Die Ongeregtigheid van Sosiale Geregtigheid

Sosiale geregtigheid1

Deur Ben O’Neill

Elke af en toe kom iets te voorskyn wat die idee van sogenaamde “sosiale geregtigheid” perfek uitbeeld en vir al die uitmuntende referate wat al geskryf is om dit as kaf af te skiet[1], kom hulle nie naby aan die elegante simplistiese video van ʼn paar voorstanders van die idee nie. Ek verwys na ʼn video wat gemaak is vir die “World day of Sosial Justice” waar studente en onderwysers gevra word om die volgende sin te voltooi:

Almal het die reg op _____________.

Die video is ʼn kleurvolle montage van moontlike antwoorde op die vraag, terwyl rustige musiek in die agtergrond speel. Elke deelnemer het dan hul antwoord op hul hande, arms of bene geskryf. Die antwoorde sluit allerhande begeerlike dinge in vanaf kennis, geregtigheid, liefde, gesondheidsorg, waarheid, barmhartigheid, kos, opvoeding, skoon water, skoene, dans, rock&roll, suigstokkies tot roomys.

Van die items op die video kan dalk wel as regte beskryf word in die Negatiewe sin, maar deur allerlei begeerlike dinge in te sluit is die kern boodskap duidelik: Alles wat begeer word is ʼn reg. As jy meer kos wil hê dan is dit ʼn reg! Beter gesondheidsorg, dan is dit ook ʼn reg! As jy meer kennis en barmhartigheid wil hê, dan is dit ook ʼn reg! Liefde, dans en primêre gesondheidsorg, suigstokkies en sonskyn, alles regte! Regte, regte, regte en sommer nog regte!

Die video is dalk eenvoudig gedoen maar dit demonstreer honderd persent korrek wat die houding in moderne politieke diskoers is, wat regte aan betref, en veral onder die voorstanders van “sosiale geregtigheid”. Vir hulle is die woord “regte” ʼn aanspraak op allerlei begeerlike dinge, ongeag hoe kleinlik, nuut, antiek, abstrak of toeganklik. Dit is ʼn uitdrukking van ʼn begeerte en ʼn verklaring om die taal van “regte” in besit te neem om daardie begeertes ʼn werklikheid te maak.

Aangesien sosiale geregtigheid onafwendbaar aanspraak maak op die regering se voorsiening van goedere en dienste, waarvoor ander mense deur dwang, finansieel voor moet betaal, kom dit neer op die doelstelling om begeerbare goedere en dienste te bekom deur onteiening. Anders gestel, deur die dreigement van geweld. Die doelwit is nie om begeerbare dinge te bekom deur rasionele denke en aksies, produksie en vrywillige handel nie, maar deur dwang. Dit is ʼn totaal verwronge beeld van regte.

ʼn Ware reg is ʼn morele veronderstelling, ʼn konsep wat afgelei moet word van die morele filosofie omtrent die natuur van die mens. Die term is een van filosofie wat ʼn morele beginsel aandui wat objektief tot stand moet kom deur ʼn ondersoek na beide die natuur van moraliteit en die natuur van die mens. Regte is dus nie ʼn subjektiewe konstruksie soos soveel politici en sosialiste dit hanteer nie, maar eerder objektiewe morele beginsels wat bekragtig word deur morele filosofie (en in besonder politieke filosofie wat ʼn sytak van morele filosofie vorm wat besorg is met die moraliteit omtrent die gebruik van geweld).

ʼn Persoon het ʼn reg tot iets (eerder as ʼn begeerte tot iets) – as hy ʼn morele beginselsvoorkeur tot ʼn sekere aksie of eienaarskap oor iets het. Dit moet noodsaaklik ook gepaard gaan met ʼn morele verbod op ander om hom enigsins daarvan te weerhou. Die reg kan nie in ʼn vakuum afgesonderd van ander bestaan nie. Om dus te sê dat ʼn persoon eiendomsregte het ( ʼn reg wat vir verdagte redes nêrens in die video voorkom nie) is nie bloot ʼn stelling om iets bruikbaar te besit nie. Dit is ʼn stelling dat dit moreel reg is vir ʼn persoon om beheer uit te oefen oor sy eiendom, en immoreel vir ander om hiermee in te meng. Regte verwys na wat moreel reg is.

