Category Archives: Politieke Filosofie

Geen Verraad: no 1

Geen noembare beginsel kan moontlik meer ooglopend vals wees as dít nie, óf meer ooglopend gevaarlik vir alle politieke vryheid as dié beginsel nie. Tog het dit in die praktyk geseëvier, en word dit nou as ʼn gevestigde gegewe aanvaar. Indien dit werklik gevestig was deur die oorlog het dit die aantal slawe vermeerder in plaas van verminder, aangesien ʼn man wat onderdanig moet wees tot ʼn regering wat hy nie wil hê nie, niks minder as ʼn slaaf is nie. Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie | Tagged , , , , , , , , , ,

Die Regering is nie Ons nie

Die wil en vrye wil neem ʼn belangrike plek in filosofie in. Die wil verwys na ʼn eienskap van die verstand om intensionele besluite te kan neem. In die algemeen verwys dit nie na bepaalde begeertes of behoeftes nie, maar eerder na die kapasitiet om begeertes te hê en beslissend daarop te reageer.

Daar is en was ook denkers wat die bestaan van die vrye wil ontken ten gunste van determinisme en sagte determinisme soos die Duitse filosoof Arthur Schopenhauer dit gestel het: “Der Mensch kann tun was er will; er kann aber nicht wollen was er will” – Die mens kan doen wat hy wil, hy kan egter nie wil wat hy wil nie. Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Video | Tagged , , , , , , , , ,

Politokrasie: Die Disharmonie en agterdog van Menseregte

Die menseregte-diskoers word dikwels in ʼn jubelende trant en in ʼn atmosfeer van opgewonde vreugde gevoer. Met die invoer van ʼn handves van menseregte in Suid-Afrika in 1994 is die menseregte-regime deur talle met bykans kinderlike uitgelatenheid begroet. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , ,

Politokrasie: Die staatlik-paradigmatiese politiek van menseregte

Menseregte veronderstel menslike behoeftes waaraan die staat moet voldoen. Menseregte gaan gevolglik gepaard met verpligtinge wat op die staat rus en funksies wat die staat moet vervul. Dit is juis die staat wat primêr moet sorg dat menseregte verwesenlik word. Hoe meer die menslike behoeftes wat in die regte vervat is, des te meer die staatlike verpligtinge en funksies. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , ,

Politokrasie: Menseregte – Die Sorgsame Staat

Net soos ons tydvak by uitstek een van demokrasie is, is dit ook die era van menseregte. Menseregte is die idee van ons tyd, die enigste politiek-morele ideaal — naas demokrasie — wat universele aanvaarding geniet. Net soos met demokrasie is daar ook ʼn bykans universele vereenselwiging met menseregte. Menseregte het die lewenslig op dieselfde oomblik aanskou as wat die territoriale staat sy aankoms op die historiese toneel aangekondig het.[3] Sedertdien is daar ʼn onafskeidbare lotsgebondenheid tussen die staat en menseregte. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , , ,

Onoplosbare teenstrydigheid van Sosiale Kontrak teorie

Die Sosiale kontrak is dus ʼn geografies gespesifiseerde eensydige (unilaterale) kontrak – staat tot burger in terme van belasting en wette en nie burger tot staat nie, en word as implisiet geag. Jy teken dit nie, jy hoef nie in te stem nie, jy het geen keuse nie en moet volgens voorstanders van die idee jouself gelukkig ag as jy demokraties kan stem – wié in terme van dié kontrak oor jou regeer Lees voort

Posted in Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , ,

Robert Nozick se Ultra-minimale Staat

Een van die kritiese probleme wat etniese nasionaliste erg kortwiek is immers die mate waartoe hul gegewe volk of etnos ontmagtig is om die staat teen te staan. Die Afrikaner dien juis hier as ʼn pragtige voorbeeld deur die staat as die beliggaming van die etnos te sien word die volk dubbel ontmagtig nie net word dit oorheers nie maar die privaat en gemeenskapsinstellings wat as bemiddelaar moes kon dien het nie bestaan nie en juis so aangesien dit aan die staat oorgelaat was. Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Radio | Tagged , , , , , , , , , , ,

Thomas Hobbes en die geboorte van Leviatan, die sterflike god

Jean Bodin en Thomas Hobbes (1588-1679) was die prominentste apologete vir absolutisme. Hulle was egter ingebed in ʼn breë Europese tendens ten gunste van absolutisme en teen wedywerende plaaslike (nie-sentralistiese) en kerklike aansprake op politieke gesag. Quentin Skinner verduidelik byvoorbeeld dat die indruk wat soms gewek word dat Hobbes ʼn ideologies geïsoleerde figuur was, nie korrek is nie. Lees voort

Posted in Geskiedenis, Politieke Filosofie | Tagged , , , , , , , , , , , ,

Besware teen Sosiale Kontrak Teorie

ʼn Kontrak of ooreenkoms kan op een van twee maniere plaasvind: Uitdruklik of implisiet. ʼn Uitdruklike kontrak: Dit vind plaas as jy uitdruklik kommunikeer dat jy instem tot iets. Voorbeeld: Jy bied tant Anna R20 aan vir ʼn pakkie van haar koeksisters en sy gee dit vir jou, dan is jy verantwoordelik om te presteer in terme van jou verpligting volgens daardie kontrak. Veronderstel egter jy gaan sit by ʼn restaurant en wys na die koeksister op die nagereg-spyskaart en die kelnerin bring dit vir jou. Jy het nêrens uitruklik ingestem om daarvoor te betaal nie en jou instemming word dan as ʼn implisiete kontrak deur jou aksies geag. Die vraag wat dan beantwoord moet word: het ons uitdruklik of implisiet ingestem om deur die staat regeer te word? Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , ,

Sosiale Kontrak Teorie: ʼn Beknopte Oorsig

In morele en politieke filosofie is die sosiale kontrak of politieke kontrak ʼn teorie of model wat hul oorsprong in die Eeu van Verligting het, dit spreek tipies die vraag aan na die oorsprong van die samelewing en die legitimiteit (wettigheid van die gesag) van die staat oor die individu. Lees voort

Posted in Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , , ,