Noord, Suid en die Spartane

Amerikaanse Burgeroorlog

Thomas Fleming

 In September 1876 het ʼn bende van agt mans te perd tot in Northfield, Minnesota gery en voortgegaan om die bank op die dorp te beroof. Van die begin af het alles verkeerd verloop. ʼn Kassier het uit die bank uit ontsnap om die dorpsbewoners te waarsku, en sy waarskuwingskote het van die dorpsmense uit hul rus ontwaak. Die mans wat buite die bank moes waghou, het probeer om die ontsnaproete skoon te hou, maar dit was Minnesota, en Nicholas Gustavson kon nie Engels verstaan ​​nie, en is summier geskiet omdat hy geweier het om pad te gee. Aangesien die rowers van Missouri afkomstig was, het hulle waarskynlik nie die moord op “squarehead”(ʼn persoon van Skandinawië) as moord beskou nie, maar met elke sodanige voorval, het die rowers tyd verloor en al meer mense bewus geword van hul teenwoordigheid.

Na afloop van die skietery, was twee van die bankrowers – Clell Miller en William Style, andersins bekend as Bill Chadwell – dood. In die jaagtog wat gevolg het, is Samuel Wells, alias Charley Pitts, deur die spoorsnyers gedood en drie ander gevange geneem: Cole, Bob en Jim Younger. Onderweg na Stillwater staatsgevangenis het ʼn verslaggewer aan Cole gevra waarom hy van so veraf gekom het net om ʼn bank te beroof. “We are rough men,” het die veteraan van die Quantrill’s Raiders geantwoord “and use to violent ways”.

Teen die einde van sy lewe, het Cole verduidelik dat die lewe te moeilik geword het vir die Youngers in Missouri, en hulle het toe besluit om een ​​laaste rooftog uit te voer. Hulle het Northfield gekies, want hulle het te hore gekom dat die bank in besit was van die bates van ene generaal Benjamin Butler – ʼn berugte Rekonstruksiepolitikus, ook bekend as Spoons Butler, as gevolg van sy geneigdheid om inwoners van die Suide tydens die oorlog van hul kosbare silwerware te vervreem.

Laaste foto van die James-Younger bende voor die Northfield bankroof

Laaste foto van die James-Younger bende voor die Northfield bankroof

Twee bendelede wat weggekom het, Frank en Jesse James, het klaarblyklik die Northfield-klopjag beplan om ʼn nuwe gorilla oorlog teen die Noorde voort te sit. Wat ook al die waarheid is agter die legende, dit dui op die sentiment van baie van die inwoners van Missouri 11 jaar ná die einde van die Oorlog tussen die State. Die oorlog, wat vir die res van die land – of liewer lande – in 1861 in Charleston Harbor begin het, het op die Kansas-Missouri grens al so vroeg as 1855 uitgebreek. Die oorlog kan dalk in die algemeen beskryf word as die eerste moderne oorlog, weens die gebruik van gevorderde wapens, loopgraaftaktiek, en veral ideologiese propaganda. Die oorlog in Missouri was egter meer soos die feodale stamgevegte wat beskryf word in die Skotse grensballades en antieke Griekse dramas.

Geskiedkundiges het gesukkel om vrede te maak met die rowwe manne wat saam met kaptein William Clarke Quantrill en Bill Anderson gery het ter verdediging van die vryheid van die Suide. Hulle word tipies uitgebeeld as wrede misdadigers wat enige kans op selfverryking by die eerste geleentheid aangegryp het. Op daardie tydstip was daar egter Missouri koerantmanne, soos John Newman Edwards, wat sulke rowers as mitiese helde beskou het. In die Kansas City Times (27 September 1872), beskryf Edwards die manne wat die Kansas City Fair beroof het in 1872 as “three bandits…come to us from the storied Odenwald, with the halo of medieval chivalry upon their garments.”