Ware regte bestaan as ewige waarhede van morele filosofie. Dit is beginsels wat waar is ongeag tyd, plek of die huidige stand wetenskaplike uitvindings. Gevolglik kan daar geen reg tot skole, roomys, hospitale of rock&roll wees nie. Dis als dinge wat vir lank totaal afwesig was van menslike uitvinding. Om die teenoorgestelde te huldig is om regte te verkleineer na ʼn Pick &Pay inkopielys van die nuutste elektroniese “gadgets” en “Nicknacs”.

Om die opinie te huldig dat skoon water, gesondheidsorg en ander tasbare dinge regte is (soos intellektuele teenstanders onophoudelik probeer uitwys) beteken iemand anders moet daarvoor betaal. Hierdie kritiek is onoorkombaar vir voorstanders van sosiale geregtigheid, omrede dit immoreel is om ander te dwing om die vrugte van hul arbeid op te gee vir jou begeertes. Dit is die beginsel van die dief, die verkragter en die bedrieër, wat sy begeertes sien as regverdiging om met geweld te bekom wat nie syne is nie.

Die propaganda van “sosiale geregtigheid” (soos die video) versteek begeertes in die taal van regte, terwyl dit seker maak dat die ongemaklike vraag van wie daarvoor moet betaal nooit genoem word nie. Daarom sien ons op die video “free education”. Ons sien nie die veel meer eerlike “reg” om “met geweld ander mense te dwing om vir jou opvoedding te betaal nie”. Nee dit is “Free Education” wat as reg gestaaf word, maar verniet vir wie?

Ongelukkig is hierdie ʼn heeltemal verstaanbare fout gegewe die stand van openbare skole en universiteite. Sommiges mag my selfs reghelp dat dit nog altyd die oogmerk was: Om irrasionele idiote te skep wat glo dat “op af is en vice versa”. In ʼn rasionele samelewing waar natuurlike regte korrek verstaan word sou die aanspraak dat gesondheidsorg, opvoedding en roomys “regte” is, beskou word as ʼn vernederende reductio absurdum.

Video voorstellings waar studente rond en bont “regte” toeëien sonder enige nadenke oor waar die geld daarvoor vandaan moet kom mag dalk as ʼn amusante voorbeelde van naïwiteit beskou word, maar in vandag se wêreld waar propaganda meer belangrik is as priori feite, kan sulke twak deur voorstanders van sogenaamde “sosiale geregtigheid” verkoop word.

Daar kan geargumenteer word dat dit maar net jong mense is wat pret het, en dat baie van die begeerlike items duidelik net tong in die kies was. So, “lighten up dude”. Hier is die probleem met daardie sienning: Dit is geensins meer belaglik om aanspraak te maak op die reg tot onderwys en gesondheidsorg as om aanspraak te maak op die reg tot suigstokkies en roomys nie – Hulle verskil in graad nie in soort nie.

Die reg tot roomys mag dalk absurd wees maar dit is geensins filosofies anders as die reg tot behuising of die duisende ander goed wat politici en voorstanders van “sosiale geregtigheid” mense wil wys maak nie. Wat merkwaardig is, is dat voorstanders so openlik ʼn video soos die sal gebruik ter bevordering van hul filosofie, en bewys dit onteenseglik die intellektuele bankrotskap van hierdie bewegings.

[1] Sien byvoorbeeld, Murray N. Rothbard, “Freedom, Inequality, Primitivism, and the Division of Labor” (1970); F.A. Hayek, Law, Legislation, and Liberty, vol. 2, The Mirage of Social Justice (New York: Routledge, 1976); Thomas Sowell, The Quest for Cosmic Justice (New York: Simon & Schuster, 2002) and A Conflict of Visions (New York: Basic Books, 2002), esp. pp. 207–16; Walter Block, “Social Justice,” in Building Blocks for Liberty (Auburn, Alabama: Ludwig von Mises Institute, 2010).

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Klas Teorie/Hiërargie, Medies/Welsyn, Regte and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.