Category Archives: Opinie

Eiendomsreg: Die ‘vergete’ mensereg

ʼn Politieke debat word gereeld gevoer oor menseregte. In die debat gebruik politici graag menseregte as die motivering vir verdere ingryping, rassetransformasie en herverdeling. Volgens sekere politieke denkwyses is alle “menseregte” natuurlik nie gelyk nie. Ek probeer hier wys dat dit ook nooit die geval kan wees nie, veral nie wanneer die verwesenliking van sosio-ekonomiese regte beteken dat ander regte daardeur belemmer kan word nie. Lees voort

Posted in Eiendomsreg, Opinie, Regte | Tagged , , , , , , , , , ,

Koos Malan se Politokrasie

Koos Malan laat sy lesers lus voel om hul ID-boekies te verbrand. Amper soos wat sommige vrouens vroeër bra’s verbrand het, of miskien meer soos wat mense pasboekies onder Apartheid verbrand het. In Politokrasie: ʼn Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ʼn antwoord daarop sny Malan tot op die been van die staat as “jaloerse God” wat waak oor die lojaliteite van sy onderdane. Lees voort

Posted in Anargie, Demokrasie, Opinie | Tagged , , , , , , , , ,

Die Heilige Verenigde Landmassa

Vandag voel ons heeltemal anders oor “Suid-Afrika” en “Suid-Afrikanerskap”. Deur die loop van die afgelope 100 jaar het die terme soveel stertjies bygekry dat dit moeilik is om na 1910 terug te dink sonder om Jesus in vlees by die inlui van die Unie te visualiseer. God het met sy eie hand die grense om die landmassa in goud getrek en verklaar dat wie ook al in die Uniegebou in Pretoria sit pous is met die godgegewe reg om die “Suid-Afrikaanse Volk” te bou en te regeer… Lees voort

Posted in Demokrasie, Opinie | Tagged , , , , , , ,

Is die globale Ryk wenslik? – ‘n kritiek op die Ryksgedagte – Deel 2

Die Ryk is rondom en binne-in ons. Die vraag is of ons steeds die wil het om onsself as subjekte te herstel, om onsself te normeer volgens die model van die Verligting, en of ons gaan toelaat dat die Ryk eenvoudig oor ons spoel met al die destruktiewe en nihilistiese krag van ʼn keiserlike tydperk, twee millennia ná Rome. Lees voort

Posted in Demokrasie, Opinie | Tagged , , , , , , , ,

Is die globale Ryk wenslik? – ‘n kritiek op die Ryksgedagte – Deel 1

Dit was net ʼn kwessie van tyd voordat globalisering in terme van ʼn Ryk gesien sou word. Die Verenigde State van Amerika word toenemend as ʼn nuwe Rome beskryf. Engels is die nuwe Latyn, en sodoende beleef ons een van daardie historiese herhalings wat vir filosowe en historici deur die eeue ʼn sisteem aan die geskiedenis verleen het. Lees voort

Posted in Demokrasie, Opinie | Tagged , , , , , , , ,

Die Onwillige Anargis – Deel 2

My onlangse bekering (as te ware) tot filosofiese anargisme het sommige van my konserwatiewe en Christen vriende ontstel. Trouens, dit verbaas my ook siende dat dit teen my eie inklinasies gaan. As kind het ek ʼn diepe respek vir gesag gehad en ʼn weerstand teen chaos. – Die verhaal van Joseph Sobran se ontwaking Deel 2 Lees voort

Posted in Anargie, Opinie | Tagged , , , , , , , , , ,

Die Onwillige Anargis – Deel 1

My onlangse bekering (as te ware) tot filosofiese anargisme het sommige van my konserwatiewe en Christen vriende ontstel. Trouens, dit verbaas my ook siende dat dit teen my eie inklinasies gaan. As kind het ek ʼn diepe respek vir gesag gehad en ʼn weerstand teen chaos. – Die verhaal van Joseph Sobran se ontwaking Lees voort

Posted in Anargie, Opinie | Tagged , , , , , , , , ,

Vier sketse en en ʼn bietjie nadenke

Humor is al vanaf die vroegste tye gebruik om konings en politici te bespot en hul wandade en praktyke aan die kaak te stel. Met die uitvinding van die drukpers het politieke spotprente so te sê saam met koerante ontwikkel en met die aankoms van televisie en ʼn video kanaal soos Youtube raak die kort skets komedie al hoe meer gewild. Hiermee dan vier van my gunstelinge onder hierdie genre. Lees voort

Posted in Humor, Opinie, Video | Tagged , , , , ,

Filosofiese foute en kollektivisme

Waarom, vra ons onself gedurig in privaat gesprekke en terwyl ons koerante lees, kan mense sulke idiotiese dinge glo? Neoliberale joernaliste en denkers is anti-spesialiste, mens kan op hulle vertrou om verkeerd te wees en hulle as ʼn barometer gebruik vir wat nie waar is nie….maar iets moet die brein voorberei om te aanvaar wat ondervinding en logika weerspreek. Dr. Michael Levin se treffende wetenskaplike ondersoek na Neoliberale denke. Lees voort

Posted in Opinie, Wetenskap | Tagged , , , , , , , , , , , ,

Stalinisme, Nasionaal-Sosialisme en Fascisme

Daar was ʼn klompie jare terug ʼn artikel in die “Wallstreet Journal” gepubliseer, geskryf deur dié neo-konserwatiewe intellektueel, Francis Fukuyama, waarin hy die VSA prys dat hulle die Eerste Wêreldoorlog gewen het. Hy skryf ondermeer dat mens die gevolglike opkoms van Stalin en Hitler kan betreur, maar dat dit alles die moeite werd was. Dat ons almal verder dan in ʼn “geliberaliseerde” weergawe van Suid-Afrika sou lewe, en ek neem aan hy bedoel voor die oorname van die ANC. Lees voort

Posted in Fascisme, Geskiedenis, Opinie | Tagged , , , , , , , , , , , , , ,