Soveel as wat ek dit haat om dit te erken, was daar geen stralekranse op Frank en Jesse James nie, maar om hul karakter en gedrag te verstaan ​​gedurende die lang oorlog teen die Yankees – ʼn oorlog wat eers werklik geëindig het met Frank se vryspraak in 1884 – vereis ʼn historiese verbeelding wat nie deur die Victoriaanse vooroordele van die 1870’s of die post-moderne sentimente van tans, besmet word nie. Die behoorlike historiese en kulturele konteks vir die James’s en Youngers is nie die Kansas-Missouri grens in die 19de eeu se Amerika nie maar veel eerder die Anglo-Skotse grens in die tyd van die Skotse grens-ballades. “Fight on, fight on, my merry men al” gil die Skotse bendeleier Johnnie Armstrong met sy laaste lewensasem uit en hierdie veggees was selfs nog sterker in die suiwer Keltiese gebiede van Skotland en Ierland.

Die “Clansman” se lojaliteit was aan sy stam of volk eerder as aan iets so ver verwyderd as ʼn koning en nog minder aan iets soOnafhanklike Skotland onpersoonlik en korrup as ʼn staat. In 1575 het Sorley Boy McDonnell toegekyk hoe Elizabeth se bevelvoerder, die graaf van Essex, die McDonnell- vroue en -kinders wat op Rathlin Island gestrand agter gelaat was, doodgemaak het. In ʼn brief aan sy minnares, het Essex hom daaraan verlekker: “Sorley . . . was likely to run mad for sorrow, tearing and tormenting himself . . . and saying that he then lost all he ever had.”

Hierdie ruwe gees van heldhaftigheid en lojaliteit aan stam – veral die vroue van die stam – is egter glad nie beperk tot die Skotte nie. Aan die begin van ons beskawing ontmoet ons ʼn volk van krygers wat dalk maklik by die manne van Missouri sou aangesluit het op hul noodlottige ekspedisie na Minnesota. Die cliché dat die Grieke ʼn woord het daarvoor, werk werklik in die geval van die triomfantlike gees wat die held aanwakker: Homer gebruik die woord Charme, ʼn woord wat uit sy afleiding in iets soos geluk of welsyn behoort te beteken, om die vreugde van die geveg aan te dui.

Van die begin af is die Grieke se houdings ten opsigte van oorlog dubbelsinnig. Hulle het die gruwels van oorlog al te goed geken: Die verloorders het die vernietiging en geplunder van hul hele wêreld in die gesig gestaar, en terwyl ʼn man in ʼn geveg kon sterf, was ʼn veel erger lot vir die vrouens en kinders wat as slawe weggevoer was ʼn sterk moontlikheid. ʼn Groot deel van die mees bekende Griekse literatuur is dramas wat in die vyfde eeu voor Christus in Athene geskryf was, ʼn tydperk van aanhoudende oorlogvoering; en die dramas van Aeschylus, Sophokles, Euripides en Aristophanes is deurspek met veroordelings van oorlog, wat, in die woorde van Sophokles, altyd brawe manne dood net om die lafaards te spaar.

Voorstelling van die mitiese Trojaanse perd

Voorstelling van die mitiese Trojaanse perd

Niemand het ʼn beter werk gedoen as Euripides om die gruwels en onsedelikheid van imperiale verowering uit te beeld nie. In die drama was Hecuba, die Koningin van Troy, uiters gelukkig met haar man en kinders, “maar…” voeg sy by: “Ek het my seuns sien val onder die Griekse spies en my hare op hul grafte gesny. Hul vader Priam, het ek nie onbeheerd betreur met die aanhoor van sy dood nie, maar met my eie oë moes ek die menseslagting sien en my stad wat gevange geneem word. Die ongetroude dogters, wat ek grootgemaak het vir prinslike huwelike, het ek verpleeg vir die vreemdelinge wat hulle uit my arms geskeur het.” Maar as die prys van ʼn nederlaag so verskriklik is, dan moet dit eerbaar wees om op te staan ​​en te veg vir familie en vriende. In dieselfde tragedie (Die Trojaanse Vroue) vertel Cassandra dogter van Hecuba vir die Griekse boodskapper dat die verowerde Trojane veel beter daaraan toe is as die Grieke, wat “toe hulle by die oewer van die Scamander rivier gesterf het, nie hul grense en hulle hoë torings verdedig het nie. Wie deur die oorlogsgod Ares gedood is, is nie deur hul kinders gegroet nie en is nie behoorlik deur hul vroue uitgelê vir hul begrafnis nie. Hulle lê in koue vreemde grond.” Die Trojane, aan die ander kant, “het in die eerste plek vir hul eie land geveg, die beste ding wat van enigiemand gesê kan word, en hul vriende het hulle in die skoot van hulle voorvaderlike grond begrawe.”

