Category Archives: Humor

Humor

Verduidelik die konsep van Regering aan ʼn “Alien”

Hiermee die laaste plasing vir die jaar op hierdie blog. Volgende jaar gaan ons voort met allerlei ondersoeke na ekonomie, anargisme, regte, staatsleer en geskiedenis. Ek wil almal bedank wat kom inloer het en die wat gereeld kom lees het en natuurlik ook die wat raad gegee en hand bygesit het. Baie, baie dankie en mag ieder en elk van julle ʼn geseënde Christusfees hê. Lees voort

Advertisements
Posted in Humor | Tagged , , , ,

Belasting is…. – Die Penn en Teller skets

Penn en Teller se Bullshit is ʼn gewilde TV reeks in Amerika , hulle neem ʼn duidelike libertariese inslag tot die onderwerpe wat hulle aanraak. Van tiener seks tot astrologie, tweedehandse rook tot “alien” onvoerings; van ekologiese herwinning tot sensitiwiteit klasse. Mens kan lekker lag vir die nonsens wat ander mense glo. Nadat ek hul episode oor belasting gesien het, moes ek dit net hier kom deel. Daar is baie meer aspekte hierom wat hulle nie aangeraak het nie, en die ou geykte slagspreuk “geen belasting sonder verteenwoordiging” het dit self as niksseggend bewys, maar hier is dit dan: Waarskuwing ʼn groot versameling kru taalgebruik en een naakte dame – hoe anders moes hulle dit op televisie kry? Lees voort

Posted in Humor, Video | Tagged , , , , , , , , ,

Vier sketse en en ʼn bietjie nadenke

Humor is al vanaf die vroegste tye gebruik om konings en politici te bespot en hul wandade en praktyke aan die kaak te stel. Met die uitvinding van die drukpers het politieke spotprente so te sê saam met koerante ontwikkel en met die aankoms van televisie en ʼn video kanaal soos Youtube raak die kort skets komedie al hoe meer gewild. Hiermee dan vier van my gunstelinge onder hierdie genre. Lees voort

Posted in Humor, Opinie, Video | Tagged , , , , ,

Tien redes waarom die Mafia beter is as die Staat

In opvolg op laas week se Libertariese Anargisme: Antwoorde op Tien Besware het ek besluit om dit op te volg met ʼn humoristiese Tien redes waarom die Mafia beter is as die staat. Hierdie dame het ʼn kompetisie gewen en die geleentheid gekry om haar opstel voor ʼn klein gehoor voor te dra. Lees voort

Posted in Anargie, Humor, Video | Tagged , , , , ,

Die Keynes vs Hayek rap(debat)

In die 1930’s vind daar ‘n debat plaas tussen F.A Hayek en John Maynard Keynes, dit word soms genoem : “The debate that defined modern economics” . Keer op keer word die idees en teorie van Keynes en Hayek gebruik om te stry of vir of teen staatsinmenging in die ekonomie. Van die twee mans sou net een deur die staats burokrate omhels word en daardie man was Keynes . Hy het hulle natuurlik vertel presies wat hulle wou hoor – dat hulle die redders van mense is. Wat doen jy as alle paaie tot ‘n intelligente debat afgesluit word? – Julle het reg geraai jy maak ‘n Rap video! Lees voort

Posted in Humor, Video | Tagged , , , , , ,