Tag Archives: belasting

Wie trek nou eintlik Jan Taks se toutjies?

Die regering gee die opdrag. Dis hoekom die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se slagspreuk eintlik bietjie misleidend is: “Tot u diens” moet wees “Tot die regering se diens”. Jan Publiek het dit reeds moeilik genoeg met die regering en sy inkomstediens. Ons wil nie nog die gunsjagters se belastings ook betaal nie! Lees voort

Advertisements
Posted in Ekonomie | Tagged , , , , , , , ,

Belasting is…. – Die Penn en Teller skets

Penn en Teller se Bullshit is ʼn gewilde TV reeks in Amerika , hulle neem ʼn duidelike libertariese inslag tot die onderwerpe wat hulle aanraak. Van tiener seks tot astrologie, tweedehandse rook tot “alien” onvoerings; van ekologiese herwinning tot sensitiwiteit klasse. Mens kan lekker lag vir die nonsens wat ander mense glo. Nadat ek hul episode oor belasting gesien het, moes ek dit net hier kom deel. Daar is baie meer aspekte hierom wat hulle nie aangeraak het nie, en die ou geykte slagspreuk “geen belasting sonder verteenwoordiging” het dit self as niksseggend bewys, maar hier is dit dan: Waarskuwing ʼn groot versameling kru taalgebruik en een naakte dame – hoe anders moes hulle dit op televisie kry? Lees voort

Posted in Humor, Video | Tagged , , , , , , , , ,

Geleentheidskoste van Belasting

Wat is die geleentheidskoste van belasting?

Om hierdie vraag te beantwoord moet ons eerstens na die konsep van geleentheidskoste kyk. Tweedens het ons in die mite van ʼn “free lunch” reeds gesien dat alle belastings deur individue betaal word. Derdens moet ons beslis of daar iets soos ʼn maksimum koers is waar individue belas kan word sonder dat daardie belastingkoers die ekonomie van so ʼn aard demp dat die toekomstige inkomstestroom of belasbare ekonomiese inkomste van die populasie negatief beïnvloed word. Lees voort

Posted in Ekonomie, Video | Tagged , , , ,

Die mite van ʼn “Free Lunch”

Milton Friedman verduidelik hier die sogenaamde “free Lunch” mite. Die belangrikste konsep wat elkeen hieruit kan leer is dat alle belastings deur individue betaal word en slegs deur individue. Alle verskuiwings van belasting aanspreeklikheid is in werklikheid politieke oëverblindery. Maatskappy belastings, dividend belastings, BTW, te veel om almal hier op te noem, verdoesel slegs wat die staat en die parasitiese-klas werklik hul onderdane kos. In die territoriale gebied bekend as Suid-Afrika is dit ʼn heftige som as die geleentheidskoste in terme van effektiwiteit bereken sou word. Lees voort

Posted in Ekonomie, Video | Tagged , , ,

Negatiewe Regte vs. positiewe “regte”

Ons hoor gereeld hoe politici, politieke aktiviste en joernaliste verwys na regte. Soos hierdie klagte van Julius Malema ʼn paar jaar terug: “Malema told the SABC in an interview on Tuesday he felt that his human rights were being undermined by media leaks from the Hawks.” Die manier waarop die term “regte” rondgegooi word moet enige regdenkende mens laat stilstaan en vra of dit alles werklik regte kan wees? – In hierdie artikel gaan ons die onderwerp bespreek sodat daar geen twyfel meer bestaan nie. Lees voort

Posted in Klas Teorie/Hiërargie, Regte, Video | Tagged , , , , , , , , , , , , , , ,