hul affiliasies kon ontrek en nuwe assosiasies vorm sonder dat wetteloosheid en wanorde heers het die gees van die trekkers uitgebeeld.[62] 

Gevolglik het kompetisie eerder as dwang geregtigheid verseker. 

Terwyl daar vanuit die bostaande afgelei kan word dat die “wagon trains” ten minste in die gees deur anargo-kapitalisme gelei was, moet dit genoteer word dat hul unieke karaktereienskappe bygedra het tot die doeltreffendheid van die stelsel. 

Eerstens was die vraag na openbare goedere nie naastenby so groot as met meer permanente gemeenskappe nie. Die nomadiese natuur van hierdie bewegende gemeenskappe het beteken dat skole, paaie en ander goedere wat in ons samelewing as openbare dienste aangebied word, nie nodig was nie, daarom was daar geen aanvraag dat ʼn “regering” vorm nie. 

Tweedens het die korttermyn natuur van die organisasies beteken dat daar nie tyd was om te organiseer vir die doeleindes van dwangmatige reg nie. Hierdie was “regerings” van noodsaaklikheid eerder as ambisie. Nogtans het die “wagon trains” op die trek roetes dienste van beskerming en regsdienste voorsien sonder ʼn monopolie op dwang, dit het gevolglik kompetisie toegelaat wat reëls geproduseer het, en het nie die wettelose wanorde wat gewoonlik met anargie geassosieer word geproduseer nie.

 Slot opmerkings

 Vanuit die bostaande beskrywings van die Wilde Weste as ʼn anargistiese ondervinding, kan verskeie gevolgtrekkings gemaak word wat ooreenstemmend met Friedman se hipotese is. 

1)     Alhoewel die Wilde Weste op vryemark oplossings staatgemaak het vir die verskaffing van vredebewaarders was dit oorwegend georden. 

2)     Verkillende standaarde van geregtigheid het gedy en verskeie voorkeure vir reëls is deur die mark bewerkstellig. 

3)     Kompetisie in beide die verdediging en toekenning van regsspraak het voordelige uitwerkings. Mark agentskappe het bruikbare maniere verskaf om die doeltreffendheid van regerings alternatiewe te meet. Die feit dat die sentrale regering se monopolie op dwang in daardie tyd nie so ernstig opgeneem was as vandag nie het beteken dat wanneer die regerings se monopolie swak gebruik was, vryemark alternatiewe ontstaan het. 

Selfs wanneer die mark alternatiewe “regerings” gevorm het ( in die sin dat hulle prakties ʼn monopolie op dwang gehad het) was hulle betreklik klein en lokaal met insiggewende wigte en teenwigte. Kliënte kon ter enige tyd so ʼn organisasie verlaat of hul eie beskermings agentskap skep. In die afwesigheid van formele wettige voorskrifte het die firmas ʼn stief wins/verlies vryemark toets deurgegaan en die oorlewingskoers van sulke agentskappe was daarom minder as onder ʼn formele regering. 

Die bostaande bewyse toon aan dat die algehele gevolgtrekking dat kompetisie baie doeltreffend was in die oplossing van die “openbare goedere” probleem in die aanbiedding van wet en orde in die Wilde Weste, korrek is. Dit beteken egter nie dat daar geen dispute was wat mens kan laat twyfel oor die doeltreffendheid van sulke ooreenkomste nie. Twee voorbeelde hiervan in die Wilde Weste moet behandel word. 

Die eerste is die bittere stryd tussen die “Regulators” en “Moderators” in die Republiek van Texas in 1840.[63] Wat begin het as ʼn meningsverskil tussen twee individue in die Shelby distrik het geëskaleer totdat dit ʼn aansienlike hoeveelheid mense in ʼn groot gedeelte van Oos-Texas betrek het. 

In 1839 het ʼn los-georganiseerde groep (later bekend as Moderators) vervalste titelaktes tot grond uitgereik, gemoor en perde gesteel en allerhande wetsoortredings begaan. Om hierdie wetteloosheid teen te staan is ʼn burgerwag komitee op die been gebring onder die naam die “Regulators”. Ongelukkig het slegte elemente wat ook teen die Moderators was hierdie groep geïnfiltreer en hul vergrype in misdaad deur Regulators het later die Moderators begin ewenaar. Die situasie het bly toeneem in kompleksiteit van persoonlike en familie twiste en totale wetteloosheid het geheers tot 1844.[64] Een burger het die situasie as volg verduidelik in ʼn brief aan ʼn vriend: 

In hierdie gemeenskap heers daar ʼn burgeroorlog met al die verskrikking wat daarmee gepaardgaan. Die burgers van hierdie distrik is omtrent gelykop verdeeld tussen die Moderators en die Regulators. Dit is ook nie eens meer vreemd om twee broers te sien wat mekaar opponeer nie, elke man se belange in die distrik word hierdeur geraak.[65] 

Gedurende hierdie tydperk is agtien mans vermoor en heelwat meer gewond of beseer. Die oor en weer gevegte en stryery het eers einde gekry toe president Sam Houston die burgermag uitgestuur het in 1844. Vir watter rede ook al wil dit voorkom of die steuning op nie-regerings vorme van selfbeskikking hier nie heeltemal suksesvol was nie. 