Herodotus vertel die verhaal van Solon die Athener se besoek aan die hof van Croesus. Wanneer die ryk koning Croesus van Lydia vir Solon vra wie die gelukkigste man op aarde is, dinkende die antwoord is Croesus, vertel die Athener hom dat ene Tellus van Athene die gelukkigste man op aarde is, ʼn doodgewone man wat geleef het in ʼn tyd toe sy stad floreer het, twee pragtige kinders gehad het, en na ʼn voorspoedige lewe gesterf het terwyl hy sy land verdedig het.

Herodotus skryf in die tyd ná die oorloë met Persië, waarin die Atheners en die Spartane bewys het dat ʼn klein aantal mans wat vry is, ter verdediging van hul stede, selfs die grootste militêre mag wat die wêreld ooit geken het kon afweer. Een veteraan van die Persiese oorloë dig hierdie woorde toe aan die Grieke toe hulle die massiewe Persiese vloot tegemoetkom by die slag van Salamis: “Seuns van die Grieke, gaan en bevry jou vaderland, en bevry jou kinders, en die heiligdom van jou voorvaderlike gode, en die grafte van jul voorvaders. Nou is die wedstryd vir alles.” Let op hoe die klem in elke sin op verwantskap val. Hierdie manne by Salamis is nie net Grieke nie, maar ook seuns van die Grieke, want hulle is skakels in ʼn ketting wat hulle met hul voorvaders en met hul eie kinders verbind sowel as met die gode van hul voorouers.

Hoekom is dit ʼn wedstryd? Want vir die antieke Grieke was oorlog die enigste werklike sport en al die mindere sportsoorte – hardloop, perdry, stoei, spiesgooi – was bloot opleidingsoefeninge ter voorbereiding vir die ware Jakob. Wanneer die Persiese koning Ahasveros spioene uitstuur om uit te vind wat die Spartane by die pas van Thermopylae besig was om te doen, berig hulle terug dat sommige besig was met gimnastiekoefeninge, terwyl ander hul hare uitkam.Spartane by die pas van Thermopylae Dit word eers later aan die Perse verduidelik dat die Spartane altyd hul hare uitkam voor hulle die dood in die gesig staar, maar die Perse wis nie van Olimpiese spele tot heelwat later nie. Toe Arkadiese drosters aan die Perse verduidelik dat die Grieke wat bedreig word met totale uitwissing – vir die Olimpiese spele oefen waar mans tot die dood baklei en die enigste prys ʼn krans van wilde olyfblare is. Met die aanhoor hiervan roep een van die Perse uit “Goeie genade watter soort mans het u ons gebring om teen te veg – mans wat nie baklei vir geld nie, maar vir eer.”

Soos alle groot sportmanne, was Griekse vegters trots op hul sportuitrusting. Die digter Alcaeus put estetiese genot daaruit om wapens uit te beeld: “Die groot saal is blink in brons en die stutte is uitgedos met blink valhelms, hul perde hare knik af . . . bronsbeelde bedek die penne waaraan hulle hang . . . vars linneharnasse en hol skilde is gestrooi oor die vloer, en by hulle is swaarde gemaak van Chalcis(koper en brons mengsel) en baie gordels en leerdekvelle.” Die toneel – en die hele atmosfeer van die stuk – lyk soos ʼn kleedkamer voor ʼn sportwedstryd.

Voorstelling van ʼn Spartaanse offisiershelmet

Voorstelling van ʼn Spartaanse offisiershelmet

Die Spartaanse digter Tyrtaeus, se aansporing van sy medeburgers om te veg, kan net sowel ʼn rugbywedstryd beskryf: “Laat die soldaat sy voete uitmekaar laat staan met beide hakke in die grond, sy lip met sy tande vasbyt . . .  Laat hom veg teen die man wat teenoor hom staan, met voet teen voet, skild teen skild, valhelm teen valhelm.”

