Die Regering is nie Ons nie

Met-my-stem-is-alles-moontlik

Die wil en vrye wil neem ʼn belangrike plek in filosofie in. Die wil verwys na ʼn eienskap van die verstand om intensionele besluite te kan neem. In die algemeen verwys dit nie na bepaalde begeertes of behoeftes nie, maar eerder na die kapasitiet om begeertes te hê en beslissend daarop te reageer. 

Daar is en was ook denkers wat die bestaan van die vrye wil ontken ten gunste van determinisme en sagte determinisme soos die Duitse filosoof Arthur Schopenhauer dit gestel het: “Der Mensch kann tun was er will; er kann aber nicht wollen was er will” – Die mens kan doen wat hy wil, hy kan egter nie wil wat hy wil nie. Dan is daar natuurlik dié wat determinisme en vrye wil as of versoenbaar of onversoenbaar sien. Op die ou einde is dit baie moeilik om enigiets buiten die vrye wil te aanvaar. Om daarop aanspraak te maak dat dit ʼn illusie is mag dalk self ʼn illusie wees, of ten minste ʼn misverstand aangaande illusies, aangesien dit moet neerkom op ʼn uitwendige invloed wat ons waarneming verkeerdelik beïnvloed wat tog waargeneem of ondervind moet kan word soos ʼn mirage in ʼn woestyn. Daarbenewens het ʼn interne ondervinding soos die sensasie van vrye wil geen eksterne verwysing nie.

Ek-wil-die-beste-he-vir-my-gemeenskap

Die feit dat die mens omgewings beperkings, natuurwette en ekonomiese wette in die fisiese wêreld het waarin hy woon neem niks van vrye wil weg nie. Dit is egter verstaanbaar dat hierdie natuurwette en ekonomiese wette nie weg gewil kan word nie. Jy gaan nie wil en in ʼn potplant verander nie, jou arms in die lig gooi en wil soos superman vlieg en opstyg nie. Daar is miljoene mense wat egter glo dat regerings hierdie ekonomiese wette weg kan wil. 

Daar word vergeet dat ʼn regering net uit mense bestaan wat presies dieselfde beperkings as individue het. Indien almal wetlik verplig was om aan ʼn tennisklub te behoort en jy die voorstel sou maak dat enige tennisklub bloot op grond van die bestaan daarvan werk kan skep, armoede verlig of enigiets verniet daarstel, hetsy skole, hospitale of paaie, sal mense jou uitlag. Die meeste mense sou kon insien en verstaan dat enige hulpbron wat in ʼn bepaalde rigting toegepas word deur ʼn tennisklub eers iewers anders weggeneem moes word, en dat daardie hulpbron alternatiewe toepassings sou vervul het en dus nie verniet is nie, tog is dit presies wat mense van regerings verwag. Mense verwag soms selfs dinge van regerings wat totaal en al onmoontlik is. Die idee dat die staat ons is of dat ons die staat is, is ʼn tema wat Rothbard goed aangespreek het.

Ek-wil-n-se-he-in-my-toekoms

Ek-wil-my-eie-toekoms-kies

About kanwilsal

ʼn Kompromie is ʼn ooreekoms waarby beide partye kry wat nie een van hulle wou gehad het nie.
This entry was posted in Anargie, Politieke Filosofie, Video and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.