Category Archives: Regte

Regte

Vryheid: Die ander Gelykheid, die Gelykheid van Outoriteit

Terwyl libertariërs met mekaar mag verskil oor die graad waartoe, indien enige, van mens se natuurlike regte na ʼn regering oorgedra moet word, stem alle libertariërs egter saam dat die ongelykhede geminimaliseer moet word tussen die outoriteit waaroor die gemiddelde individu beskik en die waaroor die amptenare en bevoorregte funksionarisse van die staat oor beskik. Lees voort

Posted in Liberalisme, Regte | Tagged , , , , , , , , ,

Politokrasie: Die Disharmonie en agterdog van Menseregte

Die menseregte-diskoers word dikwels in ʼn jubelende trant en in ʼn atmosfeer van opgewonde vreugde gevoer. Met die invoer van ʼn handves van menseregte in Suid-Afrika in 1994 is die menseregte-regime deur talle met bykans kinderlike uitgelatenheid begroet. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , ,

Politokrasie: Die staatlik-paradigmatiese politiek van menseregte

Menseregte veronderstel menslike behoeftes waaraan die staat moet voldoen. Menseregte gaan gevolglik gepaard met verpligtinge wat op die staat rus en funksies wat die staat moet vervul. Dit is juis die staat wat primêr moet sorg dat menseregte verwesenlik word. Hoe meer die menslike behoeftes wat in die regte vervat is, des te meer die staatlike verpligtinge en funksies. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , ,

Politokrasie: Menseregte – Die Sorgsame Staat

Net soos ons tydvak by uitstek een van demokrasie is, is dit ook die era van menseregte. Menseregte is die idee van ons tyd, die enigste politiek-morele ideaal — naas demokrasie — wat universele aanvaarding geniet. Net soos met demokrasie is daar ook ʼn bykans universele vereenselwiging met menseregte. Menseregte het die lewenslig op dieselfde oomblik aanskou as wat die territoriale staat sy aankoms op die historiese toneel aangekondig het.[3] Sedertdien is daar ʼn onafskeidbare lotsgebondenheid tussen die staat en menseregte. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , , ,

Onoplosbare teenstrydigheid van Sosiale Kontrak teorie

Die Sosiale kontrak is dus ʼn geografies gespesifiseerde eensydige (unilaterale) kontrak – staat tot burger in terme van belasting en wette en nie burger tot staat nie, en word as implisiet geag. Jy teken dit nie, jy hoef nie in te stem nie, jy het geen keuse nie en moet volgens voorstanders van die idee jouself gelukkig ag as jy demokraties kan stem – wié in terme van dié kontrak oor jou regeer Lees voort

Posted in Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , ,

Besware teen Sosiale Kontrak Teorie

ʼn Kontrak of ooreenkoms kan op een van twee maniere plaasvind: Uitdruklik of implisiet. ʼn Uitdruklike kontrak: Dit vind plaas as jy uitdruklik kommunikeer dat jy instem tot iets. Voorbeeld: Jy bied tant Anna R20 aan vir ʼn pakkie van haar koeksisters en sy gee dit vir jou, dan is jy verantwoordelik om te presteer in terme van jou verpligting volgens daardie kontrak. Veronderstel egter jy gaan sit by ʼn restaurant en wys na die koeksister op die nagereg-spyskaart en die kelnerin bring dit vir jou. Jy het nêrens uitruklik ingestem om daarvoor te betaal nie en jou instemming word dan as ʼn implisiete kontrak deur jou aksies geag. Die vraag wat dan beantwoord moet word: het ons uitdruklik of implisiet ingestem om deur die staat regeer te word? Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , ,

Sosiale Kontrak Teorie: ʼn Beknopte Oorsig

In morele en politieke filosofie is die sosiale kontrak of politieke kontrak ʼn teorie of model wat hul oorsprong in die Eeu van Verligting het, dit spreek tipies die vraag aan na die oorsprong van die samelewing en die legitimiteit (wettigheid van die gesag) van die staat oor die individu. Lees voort

Posted in Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , , ,

Wat is Sosiale Kontrak Teorie?

In Desember van 1991 kom ʼn paar politieke partye en bewegings bymekaar om te onderhandel oor die toekoms van die territoriale gebied bekend as Suid-Afrika, elk met ʼn aanspraak op die troon, by wyse van spreke. Hierdie onderhandelingsproses was bekend as KODESA (Konvensie vir ʼn Demokratiese Suid-Afrika). ʼn Integrale deel van hul doel was om ʼn grondwet op te stel waarmee hulle en hul onderskeie ondersteuners tevrede sou wees. Lees voort

Posted in Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , ,

Eiendomsreg: Die ‘vergete’ mensereg

ʼn Politieke debat word gereeld gevoer oor menseregte. In die debat gebruik politici graag menseregte as die motivering vir verdere ingryping, rassetransformasie en herverdeling. Volgens sekere politieke denkwyses is alle “menseregte” natuurlik nie gelyk nie. Ek probeer hier wys dat dit ook nooit die geval kan wees nie, veral nie wanneer die verwesenliking van sosio-ekonomiese regte beteken dat ander regte daardeur belemmer kan word nie. Lees voort

Posted in Eiendomsreg, Opinie, Regte | Tagged , , , , , , , , , ,

Sosiale Geregtigheid Reg of Verkeerd?

Sosiale geregtigheid is nog ʼn tema wat as reeks reeds op hierdie blog afgehandel is tog sluit hierdie twee kort video’s baie goed daarby aan. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Regte, Video | Tagged , , , ,