Category Archives: Anargie

Anargie

Geen Verraad: no 1

Geen noembare beginsel kan moontlik meer ooglopend vals wees as dít nie, óf meer ooglopend gevaarlik vir alle politieke vryheid as dié beginsel nie. Tog het dit in die praktyk geseëvier, en word dit nou as ʼn gevestigde gegewe aanvaar. Indien dit werklik gevestig was deur die oorlog het dit die aantal slawe vermeerder in plaas van verminder, aangesien ʼn man wat onderdanig moet wees tot ʼn regering wat hy nie wil hê nie, niks minder as ʼn slaaf is nie. Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie | Tagged , , , , , , , , , ,

Die Lewe en Denke van Lysander Spooner – Deel 2

In ons huidige tyd bly beide sy voorbeeld en idees aangaande die absolute ongeldigheid van dwang en regering steeds relevant. Huidige libertariese en anti-staat bewegings bly besorg oor die beëindiging van politieke dwang en dominasie… Daar is ʼn soektog na vorms van menslike samewerking om die slaaf-meester verhouding te vervang en in die soektog was Lysander Spooner ʼn pionier en ʼn profeet. Lees voort

Posted in Anargie, Geskiedenis | Tagged , , , , , , , , ,

Die Lewe en Denke van Lysander Spooner – Deel 1

Die 19de eeu se individualistiese anargis Benjamin Tucker het Lysander Spooner “our Nestor” genoem, ʼn Griekse naam wat wysheid aandui. Die 20ste eeu se libertariër Murray Rothbard het na Spooner verwys as “die laaste van die groot natuurreg teoretici… die laaste van die ou garde wat in natuurregte geglo het.” Lees voort

Posted in Anargie, Geskiedenis | Tagged , , , , , , , ,

Die Regering is nie Ons nie

Die wil en vrye wil neem ʼn belangrike plek in filosofie in. Die wil verwys na ʼn eienskap van die verstand om intensionele besluite te kan neem. In die algemeen verwys dit nie na bepaalde begeertes of behoeftes nie, maar eerder na die kapasitiet om begeertes te hê en beslissend daarop te reageer.

Daar is en was ook denkers wat die bestaan van die vrye wil ontken ten gunste van determinisme en sagte determinisme soos die Duitse filosoof Arthur Schopenhauer dit gestel het: “Der Mensch kann tun was er will; er kann aber nicht wollen was er will” – Die mens kan doen wat hy wil, hy kan egter nie wil wat hy wil nie. Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Video | Tagged , , , , , , , , ,

Robert Nozick se Ultra-minimale Staat

Een van die kritiese probleme wat etniese nasionaliste erg kortwiek is immers die mate waartoe hul gegewe volk of etnos ontmagtig is om die staat teen te staan. Die Afrikaner dien juis hier as ʼn pragtige voorbeeld deur die staat as die beliggaming van die etnos te sien word die volk dubbel ontmagtig nie net word dit oorheers nie maar die privaat en gemeenskapsinstellings wat as bemiddelaar moes kon dien het nie bestaan nie en juis so aangesien dit aan die staat oorgelaat was. Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Radio | Tagged , , , , , , , , , , ,

Besware teen Sosiale Kontrak Teorie

ʼn Kontrak of ooreenkoms kan op een van twee maniere plaasvind: Uitdruklik of implisiet. ʼn Uitdruklike kontrak: Dit vind plaas as jy uitdruklik kommunikeer dat jy instem tot iets. Voorbeeld: Jy bied tant Anna R20 aan vir ʼn pakkie van haar koeksisters en sy gee dit vir jou, dan is jy verantwoordelik om te presteer in terme van jou verpligting volgens daardie kontrak. Veronderstel egter jy gaan sit by ʼn restaurant en wys na die koeksister op die nagereg-spyskaart en die kelnerin bring dit vir jou. Jy het nêrens uitruklik ingestem om daarvoor te betaal nie en jou instemming word dan as ʼn implisiete kontrak deur jou aksies geag. Die vraag wat dan beantwoord moet word: het ons uitdruklik of implisiet ingestem om deur die staat regeer te word? Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , ,

Sekuriteit: Monargie vs. Demokrasie vs. Versekeringsmaatskappye

ʼn Interessante lesing deur Professor Hans-Hermann Hoppe
Van die onderwerpe:

Die noodsaaklikheid van norme.
Oorspronklike eienaarskap.
Hoe klassieke liberale die staat as die arbiter in hierdie sake beskou het.
Definisie van ʼn staat.
Verduideliking van monopolie argumente.
Klassieke liberale se sienning van monargie.
Tydsvoorkeur argumente.
Gelykheid voor die reg.
Verskille tussen publiekereg en privaatreg. Lees voort

Posted in Anargie, Radio, Sekuriteit | Tagged , , , , , , , , , ,

ʼn Libertariese rewolusie in Regsdenke

Keith Preston van Attack the System maak ʼn beroep op ʼn rewolusionêre herorganisasie van regte gebaseer op libertariese regsdenke.
Onderwerpe sluit in:
◾Die Nie-Aggressie beginsel as ʼn grondslag vir libertariese Reg.
◾Teenstrydige interpretasies van die NAB tussen anti-staat radikale.
◾Hoe regsinstellings in ʼn staatlose samelewing georganiseer kan word.
◾Nodige hervormings in die sfeer van strafreg.
◾Die teenwoordigheid van nie-libertariese en illiberale subkulture en politieke strominge binne die groter libertariese regsstelsel.
◾Die potensiële probleem van ondermyning van ʼn libertariese regsstelsel deur outoritêre magte. Lees voort

Posted in Anargie, Radio, Regte | Tagged , , , , ,

Die Aard van die Reg

Vir meeste mense is die terme orde, reg en regering verlengstukke van mekaar. Sonder regering sou daar geen reg wees nie. Sonder reg sou daar geen maatskaplike orde wees nie. Inderwaarheid is die drie begrippe egter afsonderlik onderskeibaar. Die reg is daardie instelling of versameling instellings in ʼn gegewe samelewing wat weersprekende aansprake besleg en nakoming van die beslegting in ʼn formele, stelselmatige en ordelike manier verseker. Só gesien is die reg maar een soort maatskaplike orde, maar nie die geheel daarvan nie; daar is ook minder formele meganismes vir die handhawing van maatskaplike orde. Lees voort

Posted in Anargie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , , ,

Die Nie-Aggressie-Beginsel

Die nie-aggressie beginsel is die hoeksteen van die libertariese filosofie. Dit staaf net eenvoudig dat dit wettig is vir enigeen om te doen wat hy wil, solank hy nie geweld of die dreigement van geweld inisieer teen ʼn ander persoon of regmatige eiendom van die persoon nie. Ook dat ʼn man in ʼn vrye samelewing die reg het om enige produk of diens te produseer, te koop en verkoop op enige terme waarop wedersyds ooreengekom word. Daar sal gevolglik in ʼn regstelsel wat daarop gebaseer word dus nie slagofferlose misdade, prohibisie, prysbeheer, regeringsregulasies op die ekonomie, ens., wees nie. Lees voort

Posted in Anargie, Eiendomsreg, Regte | Tagged , , , , , , , , , , ,