Die kryger wat hy hier beskryf is die gepantserde infanteris bekend as die Hoplite. In vroeër eeue was die belangrikste krygers individuele edele krygers wat meestal in lomp tweegevegte betrokke geraak het soos beskryf deur Homer. Die bekendstelling van Hoplite-oorlogvoering verteenwoordig meer as net ʼn militêre rewolusie, want dit beteken dat die middelklasse – wat hul eie wapens kon bekostig – die noodsaaklike kern van die stad se verdediging en van die stad se sosiale en politieke struktuur kon vorm. Hoplite-oorlogvoering bring met dit saam uitgebreide politieke mag, want as grondeienaars het hulle geweet dat roekelose imperialisme waarin die Atheense demokrasie betrokke geraak het, lei tot massiewe vernietiging van hul landbougebaseerde ekonomie.

hector teen achilles

Aksie toneel uit die film Troy: Hollywood films is beslis nooit histories korrek of objektief nie, maar dit is na als ook nie hul doel nie en hulle slaag wel soms om die milieu van ʼn sekere tydperk te laat herleef

Die Griekse teenstrydige houding teenoor oorlog word deur hul twee gode van oorlog gesimboliseer: Ares, wat roekelose slagting verteenwoordig, en Athena, die verdediger van stede. Ares word in die Ilias uitgebeeld as ʼn bloeddorstige, maar uiteindelik onbetroubare vegter wat in staat is om sy alliansie te verskuif, terwyl Athena standvastig is, haar kampioene inspireer met moed om hul kamerade, hul families, en hul stede te verdedig. Homer se prins van Troy, Hector, toon beide kante van oorlog. Wanneer hy hom in die gees van die geveg bevind, kan Hector – soos Achilles en Ajax – ʼn sterk natuurkrag verteenwoordig, maar in sy peinsende oomblikke van nabetragting besef Hector egter dat hy sal sterf in ʼn vergeefse stryd, maar sy erekode laat hom nie toe om op te hou nie: “Ek vrees die straf wat die Trojane sal tref as ek soos ʼn lafaard van die oorlog moet onttrek, en my hart laat my dit nie toe nie, want ek weet hoe om dapper te wees en altyd in die voorste linies te baklei, om eer vir my vader en myself toe te eien.”

Die mense van die Suide het op die harde manier die gruwels van oorlog leer ken. Die ellende van na-oorlogse onderdrukking was byna so gevorderd soos Homer se Trojane – die ware slagoffers van Atheense imperialisme, maar in die vroeë dae van die oorlog het baie van die Suide se manne lighartig by die weermag aangesluit. Regoor die Suide was daar optogte en patriotiese seremonies, met redenaars wat ʼn glorieryke, maar maklike oorwinning oor die bedeesde Yankees belowe het.

Sommige manne in die Suide het oorlog toe gegaan met soveel gretigheid as wat hulle vir ʼn tweegeveg sou instem; albei was na alles sake van eer. Die tweegeveg het beide voor en na die oorlog nog in die Suide floreer, en die Noorde se weiering om die onafhanklikheidsverklaring te aanvaar kan beskou word as ʼn tweegeveg uitdaging. Soos wat Bertram Wyatt-Brown waarneem: “If honour had meant nothing to men and women . . . there would have been no Civil War.” Baie mense in die Suide het diensplig verag, maar nie omdat hulle nie bereid was om te veg nie, maar omdat hulle die eer wou hê om te gaan veg as vrye mans.

Terwyl nugterdenkendes, soos Jefferson Davis en kol. Robert E. Lee moontlik kon waarsku teen ʼn lang en bloedige konflik, was baie jong manne bang dat die oorlog verby sou wees nog voordat hulle deel kon wees daarvan. In sy herinneringe, beskryf generaal John B. Gordon die rebellie wat uitgebreek het toe die goewerneur van Georgia ʼn telegram gestuur het om die “Raccoon Roughs” opdrag te gee om huis toe gaan: “These rugged mountaineers resolved that they would not go home; that they had a right to go to the war, had started for the war, and were not going to be trifled with by the governor or anyone else.”

Burgeroorlogdagboeke en briewe kan melancholiese leesstof wees, maar hulle word ook aangevul met verhale van pret en praktiese grappies. Kol Leonidas Lafayette Polk skryf huis toe, en neem kennis dat hy vernoem is na die beroemde Spartaan. “You can excuse this bad writing and the matter, too, when I assure you that about 100 boys are frolicking and playing hotjacket all around me. This is more high spirits than Greek athleticism, but if you will read the accounts of cavalry raids staged by Stuart, Mosby, and Morgan (to say nothing of the wild exploits of Quantrill’s young pistol shooters), you will come away with the impression that some of the men were having the time of their lives.”

