Tag Archives: grondwet

Geen Verraad: no 1

Geen noembare beginsel kan moontlik meer ooglopend vals wees as dít nie, óf meer ooglopend gevaarlik vir alle politieke vryheid as dié beginsel nie. Tog het dit in die praktyk geseëvier, en word dit nou as ʼn gevestigde gegewe aanvaar. Indien dit werklik gevestig was deur die oorlog het dit die aantal slawe vermeerder in plaas van verminder, aangesien ʼn man wat onderdanig moet wees tot ʼn regering wat hy nie wil hê nie, niks minder as ʼn slaaf is nie. Lees voort

Posted in Anargie, Politieke Filosofie | Tagged , , , , , , , , , ,

Onoplosbare teenstrydigheid van Sosiale Kontrak teorie

Die Sosiale kontrak is dus ʼn geografies gespesifiseerde eensydige (unilaterale) kontrak – staat tot burger in terme van belasting en wette en nie burger tot staat nie, en word as implisiet geag. Jy teken dit nie, jy hoef nie in te stem nie, jy het geen keuse nie en moet volgens voorstanders van die idee jouself gelukkig ag as jy demokraties kan stem – wié in terme van dié kontrak oor jou regeer Lees voort

Posted in Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , ,

Wat is Sosiale Kontrak Teorie?

In Desember van 1991 kom ʼn paar politieke partye en bewegings bymekaar om te onderhandel oor die toekoms van die territoriale gebied bekend as Suid-Afrika, elk met ʼn aanspraak op die troon, by wyse van spreke. Hierdie onderhandelingsproses was bekend as KODESA (Konvensie vir ʼn Demokratiese Suid-Afrika). ʼn Integrale deel van hul doel was om ʼn grondwet op te stel waarmee hulle en hul onderskeie ondersteuners tevrede sou wees. Lees voort

Posted in Politieke Filosofie, Regte | Tagged , , , , , , , , , , ,

Libertariese Anargisme: Antwoorde op Tien Besware

Professor Roderick T. Long gee hier puntsgewys antwoorde op die hoof besware teen Libertariese Anargisme as ʼn filosofiese idee. Verskeie konsepte rondom die sosiale kontrakte en grondwetlike tekortkomings word aangeraak met verskeie logiese voorbeelde en historiese verwysings. Lees voort

Posted in Anargie | Tagged , , , , , , , , , , ,