Nog ʼn gewelddadige skermutseling wat in ag geneem moet word is die Johnson County War in Noord Wyoming in 1892. ʼn Groep veeboere en hul gehuurde sekuriteitsmanne het Johnson distrik binne gegaan met die uitdruklike doel om vee diewe, wat hulle geglo het daar bedrywig is, uit te wis. Die burgers van die distrik het gevoel hulle word aangeval deur ʼn buitelandse weermag en in massa gereageer, vir ʼn kort periode het ʼn “oorlog” wel gewoed. In hierdie geval wil dit egter voorkom of die stryd tussen twee legitieme agentskappe van dwang was, die deelstaat en die lokalistiese regering eerder as tussen twee suiwer privaat sekuriteitsagentskappe. Terwyl die aanvallers as ʼn privaat agentskap opgetree het, het hulle die stille goedkeuring van die staat se goewerneur gehad en het daardie goedkeuring gebruik om tussentrede en/of arbitrasie vanaf die federale regering te ontwyk. Die wat onder die leierskap van die Johnson distrik se sheriff gereageer het op die inval, het baie sterk gevoel dat hulle optree in ooreenstemming met die bestaande wette van daardie tyd.[66] Gevolglik bring hierdie insident ons min inligting aangaande die effektiwiteit van vryemark ooreenkomste vir orde voorsienning. 

Ter opsomming wil dit voorkom dat die Wilde Weste in die afwesigheid van formele regering nie so wild was as wat die legendes dit laat voorkom het nie. Die mark het beskerming en arbitrasie agentskappe verskaf wat goed gefunksioneer het, of as ʼn totale vervanging vir formele regering of as ʼn toevoeging tot swak regering. Dit blyk egter dat dieselfde maglustigheid wat probleme skep in regerings ook probleme geskep het in die Wilde Weste. Als was nie altyd vreedsaam nie, veral wanneer dit tekort geskiet het aan Schellingpunte. Dan het wanorde geheers wat gewig verleen aan Buchanan se proposisie dat vir Anargo-Kapitalisme om te werk, daar ooreengekom sal moet word oor die aanvangs of oorsprong regte. Vir wanneer die ooreenkomste egter gehou het, het ons bewys dat Anargo-Kapitalisme ʼn werkbare alternatief tot die staat was. 

Bronne
  • [48] Ray Allen Billington, The Far Western Frontier, 1830–1860 (New York: Harper & Bros., 1956), p. 99.
  • [49] David Morris Potter, ed., Trail to California (New Haven: Yale University Press, 1945), pp. 16–17.
  • [50] Reprinted in Elizabeth Page, Wagon West (New York: Farrar & Rinehart, 1930), Appendix C.
  • [51] Constitution reprinted in Potter, Trail to California, Appendix A.
  • [52] Page, Wagon West, p. 118.
  • [53] Ibid., p. 119.
  • [54] David J. Langum, “Pioneer Justice on the Overland Trail,” Western Historical Quarterly, Vol. 5, No. 3 (1974), p. 424, fn. 12.
  • [55] John Phillip Reid, “Paying for the Elephant: Property Rights and Civil Order on the Overland Trail,” The Huntington Library Quarterly, Vol. XLI, No. 1 (1977), pp. 50-51.
  • [56] Reid, “Prosecuting the Elephant,” p. 330.
  • [57] Quoted in Reid, “Prosecuting the Elephant,” p. 330.
  • [58] Quoted in John Phillip Reid, “Dividing the Elephant: the Separation of Mess and Joint Stock Property on the Overland Trail,” Hastings Law Journal, Vol. 28, No. 1 (1976), p. 77.
  • [59] See Potter, Trail to California, Appendix A.
  • [60] Reid, “Dividing the Elephant,” p. 79.
  • [61] Quoted in Reid, “Dividing the Elephant,” p. 85.
  • [62] Owen Cochran Coy, The Great Trek (San Francisco: Powell Pub. Co., 1931), p. 117.
  • [63] See Gard, Frontier Justice; Hollon, Frontier Violence; and Hugh David Graham and Ted Robert Gurr, eds.,The History of Violence in America: Historical and Comparative Perspectives (New York: Prager, 1969).
  • [64] Hollon, Frontier Violence, p. 53.
  • [65] Quoted in Gard, Frontier Justice, pp. 35–36.
  • [66] See Helen Huntington Smith, The War on the Powder River: The History of an Insurrection (Lincoln, Neb.: University of Nebraska Press, 1966).

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Geskiedenis and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.