Wanneer mense van die Suide probeer het om die redes vir die oorlog te verduidelik, het hulle dikwels teruggeval na parallelle met die eerste oorlog vir Amerikaanse onafhanklikheid. Die geskiedenis van daardie oorlog was nie bloot net ʼn rekord van legendariese gebeure nie; dit is oorgedra van pa na seun. Amerikaanse onafhanklikheid was ʼn familie nalatenskap eerder as ʼn abstrakte stel wette. Lighthorse Harry Lee, die vader van Robert E. Lee, was die mees bekende ruiter wat onder George Washington gedien het, en dit was sy seun wat sy oorlogsdagboeke geredigeer het vir publikasie. Gedurende Robert E. Lee se loopbaan, het generaal Washington gedien as rolmodel vir sy eie karakter en as ʼn gids vir sy kritieke besluite. Sy bedankingsbrief uit die Amerikaanse weermag eggo Washington, en deur Lee bevelvoerder van die Virginia magte te maak het die president van die Virginia State Konvensie dan ook afgesluit met ʼn aanhaling van Washington wat die sentimente van die meeste mense in die suide eggo: “When the Father of his country made his last will and testament, he gave his swords to his nephews with an injunction that they should never be drawn from their scabbards, except in self-defence, or in defence of the rights and liberties of their country.”

Hierdie hoëdenkende vergelyking met Amerika se stigting was nie beperk tot die leiers van die Konfederasie nie. James McPherson, het in ʼn baie onlangse boek, bevind dat sodanige patriotiese motiewe voorkom in twee-derdes van die soldate wie se dagboeke en briewe hy geraadpleeg het. ʼn Alabama-korporaal wat by Gettysburg gevange geneem is, het gesê hy het geveg vir “the same principles which fired the hearts of our ancestors in the revolutionary struggle” en ʼn Missouri-luitenant wat gewond is by Pea Ridge het geskryf dat indien hy sou sterf, hy dit sal doen: “fighting gloriously for the undying principles of Constitutional liberty and self-government.”

Beide partye in die oorlog het verhewe en edele motiewe aangevoer, maar daar was ʼn baie groot verskil: Die Suide het op eie bodem baklei ter verdediging van hul mense, terwyl die Noorde – hoe edel ook al hul uiteindelike doel – ʼn oorlog van aggressie gevoer het. McPherson verwys na ʼn Texas-soldaat in 1864, wat die volgende onderskeid maak: “We are fighting for matters real and tangible . . . our property and our homes . . . they for matters abstract and intangible ”. Selfs ʼn paar in die noorde het saamgestem, soos ʼn Illinois-offisier aan sy vrou verduidelik het: “They are fighting from different motives from us. We are fighting for the Union … a high and noble sentiment, but after all a sentiment. They are fighting for independence and are animated by passion and hatred against invaders.”

Die slagspreuke van die politici in die Noorde en die heilige kruistog om slawerny te beëindig het ʼn besliste Jakobynse nadraai wat sedertdien opgespoor kan word in alle Amerikaanse oorlogspropaganda. ʼn Oorlog om alle oorloë te stop, oorloë om demokrasie te verdedig, oorloë om kommunisme in bedwang te hou, ʼn Oorlog om naziïsme te stuit en selfs ʼn oorlog om die regmatige monargie op die troon van Koeweit te herstel. Wat nie gehoor word nie, is egter die ou oproep van Salamis, om hul huise, kerke, en grafte teen ʼn indringer te verdedig. Maak nie saak hoe die mense in die Suide gevoel het oor sesessie of slawerny nie, die leër van opportunistiese sprinkane wat op hul land neergesak het, het almal, behalwe die mees hardnekkige Unie ondersteuners se woede aangegryp.

In die Shenandoah Vallei, het kol. John Singleton Mosby ʼn groep

Binne 20 jaar na die burgeroorlog het kunstenaars voorstelling van veldslae baie gewild geraak hierdie een: die veldslag van Okolona – waar Generaal Bedford Forrest met 2500 berede man die Unieweermag onder Generaal Smith met 7000 berede man verslaan het.

