Robert Nozick se Ultra-minimale Staat

Minimale staat

Hierdie plasing vorm deel van ʼn reeks aangaande sosiale kontrak teorieë, die Inleiding en Indeks hier te vinde.

Keith Preston van Attack the System bespreek die werke van die oorlede Harvard filosoof Robert Nozick.

Onderwerpe sluit in:

  • Nozick se Anarchy, State, and Utopia as ʼn deurbraak werk in politieke filosofie en die invloed daarvan op akademici.
  • Hoe beide Linkses en Regses baie keer Nozick selektief lees en sy denke verdraai.
  • Die relevansie van Nozick se konsep van “ultra-minimale staat” tot die teorie van vierde generasie oorlogsvoering.
  • Nozick se konsep van meta-utopieë of selfdeterminasie-gemeenskappe en hoe dit ʼn model verteenwoordig vir die evolusie van talle anti-staat radikale bewegings om verby die Links teen Regs verdelings te kan kom.

attack the system

Om minargisme op ʼn diagram soos die onderstaande uit te beeld help baie om ʼn begrip daarvoor te kry. Tog kan daar kritiek op gelewer word, en dit is met inbegrip daarvan dat die veelvuldige utopieë wat professor Preston na verwys so interessant is, dalk nog meer so aangesien hy na Orania as model verwys. Daarom gaan ons kortliks na twee ander aspekte kyk wat verdien om aangespreek te word.

Regerings dienste

Die eerste aangeleentheid is die kritiek wat etniese-nasionaliste gewoonlik lewer, en dit is ʼn kritiek wat hulle ook teen klasieke liberalisme gelewer het. Die etnos, volk of gemeenskap het sekere taal en kulturele waardes wat beliggaam en beskerm moet word, en suiwer individualisme is daarom ʼn teenstrydigheid aangesien elke individu altyd ʼn wêreldbeskouing het wat gegrond is op die kultuur van die gemeenskap waarvan hy deel vorm en wat so onlosbaar deel is van die individu dat dit selfs deel vorm van die kritiek wat hy daarop sou mag lewer.

Die probleem is egter dat wanneer aspekte hierom op enige manier deel vorm van ʼn staatsbeleid word dit dwangmatig en kan organiese kulturele groei gesmoor word en dan is daar nog die aangeleentheid van teenstrydige nasionalismes wat mekaar teenstaan. Dit was juis die voordeel van klasieke liberalisme wat straks misgekyk was, naamlik die bemagtiging van uiteenlopende etniese groepe, alhoewel dit nie so gerealiseer het nie. Daardie realisasie het egter meer te make met die omvorming en verskuiwing van klasieke liberalisme na die moderne vorm oftewel neo-liberalisme. Een van die kritiese probleme wat etniese nasionaliste erg kortwiek is immers die mate waartoe hul gegewe volk of etnos ontmagtig is om die staat teen te staan. Die Afrikaner dien juis hier as ʼn pragtige voorbeeld deur die staat as die beliggaming van die etnos te sien word die volk dubbel ontmagtig nie net word dit oorheers nie maar die privaat en gemeenskapsinstellings wat as bemiddelaar moes kon dien het nie bestaan nie en juis so aangesien dit aan die staat oorgelaat was.

Die tweede aangeleentheid is die kritiek wat sekere ou sosialistiese groepe soos anargo-kommuniste en sindikaliste lewer, en dit is dat hulle glo in sosialisme maar dat hul ideologiese tradisies die almagtige staat verwerp. Dat die rooi kring moontlik is op ʼn lokalistiese of te wel munisipale demokratiese grondslag.

Laastens is dit interessant om op te merk hoe ver klasieke liberalisme en neo-liberalisme van mekaar verskil. Dit is immers nie ʼn klein verskilletjie nie maar ʼn radikale een en mense gebruik name van ideologieë so maklik as skelwoorde sonder om dit werklik te verstaan. Daarom gaan ons oor die volgende maand of twee op die Anargismeblog bietjie kyk na van die idees van nasionalisme en liberalisme en die kritiek wat hulle op mekaar lewer.

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Politieke Filosofie, Radio and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.