Tag Archives: nutswaarde

Waarde en Ruilwaarde

In ʼn moderne ekonomie is die doel van produksie om goedere en dienste te skep wat deur ander mense gebruik word buiten die produsent self. Dit is in beginsel die wese van spesialisasie en die verdeling van arbeid. In ʼn ontwikkelde samelewing oorskadu produksie vir die doel van uitruiling die produksie vir die doel van onmiddellike verbruik. As gevolg hiervan het eenhede van goedere en dienste ʼn ruilwaarde addisioneel tot die nutswaarde wat dit vir die produsent mag inhou. Lees voort

Posted in Ekonomie | Tagged , , , , , , | Lewer kommentaar

Die Arbeidsteorie van Waarde

Ek het in die vorige twee plasings kortliks gekyk na Marginale nut en die Subjektiewe teorie van waarde. In hierdie derde deel van die kort reeks wil ek die belangrikheid van die subjektiewe teorie van waarde verduidelik deur na Karl Marx se arbeidsteorie van waarde te kyk en wat verkeerd is met daardie teorie. Lees voort

Posted in Ekonomie, Marxisme | Tagged , , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Die Beginsel van Dalende Grensnut

Waardasie is altyd verwysend na ʼn definitiewe hoeveelheid van ʼn spesifieke produk of diens. Menslike keuses en aksies weerspieël nie ʼn belang in die totale aanbod van enige goedere of dienste nie.
Hierdie marginale oriëntasie was afwesig in die werke van klasieke ekonome, hulle was geneig om pryse te verduidelik in breë en abstrakte goedere, hulle het nie gepraat van eenhede van katoen of vleis nie. Hierdie probleem het ʼn paradoks laat ontstaan, ʼn paradoks wat bekend geword het as “die paradoks van diamante en water”. Lees voort

Posted in Ekonomie | Tagged , , , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Die Subjektiewe Teorie van Waarde

Die verduideliking vir alle ekonomiese aktiwiteite wat in ʼn mark ekonomie plaasvind, steun uiteindelik op die subjektiewe teorie van waarde. Die waarde van verskillende verbruikersgoedere en -dienste bestaan nie objektief of intrinsiek in die items self nie, aangesien dit nie verwyder is van die individu wat die waardasie maak nie. Die individu se waardasie is ʼn subjektiewe aangeleentheid, dit bestaan uit die voorkeur vir ʼn bepaalde hoeveelheid van een item of diens bo ʼn bepaalde hoeveelheid van ʼn ander wat beskikbaar is. Die uitkoms van sy waardasie is ʼn rangorde van sy voorkeure in definitiewe kwantiteite van goedere en dienste waarin hy belangstel vir die doel om ʼn besluit te maak en aksie te neem. Lees voort

Posted in Ekonomie | Tagged , , , , , , , , , , , | Lewer kommentaar