Binne 20 jaar na die burgeroorlog het kunstenaars voorstelling van veldslae baie gewild geraak hierdie een: die veldslag van Okolona – waar Generaal Bedford Forrest met 2500 berede man die Unieweermag onder Generaal Smith met 7000 berede man verslaan het.

van 30 Yankee soldate ingehaal wat besig was met strooptogte en die afbrand van lojale inwoners van Virginië se huise. Mosby se manne het 29 van die 30 doodgemaak – die een oorlewende was ʼn ongeluk. Die Noorde was geskok: Om oorlog te maak teen burgerlikes is ʼn regverdige en verligte praktyk van die beskawing, dis die moord op soldate wat immoreel is.

Euripides het in sy oorlogsverhoogstukke klem gelê op die lyding van vroue, wat verarm is, verneder is, weduwee gelaat is, en of verkrag is deur ʼn invallende leër. Moderne mense, wat dalk na vroue kyk óf as ekonomiese mededingers óf as begeerbare modelle, sal dit moeilik vind om die ridderlike kommer vir vroue te verstaan wat tot baie onlangs nog in die Suide bestaan het. Met die aanvaarding van ʼn Konfederale vlag van ʼn groep dames, het ʼn eenheid van Mississippi College Rifles verklaar: “We prize this flag, ladies, not so much for its intrinsic worth, but for the sake of those who gave it . . . its every fold shall tell… of the fair form that bent over it and the bright eyes that followed the fingers as they plied the very stitch; and its every thread shall be a tongue to chant the praise of woman’s virtue and woman’s worth.” Dieselfde Texas-soldaat wat gesê het dat hy baklei vir iets tasbaar, het na die ontmoeting met twee pragtige dames wat blomme in die loop van sy geweer gesit het, aan sy ouers geskryf dat hy uiteindelik die geheim van die oorlog ontrafel het: “By George we are fighting for the women.”

Sommige Yankee offisiere en manskappe, wat hierdie ridderlike sentimente gedeel het, het die vroue van die suide met eer en respek behandel; maar die uitsonderings was so algemeen dat dit die Unie Weermag ʼn vrotsige reputasie gegee het. Sherman se leeglêers, wat op die weerlose vroue en kinders van Georgia en Suid-Carolina losgelaat is, het alles wat hulle nie dadelik kon eet of steel nie verbrand. As die vroue die Yankees geïrriteer het deur te kla oor die diefstal van die familiesilwer, is hulle terugbetaal deur gedwonge toe te kyk hoe hulle huise afgebrand word. Toe ʼn Russiese Kosak-kolonel (een van daardie immigrante wat so baie bygedra het tot ons samelewing) aanstoot geneem het vir wat hy as minagting beskou het deur die mense van Athene, Alabama, het hy die dorp omgekeer en is later deur sy eie soldate uitgeskop. Laasgenoemde is toegelaat om na willekeur te brand, plunder en verkrag. Ten spyte van sy skuldigbevinding in ʼn krygsraadverhoor onder leiding van James Garfield, is kol. Turchin weer deur President Lincoln heraangestel.

Miskien was die mees berugte mishandeling van vroue in die Suide – generaal Benjamin Butler – bekend as Picayune Butler vir sy grootte, asook spoons Butler en Beast Butler vir sy algemene bevel “that hereafter when any female shall, by word, gesture or movement, insult or show contempt for any officer or soldier of the United States, she shall be regarded and held liable to be treated as a woman of the town plying her avocation.” Toe die Britse Lord Palmerston van hierdie bevel te hore kom, het hy gesê: “An Englishman must blush to think that such an act has been committed by one belonging to the Anglo-Saxon race.” In Baton Rouge Louisiana het die 20-jaar-oue Sarah Morgan, met die aanhoor van Palmerston se reaksie, ook gewonder watter soort mans hierdie Yankees was: “O Free America! You who uphold free people, free speech, free everything, what a foul blot of despotism rests on a once spotless name! A nation of brave men, who wage war on women, and lock them up in prisons for using their woman weapon, the tongue.” In haar veroordeling van “a nation of free people who advocate despotism” het die jong Sarah ook opgemerk: “the extraordinary care they take to suppress all news excepting what they themselves manufacture.”

