Category Archives: Video

Die Regering is nie Ons nie

Die wil en vrye wil neem ʼn belangrike plek in filosofie in. Die wil verwys na ʼn eienskap van die verstand om intensionele besluite te kan neem. In die algemeen verwys dit nie na bepaalde begeertes of behoeftes nie, maar eerder na die kapasitiet om begeertes te hê en beslissend daarop te reageer.

Daar is en was ook denkers wat die bestaan van die vrye wil ontken ten gunste van determinisme en sagte determinisme soos die Duitse filosoof Arthur Schopenhauer dit gestel het: “Der Mensch kann tun was er will; er kann aber nicht wollen was er will” – Die mens kan doen wat hy wil, hy kan egter nie wil wat hy wil nie. Lees voort

Advertisements
Posted in Anargie, Politieke Filosofie, Video | Tagged , , , , , , , , ,

Sosiale Geregtigheid Reg of Verkeerd?

Sosiale geregtigheid is nog ʼn tema wat as reeks reeds op hierdie blog afgehandel is tog sluit hierdie twee kort video’s baie goed daarby aan. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Regte, Video | Tagged , , , ,

Die Koste van Inflasie

Inflasie is ʼn tema wat ons al reeds op hierdie blog aangespreek het, sien hier en hier, die video van Dr. Steve Horwitz aangaande die koste van inflasie sluit baie goed daarby aan. Lees voort

Posted in Ekonomie, Video | Tagged , ,

Ekonomiese handel is wen wen transaksies

ʼn Ruk gelede maak iemand tydens ʼn gesprek die opmerking dat die vryemark ʼn konstruksie is, ek was ietwat laat vir ʼn ander afspraak en moes vertrek voor ek behoorlik kon kapsie maak. Ek dink dit is daarom belangrik dat ons vinnig na ʼn verstaanbare definisie kyk. Lees voort

Posted in Ekonomie, Video | Tagged , , , , , , , , , , ,

“Warlords” sal mos Oorneem!

Meeste mense kan rasioneel verstaan dat die vryemark beter antwoorde bied op kwessies soos onderwys, gesondheidsorg en hordes ander probleme waar die staat slegs inmeng om probleme óf te vererger óf te veroorsaak. Tog sal hulle ongehinderd argumenteer dat ons net altyd ʼn ander groep, klas, etniese, ideologiese, gelowige, vernuftige, eerlike mense in die regering kry, dan – dié keer sal dit anders wees! Wat hulle daarvan weerhou om die ooglopende raak te sien, is daardie laaste vrees wat hulle as onbekend beskou, en dit is: Wie sal sekuriteit verskaf as daar geen staat is nie? Lees voort

Posted in Anargie, Sekuriteit, Video | Tagged , , , , , , , , , , ,

Belasting is…. – Die Penn en Teller skets

Penn en Teller se Bullshit is ʼn gewilde TV reeks in Amerika , hulle neem ʼn duidelike libertariese inslag tot die onderwerpe wat hulle aanraak. Van tiener seks tot astrologie, tweedehandse rook tot “alien” onvoerings; van ekologiese herwinning tot sensitiwiteit klasse. Mens kan lekker lag vir die nonsens wat ander mense glo. Nadat ek hul episode oor belasting gesien het, moes ek dit net hier kom deel. Daar is baie meer aspekte hierom wat hulle nie aangeraak het nie, en die ou geykte slagspreuk “geen belasting sonder verteenwoordiging” het dit self as niksseggend bewys, maar hier is dit dan: Waarskuwing ʼn groot versameling kru taalgebruik en een naakte dame – hoe anders moes hulle dit op televisie kry? Lees voort

Posted in Humor, Video | Tagged , , , , , , , , ,

Antwoorde op Stewart se “19 Taai Vrae”

Jon Stewart is ʼn komediant van die gewilde The Daily Show, hy hou onderhoude met die mees hooggeplaaste politici en skrywers en is ook nie skaam om houe (links en regs) uit te deel waar hy dink dit verdien word nie. Polities leun hy ongetwyfeld na die Demokrate se sienning, en het 19 “taai” vrae gestel aan Libertariërs tydens sy onderhoud met regter Andrew Napolitano. Regter Napolitano was geensins voorbereid hierop nie en verteenwoordig beslis gematigde siennings op hierdie onderwerpe.

Op die internet het dit vinnig onder libertariërs gegons vir ʼn beter en spoedige antwoorde, Stefan Meolyneux het eerste na vore gespring. Hy verteenwoordig nie alle libertariërs se siennings nie, maar sy antwoorde is vol humoristiese en selfs venynige sarkasme en beterweterige ongeloof in die vrae wat by die The Daily Show sou pas. Die vrae is eerder ʼn samestelling van vrae en deurmekaar standpunte waarop libertariërs dan veronderstel is om te reageer. Lees voort

Posted in Anargie, Video | Tagged , ,

Kapitalisme en Sosialisme as anti-konsepte

Dit is as gevolg van die persepsie van kapitalisme en sosialisme as anti-konsepte dat soveel verwarring plaasvind. Een aanname wat gereeld voorkom is dat sosiale ongelykhede deur kapitalisme veroorsaak word. Nog erger is daar meer as genoeg bewyse dat juis hierdie gemengde ekonomiese stelsels na onregmatige voordele en ongelykhede lei. Om terme dan suiwer en verstaanbaar te hou, verwys baie mense hierna as korporatisme: Lees voort

Posted in Anargie, Ekonomie, Klas Teorie/Hiërargie, Video | Tagged , , , , , , , , , , , , , ,

Die mees onsterflike ekonomiese denkfout

Die kort video greep(1977) uit een van vele konferensies en debatte wat Milton Friedman (1912 – 2006) van die Chicago ekonomiese skool in sy tyd gevoer het. Mens moet egter wonder of dit nie die fout is wat al die ander aanspoor nie, deel van die probleem is dat mense so lank al onder variasies van gemengde ekonomiese stelsels woon dat hulle nie hond of haar kan afmaak van wat die verskil is nie. In volgende week se plasing sal ons poog om te verstaan waarom die terme self mense so maklik verwar. Lees voort

Posted in Ekonomie, Video | Tagged , ,

Benodig die samelewing die staat?

ʼn Kort voorlesing uit Murray N Rothbard se boek: The Ethics of Liberty. Lees voort

Posted in Anargie, Video | Tagged , , ,