Baie van die Noorde se versinde nuus, laakbare leuens en gruwelstories was oor rebellesoldate wat dokters doodsteek wanneer hulle probeer het om hul lewens te red, slagtings van burgerlikes, ens. Die groot gruwelverhaal wat graag in die noorde aangehaal was, was die sogenaamde “slagting” wat plaasgevind het toe Bedford Forrest die fort Fort Pillow bestorm het. Volgens ʼn hoofartikel in die New York Tribune, wat herhaaldelik in die Kongres verhore na die oorlog genoem was, was Forrest daarvan beskuldig dat hy sy manne aangespoor het om – vroue en kinders te vermoor, – gewonde mans wat nog lewe te verbrand, en die lewendes saam met die dooies begrawe het.

Die waarheid agter al hierdie stories is dat baie van Forrest se soldate deel was van families wat in die oorlogsgeteisterde gebied gedwing was om die arrogansie van Unie-soldate te verduur, sowel as voormalige slawe en die plaaslike Unie ondersteuners wat hulle “tuisgemaakte Yankees” genoem het. Die Yankee-verdedigers, wat straf gedrink het, het die rebelle getreiter, en in die rebelle se oomblik van oorwinning het hulle die geleentheid vir private wraak gesien. Toe gen. Forrest, wat laat op die toneel opgedaag het, besef het wat aangaan, het hy sy bes probeer om dit te stop.

Die ander berugte verhaal van gruweldade deur die Suide was die aanval op Lawrence, Kansas. Die gruwels was eg genoeg. Quantrill het aan sy manne bevel gegee: ” Kill every man big enough to hold a gun”. In die praktyk het dit enigiemand 14 jaar en ouer beteken. Maar hoekom? In die eerste plek was Quantrill se manne gedwing om onder die swart vlag te baklei, omdat die Unie-weermag hulle as misdadigers eerder as soldate gereken het (Mosby het dieselfde behandeling ontvang.) In praktyk het dit beteken dat hulle nooit krygsgevangenis geneem sou kon word nie en indien gevang onmiddellik tereggestel sou word. Meer spesifiek was Lawrence die tuiste van die ergste Kansas Jayhawkers, manne soos Kongreslid Jim Lane, wat gereeld diefstal ekspedisies oor die grens na Missouri gelei het. Maar die belangrikste rede was brigadier-generaal Thomas Ewing se besluit om die vroulike familielede van die manne wat hulle daarvan verdink het om Konfederale guerrillas te wees, aan te keer en te interneer. Hulle was na Kansas City geneem, en baie van die vroue is opgesluit in ʼn vervalle gebou en Ewing was herhaaldelik verwittig dat die gebou onveilig was. Toe die gebou ineengestort het, en die dood van vier vroue veroorsaak het, en baie ander vermink het, het Quantrill en sy luitenante besluit om wraak te neem. John McCorkle, wie se suster een van vier vroue was wat vermoor was in Kansas City, het namens Quantrill se manskappe gepraat toe hy gesê het: “We could stand no more.”

Reünie van Quantrill’s Raiders die gorilla vegters tydens die oorlog bekend as die “Pro-Confederate Bushwhackers”. Die berugte bankrower Frank James sit middel voor.

Reünie van Quantrill’s Raiders die gorilla vegters tydens die oorlog ook bekend as die “Pro-Confederate Bushwhackers”. Die berugte bankrower Frank James sit middel voor.

Kaptein Bill Anderson was totaal van stryk gebring deur hierdie gebeurtenis, waarin een van sy susters dood en ʼn ander beseer is. Dit was met die aanval op Lawrence wat Anderson die bynaam “Bloody Bill” verdien het, maar nie Anderson, of enige van die ander guerrillas het ooit ʼn hand op die vroue van Kansas gelê nie. In plaas daarvan dat die Yankees medemenslikheid uit hul foute leer, het Thomas Ewing sy beroemde General Order 11 uitgereik wat die onmiddellike geforseerde ontruiming van alle Missouri-families uit die grensgebied beteken het, waar hul huise geplunder en afgebrand is deur die Kansas-troepe. Vir jare daarna was dit bekend as “The Burnt District.”

1901 - Die laaste bekende jaarlikse veteraan reünie van Cherokee Indiane wat in die Amerikaanse burgeroorlog baklei het meestal aan Konfederale kant, die oorlog verteenwoordig ook hul laaste oorlog vir groter territoriale vryheid.

1901 – Die laaste bekende jaarlikse veteraan reünie van Cherokee Indiane wat in die Amerikaanse burgeroorlog baklei het meestal aan Konfederale kant, die oorlog verteenwoordig ook hul laaste oorlog vir groter territoriale vryheid.

Frank James en Cole Younger was by die gevegte by Lawrence betrokke, en toe die oorlog verby was, het die Youngers en Jameses dit moeilik gevind om ʼn normale lewe te hervat. As die stories waar is, was Frank se broer Jesse ernstig gewond terwyl hy probeer het om oor te gee aan die Yankees. Tydens die oorlogsjare, het Quantrill en Anderson Yankee-banke beroof as ʼn manier om hul oorlogsbedrywighede te finansier, en ʼn paar van die jong seuns het geen rede gesien om op te hou met ʼn beroep waarin hulle so pas begin spesialiseer het nie. Hulle het selfs treine beroof, ʼn gewoonte wat die spoorweë wat aan Yankees behoort het, afgekeur het, en wat die Pinkerton Speuragentskap gehuur het om die misdadigers op te spoor en dood te maak. Die speurders het nie daarin slaag om die James-broers op te spoor nie, maar hulle het hul ma se huis op 26 Januarie 1875 aangeval deur ʼn soort brandapparaat deur die venster te gooi. Die gevolg was ʼn ontploffing wat Frank en Jesse se nege-jarige half-broer gedood het en die grootste deel van hul ma se regterhand afgeskiet het. Daar was daardie tyd diegene wat dit moord genoem het, sommige het selfs gekla toe die goewerneur van Missouri een van Jesse se manne omgekoop het om hom te vermoor. Terwyl Jesse onder die skuilnaam Mr. Howard geleef het is hy van agter geskiet deur Robert Ford. Vandaar die lirieke in die Ballade van Jesse James “the dirty little coward that shot Mr. Howard and laid poor Jesse in his grave.”

Strokiesprentboeke van die James-Younger bende het begin verskyn terwyl hulle nog banke beroof het tussen 1921 en 2007 het Hollywood 27 films oor die bende uitgereik.

Strokiesprentboeke van die James-Younger bende het begin verskyn terwyl hulle nog banke beroof het tussen 1921 en 2007 het Hollywood 27 films oor die bende uitgereik.

Wat het al hierdie kriminaliteit en misdade met oorlog te make, nog minder met oorlog soos dit verstaan was ​​deur Homer en Euripides? Alles! Met Odysseus se terugkeer na Ithaca na 20 jaar, vind hy uit dat sy vrou beleër word deur mense wat vir niks sal stuit om by haar eiendom uit te kom en haar persoonlik in te doen nie – hulle het selfs saamgesweer om haar seun te vermoor. Odysseus, in die mooiste toneel van alle klassieke literatuur, maak genadeloos elke een van hulle dood, wetend dat hy verbete familietwiste met hul families in die gesig staar. Die enigste oorlog wat die moeite werd is om in te veg, is ʼn oorlog ter verdediging van jou vrou, jou kinders, jou ouers en jou huis: “ For how can man die better than facing fearful odds, for the ashes of his fathers and the altars of his gods?”

Ons as onwillige onderdane van die staat weet maar al te goed dat oorlog inderdaad “die gesondheid van die staat” is en vir elke magsvertoning wat die staat oorsee of tuis sy spiere voor mag bult, word dit geëwenaar deur soortgelyke vertonings wat die vryhede en regte van die bevolking laat krimp. In 1875 het ʼn korrupte regering Pinkerton-agente georkestreer om ʼn huis in die naam van wet en orde te bombardeer met brandbomme. In 1994 was dit die hoogste regsbeampte van die V.S.A. wat die tenks ingestuur het teen die volgelinge van David Koresh. Wanneer die Pinkertons die moderne staat besit en bedryf is dit hoogtyd vir almal om te besef dat daar altyd ʼn virtuele oorlogstoestand bestaan tussen die staat en die mense. As hierdie soos paranoia voorkom dames en here, laat ons dan die meeste daarvan maak.

Advertisements

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Geskiedenis and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.